Orania

Met die bou van die Vanderkloof-besproeiingskanale as deel van die destydse omvangryke Oranje-riverprojek, het die Departement van Waterwese besluit om 'n dorp naby die kanale te vestig vir verblyf aan hulle werkers. So het 'n dorpie in 1963 tot stand gekom, halfpad tussen Hopetown en Petrusville op die wal van die Oranjerivier. Aanvanklik is na die dorp verwys as Vluytjeskraal, verwysend an die plaas waarop die dorp ontstaan het.

Die plaaslike ingenieur, Norman  Landsdell, het egter 'n kompetisie uitgeskyf om 'n naam vir die dorp te kies. 'Orania' was die wennaam.

Alhoewel dit opslaanhuise was, was die erwe groot en die sypaadjies breed. 'n Meerdoelige gemeenskapsaal, reuse-swembad, tennisbane en 'n muurbalbaan het volop ontspanning moontlik gemaak. Met 'n eie poskantoor, gastehuis, kliniek, winkel,  kerk en eie skool, het Orania mettertyd een van die bes-toegeruste dorpe in die omgewing geword. Na amper twintig jaar  was die bouwerk aan die kanale klaar en is die Waterwesewerkers na ander projekte ooreplaas. Die eens lewendige dorpie het staidgaan begin leegloop.

In 1990 het die staat oorgegaan tot die verkoop van die dorp in sy geheel. Lede van die Afrikanervryheidstigting (AVSTIG), wat die advertensie vir tenders vir die aankoop van Orania in die Landbouweekblad gesien het, het besluit om te tender. Aandeelhouers is gewerf en kort daarna is die dorp Orania deur die nuutgestigte Orania Bestuursdientse (OBD) aangekoop vir R1,5 miljoen.

'n Nuwe era het begin!

Op 11 April 1991 is Orania amptelik in gebruik geneem. In Augustus 1991 is 'n aangrensende plaas, Vluytjeskraal, 272, van onveveer 2,300 hektaar, vir 'n verdere R480,000 aangekoop, wat landbougeleenthede gebied het. Die Dorpsraad het tot stand gekom wat die bestuur van die dorp van OBD oorgeneem het. Die eerste burgemeester was André van den Berg, die huide vader van 'KENWEB'.

Dae uit ons Geskiedenis
'n Afrikaanse Kultuur-historiese Dagboek
Saamgestel deur Die Vriende van Afrikaans
ISBN 978-0-9814177-6-9