(vroeëre Suid-Afrikaanse bedrag van 1 sjieling en 6 pennies, 15 sent; afkorting van riksdaalder). Genoem na die dorp Joachimsthal, 'n dorp in die Erzgebergte in Noordwes-Boheme. Dit is in 1519 geslaan van silwer uit 'n myn daar naby. Die Joachimsthaler het kortweg die thaler geword, toe in Nederlands die daalder en in die VSA die dollar. Dit was ook 'n geldeenheid in Denemarke en Swede.

Die Engelse koloniste in Amerika het die woord gebruik vir die Spaanse mat, die 8-reaalstuk (Engels "piece of eight").