(bytend sterk rooipeper)

Genoem na die hoofstad van Frans-Guyana, Cayenne, waar dit bekend geraak het. Dit word berei uit die saad van verskillende soorte plante van die geslag Capsicum. Oorspronklik is dit kyynha, quiínia (Tupi-woorde vir "warm peper") genoem wat volksetimologies tot cayenne verander is. Die peper word ook vir medisinale doeleindes gebruik. 

Die sterkte daarvan word aangeslaan op 30,000 tot 50,000 Scoville-eenhede. Die Scoville-skaal meet die speseryhitte (pikantheid) van 'n rissie na aanleiding van die capsaïsieninhoud daarvan. 

Die hittegraad word deur proewers bepaal - een van die nadele van hierdie subjektiewe stelsel. Tog kan gesê word dat 'n gewone soetrissie wat jou glad nie 'n brandbek gee nie omdat dit geen capsaïen bevat nie, 0 grade Scoville verteenwoordig. Daarenteen druk die warmste rissie, die habanero, die skaal op 200,000 of meer. Die hittegraad in Scoville-eenhede wissel van rooipeper (30,000 - 50,000), jalapeno en paprika (2,500 - 8,000), pimento (100 - 500) en rooi soetrissie (0). 

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5