# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Showing category "Ons Geskiedenis" (Show all posts)

Dae uit ons Geskiedenis 11 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Friday, August 11, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Groot oop myne op soek na Diamante

Mnr. Steve Lunderstedt, 'n bekende geskiedkundige, skrywer en toeristegids in Kimberley, Noord-Kaap, vertel dat hy in die Farmer's Weekly van 11 Augustus 2004 gelees het dat die Jagersfontein-gat die rekord hou vir die wêreld se grootste myngat wat met hande gegrawe is. Aangesien hierdie eer in die verlede aan die Kimberley se Groot Gat, of die Kimberleymyn, "behoort" het, het hy besluit om deeglike en omvattende navorsing oor die saak te doen wat ook ander ...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis - 10 Augustus 1960

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 10, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Erich Mayer

Mayer, kunsskilder en grafiese kunstenaar van formaat, is op 19 April 1876 in Karsruhe, Duitsland gebore. Hy kom in 1898 om gesondheidsredes na Suid-Afrika en vestig hom op Vrede in die Vrystaat. Sy verblyf tussen die Boere laat hom lewenslank besonder toegeneë teenoor hulle voel, met 'n behoefte om die Afrikaner uit te beeld.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy hom by die Duitse Korps aan en word op 21 Oktober 1899 by Elandslaagte krygsgevange geneem en na St. Hel...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 20 Julie 1901

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 20, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Krugerhuis en Heldeakker

Die woning van President Paul Kruger is geleë net minder as 'n kilometer vanaf die Kerkplein, Pretoria, te Kerkstraat 60, Pretoria-Wes. Dit is 'n eenvoudige maar stewige, ruim woonhuis sonder enige bepaalde boustyl. Die huis is vandag nog in sy oorspronklike toestand.

President Paul Kruger het die erf (erf308) waarop die huis staan van James Kelly vir £500 gekoop en Charles Clark het die huis daarop gebou kort nadat mnr. Kruger in Mei 1883 President van die ZAR gewor...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 16 Julie 1906

Posted by Paul Joubert on Sunday, July 16, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Alfred Beit, Mynmagnaat

Die feit dat hy geen merkbare akademiese aanleg getoon het nie, sou daartoe lei dat alfred  Beit 'n multi-miljoenêr word. Hy is in Duitsland gebore en omdat hy nie geskik geag is om universiteitsopleiding te ontvang nie, gaan werk hy in 'n familie-besighed wat in edelstene handel gedryf het.
 
Hy het baie aanleg hiervoor getoon en word in 1875 na Suid-Afrika gestuur as agent vir die Lippert-maatskappy. Hy het drie jaar lank vir hulle in Kimberley gewerk en toe 'n onafha...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 6 Julie 1916

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 6, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Skeppers van sketse, Essays en ander kort Prosa

Een van die persone wat besondere status aan sketse, essays en ander kort prosa in Afrikaans gelewer het, was Audrey Bettie Blignault wat op 6 Julie 1916 op Bredasdorp in die Wes-Kaap gebore is. Sy was aanvanklik verbonde aan die redaksie van Die Huisvrou en sedert 1950 behartig sy die rubriek 'Uit die Dagboek van 'n vrou' in Sarie Marais. Sy versamel die beste van haar essays in 'n tiental bundels waaronder in Klein maat (1955), Die Plesierboom ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 3 Julie 1948

Posted by Paul Joubert on Monday, July 3, 2017, In : Ons Geskiedenis 

J.F.W. Grosskopf

Johannes Friedrich Wilhelm Grosskopf het hom op verskeie terreine onderskei. Hy het aanvanklik B.A.- en M.A.-grade aan die Victoria Kollege op Stellenbosch verwerf, en daarna in Europa in Berlyn, Leipzig, Wenen, Leiden en Zurich in Letterkunde, Geskiedenis, Filosofie, Regte en Staatshuishoudkunde studeer. Beroepsgewys tree hy op as onderwyser, letterkundige, joernalis, universiteitsdosent en ekonoom. Op dié wyse het hy waarlik merkwaardige bydraes tot die Suid-Afrikaanse same...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 30 Junie

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 29, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Akrobaat
1859: Charles Blondin, akrobaat van Frankryk, loop in 5 minute oor die Niagara-waterval in Amerika - die eerste mens wat dit regkry.

Balletdanser
1974: Die Russiese balletdanser, Mikhail Barishnikof loop tydens 'n toer in Kanada oor na die Weste.

Boeke
1936: Margaret Mitchell se roman Gone With the Wind word gepubliseer.
1938: Die strokiesprentkarakter Superman van die planeet Krypton maak sy verskyning.

Brug
1894: Tower Bridge in Londen word amptelik in gebruik geneem.

Diamant
1893: Die ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 29 Junie 1904

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 27, 2017, In : Ons Geskiedenis 

President Paul Kruger se laaste boodskap

Stephanus Johannes Paulus Kruger, bekend as Paul Kruger, is op 10 Oktober 1825 gebore. Sy pas sluit in 1836 by die trek van Andries Hendrik Potgieter aan. Hy ontvang in totaal nie meer as drie maande skoolonderrig nie.

In 1838 trek die Krugers oor die Vaalrivier en in 1842 trou hy met Maria du Plessis. Sy is later oorlede en hy is in 1847 weer met Gezina du Plessis getroud.

Op sestienjarige ouderdom word hy asssistent-veldkornet. Hy stel van jongs af bela...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 26 Junie 1860

Posted by Paul Joubert on Sunday, June 25, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die eerste spoorlyn in Suid-Afrika geopen

Op 24 Maart 1857 het die Britse kolonie, Natal, verteenwoordigende bestuur verkry en moes die kolonie se ekonomie drasties verbeter word. Daarvoor was dit noodsaaklik om soveel as moontlik goedere in die Durbanse hawe te hanteer, aangesien doeanegelde 'n belangrike bron van inkomste was.

'n Groot probleem was egter die sandbank in die ingang van die Durbanse hawe. Toe die eerste poging om die sand te verwyder misluk het, het 'n plaaslike maatskappy 'n ...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 16 Junie

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 13, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Alheit
1877: Ds. Wilhelm A. Alheit word bevestig as predikant op Colesberg: hy en sy dogter verdrink in 1910 op Kleinmond.

Balletdanser
1961: Rudolf Nureyev, balletdanser van Leningrad, kry politieke asiel in Frankryk toe personeel van die Russiese ambassade in Parys weier dat hy na Londen vlieg.

Bentley
1929: Bentley-motors neem die eerste 4 plekke in die Le Mans-24-uur-uithouwedren in.

Comrades
1998: Die Russiese atleet Dmitry Grishin wen die Comrades-marathon en ewenaar ook Bruce Fordyce se rek...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 15 Junie 1881

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 13, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Instituut vir Blindes: Worcester (Wes-Kaap)

Die missie van die Instituut is om blinde, swaksiende, doofblinde en multigestremde blinde persone deur onderwys, opleiding en ontwikkeling te bemagtig tot 'n vervulde lewe en selfstandige burgerskap.

Danksy die ywer en versiendheid van dr. Andrew Murray en Christiaan Rabie het die Sinode van die NG Kerk in Oktober 1880 besluit om voort te gaan met die stigting van die Doofstom- en Blinde-Instituut vir dowe en blinde leerders. Op 15 Junie 1881 het...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 10 Junie 1829

Posted by Paul Joubert on Saturday, June 10, 2017, In : Ons Geskiedenis 

E.J.P. Jorrissen Staatsprokureur in die ZAR

Eduard Johan Pieter Jorrissen is op 10 Junie 1829 in  Zwolle, Nederland, gebore. Hy verwerf 'n doktorsgraad in Teologie aan die Rijksuniversiteit van Utrecht, voordat hy op inisiatief van Pres. T.F. Burgers na die Transvaal kom. Daar lê hy hom toe op regswetenskap en in 1876 word hy aangestel as staatsprokureur in die ZAR. In dieselfde jaar formuleer hy die Krygswet en in 1877 die Grondwet van die Zuid Afrikaanse Republiek.

Na die anneksasie van die ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 26 Mei 1948

Posted by Paul Joubert on Friday, May 26, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Nasionale Party kom aan bewind

Die Verenigde Party (VP), onder leiding van genl. Jan Smuts, het die 1943 verkiesing, die sogenaamde oorlogsverskiesing, met 'n groot meerderheid gewen. Met die verkiesing op 26 Mei 1948 het die Herenigde Nasionale Party (Nasionale Party NP en Afrikaner Party) met 'n klein meerderheid van vyf setels aan bewind gekom en genl. Smuts moes as Eerste Minister bedank. Hy is opgevolg deur D.F. Malan.

Verskeie redes kan aangevoer word waaromd ie NP hierdie verkiesing ...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 25 Mei 1874

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 25, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die eerste Dorslandtrekkers verlaat die Transvaal

Die verskillende trekke wat tussen 1874 en 1905 uit die Transvaal deur die Kalahari-woestyn na Angola onderneem is, staan bekend as die Dorsland Trek. Daar was verskillende redes waarom die Afrikaners die Transvaal verlaat het. 

Die presiese datum waarop die eerste groep Dorslandtrekkers die Transvaal verlaat het, is onbekend. Sommige bronne maak melding van ongeveer 27 Mei 1874 terwyl ander na 20 Mei verwys. Wat wel bekend is, is dat Gert Alber...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 24 Mei 1956

Posted by Paul Joubert on Wednesday, May 24, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Baasspioen sterf in New York

Frederik (Frits) Joubert Duquesne is omstreeks 1878 in Pondoland gebore. Hy het in Europa opleiding as 'n millitêre ingenieur ontvang. Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, het hy na Suid-Afrika teruggekom en teen die Engelse geveg. Hy is naby Kaapstad gevang en na die krygsgevangenekamp in Bermuda gestuur. Hy het egter daarin geslaag om te ontsnap en het na die VSA gevlug.

Duquesne het die Engelse gehaat as gevolg van die wandade wat hulle tydens die oorlog teenoor ...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 23 Mei 1699

Posted by Paul Joubert on Tuesday, May 23, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Sjeik Joesoef

Sjeik Joesoef, 'n politieke banneling van Indonesië, was 'n bekende persoonlikheid in die vroeë geskiedenis van Suid-Afrika. Hy is in 1626 in Makassar, Indonesië, gebore, en was 'n volgeling van die Islam. Hy vestig hom aan die hof van sultan Ageng van Bantam. 

Toe die Sultan se seun, Hadji, in opstand kom teen hom, het Joesoef die Sultan ondersteun. Hadjie het die VOC se ondersteuning gekry en Ageng gevange geneem, waarna Joesoef die stryd voortgesit het. In 1683 het hy uitein...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 19 Mei 1930

Posted by Paul Joubert on Friday, May 19, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Vroue verkry stemreg in Suid-Afrika

Hierdie saak moet in samehang met gebeure in die buiteland gesien word, anders kan daar 'n skewe persepsie geskep word. Ons bepaal ons net by die toestande van Brittanje omdat dit ons die meeste raak.

In Brittanje het die drie Hervormingswette van 1832, 1867 en 1884 vir beperkte stemreg vir die mans van die nie-adellike bevolking voorsiening gemaak. Teen 1884 het die manlike lede van die adelstand, besigheidsmense, fabriekswerkers en plaasarbeiders stemreg ge...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 18 Mei 1902

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 18, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Die Vrede van Vereeniging

Op 28 Februarie 1901 bespreek Kitchener van die Britte en Louis Botha, die Transvaalse verteenwoordiger, die moontlikheid van vrede te Middelburg, Transvaal. Kitchener lê 'n goedgekeurde Britse aanbod voor wat Botha verwerp. Teen September 1901 versleg die toestande vir die Boere. Die Nederlandse regering bied aan om as bemiddelaar op te tree, maar Brittanje weier. 

Schalk Burger word toegelaat om namens die Transvaal met Pres. Steyn te onderhandel. Die samesprekings ...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 17 Mei 1884

Posted by Paul Joubert on Wednesday, May 17, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) spoorlyn na Delagoabaai (tans Maputo)

Teen die einde van 1883 het die ZAR Volksraad vir President Paul Kruger, genl. Niklaas Smit en ds. S.J. du Toit na Europa gestuur om met die Portugese regering te onderhandel oor die bou van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn.

Onderweg na Portugal het die Transvalers in Nederland met finansiers samesprekings gevoer. Hulle het verneem dat die Portugese regering 'n konsessie aan 'n Amerikaner, Edward McMurdo, toegestaan he...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 10 Mei 1961

Posted by Paul Joubert on Monday, May 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

C.R. Swart - die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika

Die republikeinse ideaal in Suid-Afrika het nie in 1902 na die Anglo-Boereoorlog saam met die twee Boerrepublieke verdwyn nie. Reeds in 1917 het die Federale Raad van die Nasionale Party verklaar dat die bestaan van 'n republikeinise gevoel in Suid-Afrika geoorloof is op grond van sy geskiedenis, maar dat die verandering van status na 'n republiek selgs langs konstitusionele weg sou geskied.

In 1936 het die Gesuiwerde Nas...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 9 Mei 1828

Posted by Paul Joubert on Monday, May 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Andrew Murray

Hy sou uiteindelik baie diep spore trap in die geskiedenis van die NG kerk in Suid-Afrika - dié vrolike jongeling met die 'bedrywige gees' wat op 9 mei 1828 in die pastorie op Graaff-Reinet gebore is. Hy was die tweede oudste van sestien kinders van Andrew Murray, predikant van Graaff-Reinet.

Hy het as tienjarige saam met sy broer, John, na Skotland vertrek om daar skool te gaan en daarna in Nederland in Teologie te gaan studeer. Op 21-jarige ouderdom keer hy terug na Suid-Afrika...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 2 Mei 1891

Posted by Paul Joubert on Monday, May 1, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Sir Pierre van Ryneveld

Hierdie merkwaardige persoon is op 2 Mei 1891 op Senekal in die Vrystaat gebore en het op Winburg en aan die Grey Kollege in Bloemfontein skoolgegaan. Na sy skool- en universiteitsopleiding in Suid-Afrola



Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 12 April 1947

Posted by Paul Joubert on Saturday, April 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

C. Louis Leipoldt

Hoewel Leipoldt 'n medikus was, lewer hy sy grootste bydrae vir die land as skrywer. Sy skryfwerk sluit populêr-wetenskaplike geskrifte, joernalistieke werk, vertalings, verskeie bundels poësie sowel as dramas, romans, kortverhale en reisherinneringe in. As digter en dramaturg is hy een van groottstes wat Afrikaans opgelewer het.

Hy het grootgeword op Clanwilliam en was 'n baie eensame kind wat tuis deur sy pa onderrig is en deur sy ma omgang met ander kinders verbied is. H...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 April 1991

Posted by Paul Joubert on Saturday, April 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Orania

Met die bou van die Vanderkloof-besproeiingskanale as deel van die destydse omvangryke Oranje-riverprojek, het die Departement van Waterwese besluit om 'n dorp naby die kanale te vestig vir verblyf aan hulle werkers. So het 'n dorpie in 1963 tot stand gekom, halfpad tussen Hopetown en Petrusville op die wal van die Oranjerivier. Aanvanklik is na die dorp verwys as Vluytjeskraal, verwysend an die plaas waarop die dorp ontstaan het.

Die plaaslike ingenieur, Norman  Landsdell, het egter 'n...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 10 April 1820

Posted by Paul Joubert on Saturday, April 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Aankoms van die Britse Setlaars

In 1820 is groepe immigrante van verskillende dele van Engeland, Wallis, Skotland en Ierland op die oostelike grens van die Kaapkolonie gevestig. Dit het deel uitgemaak van 'n skema deur die Britse regering om die Oosgrens te beskerm teen aanhoudende infiltrasie in die Kolonie en aanvalle deur swart stamme, spesifiek die Xhosa.

Die eerste Britse Setlaars, 'n groep van 271 mense, het op 10 April 1820 aan boord die Chapman in Algoabaai aangekom. Hulle het eers in ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 6 April 1652

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 6, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap

Nadat die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie besluit het om 'n ververskingspos aan die Kaap te vestig, is Jan van Riebeeck benoem as die bevelvoerder aldaar en vertrek op 24 Desember 1651 uit Texel, Nederland, met 'n vloot van drie skepe. Hulle gooi op 6 April 1652 anker in Tafelbaai met die Drommedaris en die Goode Hoope. Die Reyger het die volgende dag aangekom, en die Walvis en die Olifant, wat 'n bietjie later vertrek het, kom op 7 Mei aan.

Die nederse...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 5 April 1952

Posted by Paul Joubert on Wednesday, April 5, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Stem van Suid-Afrika

Op 30 en 31 Mei 1918 het die gevierde Afrikaanse volksdigter en -skrywer, C.J. Langenhoven, Die Stem van Suid-Afrika geskep, eers met net die eerste drie strofes. Op versoek het hy later 'n vierde strofe bygevoeg. Terselfdertyd het hy ook 'n melodie daarvoor gekomponeer.

Die woorde is onmiddellik aangeprys, maar die melodie het nie geslaag nie. Langenhoven het toe self 'n wedstryd aangekondig om 'n geskikte melodie te kry. Tientalle het ingeskryf, maar nie een van die m...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 4 April 1878

Posted by Paul Joubert on Tuesday, April 4, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Kommandant Gideon Scheepers

Gideon Scheepers is op 4 April 1878 bebore en op 17 Januarie 1902 voor 'n Britse vuurpeleton tereggestel. Dit het gevolg op sy militêre optrede in die Oos-Kaap tydens die Anglo-Boereoorlog gedurende 1900 - 1901. Tydens dié operasies het hy uitvoering gegee aan die republikeinse opperbevel se opdrag om die plaaswonings van mense wat die Boeremagte vyandiggesind was, af te brand. Hy het ook nie-wit persone terregestel wat hulle aan spioenasie vir die Engelse skuldig...

Continue reading ...
 

Dae uit ons geskiedenis 3 April 1866

Posted by Paul Joubert on Monday, April 3, 2017, In : Ons Geskiedenis 

J.B.M. Hertzog

Generaal J.B.M Hertzog is op 3 April 1866 op die plaas, Soetendal,  in die Wellington-dirstrik gebore. Hy is vernoem na sy peetvader, James Barry Munnik, wat vernoem is na dr. James Baary wat hom in die lewe in gebring het.

Barry Hertzog gaan skool op Kimberley en Stellenbosch, waar hy ook aan die Victoria Kollege sy B.A.-graad behaal. Daarna gaan hy na Nederland vir regstudies. Hy word benoem op die Vrystaatse regsbank en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy aan b...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 30 Maart 1660

Posted by Paul Joubert on Thursday, March 30, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Kirstenbosch

Uit navorsing en die implemente wat gevind is, is dit duidelik dat die Khoi of San ook die gebied waar Kirstenbosch vandag is, gebruik het voor die Europeërs se koms. Op daardie stadium was die hange van die berg met inheemse bos bedek wat na die vestiging van die Europeërs gekap is vir gebruik in die nedersetting.

Jan van Riebeeck het die plaas, Bosheuvel, agter Leeuberg, gekry nadat die Here XVII  hom toestemming gegee het om te boer. In sy dagregister meld Van Riebeeck op 30 ...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 30 Maart

Posted by Paul Joubert on Thursday, March 30, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Afganistan
1855: Dost Mohammed, Afgaanse leier, onderteken 'n vredesverdrag met Brittanje.
Alaska
1867: Amerika koop Alaska vir 7,2 miljoen dollar by Rusland.
1965: 'n Aardbewing in Alaska registreer 7,3 op die Richterskaal.
Amassadeur
1893: Thomas Byard, eerste Amerikaanse ambassadeur in Brittanje, kom in Londen aan.
Bom
1965: Altesame 21 mense sterf en 156 word gewond to 'n motorbom voor die Amerikaanse ambassade in die voormalige Saigon, Suid-Viëtnam, ontplof.
Britse handel
1775: Die Britse parlem...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 29 Maart 1936

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Eugene Nielen Marais is op 9 Januarie 1871 op Daspoort, buite Pretoria gebore. Hy was die jongste van dertien kinders.

In sy eerste 25 jaar verrig Marais meer met die pen, as joernalis, as die meeste ander mense. Hy vorm sterk politieke oortuigings en lewer baie skerp kritiek op die regering van die Zuid-Afrikaanse Republiek. Hy stel verskeie wanpraktyke aan die kaak.

In 1894 tree hy in die huwelik met Aletta Beyers, maar sy sterf 'n jaar later na die geboorte van hulle seun. In sy verdriet ne...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 29 Maart

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Amerika
1952: Pres. Harry S. Truman onttrek hom aan die wedloop om die Amerikaanse presidentskap.
Beethoven
1827: In Wene, Oostenryk, woon sowat 10,000 mense die begrafnis van komponis Ludwig van Beethoven by.
Boks
1946: Rocky Graziano wen die weltergewigtitel van die wêreld toe  hy Marty Servo in New York uitslaan.
Coca-Cola
1886: Coca-Cola, 'n drankie wat dr. John Pemperton as 'n breintonikum ontwikkel het, word die eerste keer in Atlanta, Georgia, verkoop.
EEG
1985: Portugal en Spanje sluit hul...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 28 Maart 1899 - 1902

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Bevelvoerder van die Britse troepe, lord Robberts, en die Britse regering het veronderstel dat die Anglo-Boereoorlog verby sou wees sodra die hoofstede van die ZAR en die OVS ingeneem is. Hy het sy taak as afgehandel beskou en het lord Kitchener in bevel gelaat toe hy na Brittanje vertrek het. Die oorlog het verhewig met die aanvang van die guerrillastryd.

Kitchener het besluit om sy metodes te wysig om die oorlog tot 'n einde te bring en het begin om plase te vernietig om sodoende die voo...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 28 Maart

Posted by Paul Joubert on Monday, March 27, 2017, In : Ons Geskiedenis 


Aborsies:
1780: Die eerste advertensie van 'n aborsiekliniek verskyn in die Morning Post in Londen.
Amerikaanse Staat:
1788: Maryland word die sewende staat van Amerika.
Baader-Meinhof:
1977: Die lede van die Baader-Meinhoff-bende, Andreas Baader, Gudrun Ensslin en Jan Raape, word lewenslange tronkstraf opgelê.
Bounty
1789: Muitery breek op die Bounty uit en kapt. William Bligh en 18 van dy bemanningslede word in 'n oop reddingsboot op die see na Java geplaas.
Cook in Australië:
1770: Kaptein James...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 8 Desember 1839

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 8, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Die Reddingsdaadbond (RDB)

Die stigting van die RDB was 'n uitvloeisel van die Simboliese Ossewatrek van 1938. Die doel daarvan was die ekonomiese opheffing van die Afrikaner. Teen 1938 het Suid-Afrika met 'n reuse 'armblankevraagstuk' te kampe gehad. Daar word geskat dat ongeveer 30% van die Afrikaners op daardie stadium ekonomies verarm was.

Dr. J.D. Kestell het gedurende die Voortrekkereeufeesvieringe gepleit vir 'n landswye reddingsdaad-beweging onder die Afrikaners. Die ideaal van 'n volk ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 7 Desember 2005

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 7, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Thomas Osche Honiball

Thomas Osche Honiball is in 1905 in Cradock gebore. Hy het handelskuns in Amerika bestudeer en daar kennisgemaak met strokiesprente. Sy ideaal was om 'n tipies Suid-Afrikaanse strokiesprent te skep. In die depressiejare kry hy by Nasionale Pers 'n aanstelling as illustreerder en na Boonzaaier se aftrede in 1940 begin hy politieke spotprente vir Die Burger teken. 

In 1939 skep hy die grootlieg-karakter, Oom Kaspaas in 'n strokieformaat. Die Jakkals en Wolf-reeks verskyn sed...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 5 Desember 1905

Posted by Paul Joubert on Monday, December 5, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Derde Afrikanertrek kom in Comodoro Rivadavia in Argentenië aan. 

In die jare voor en an die Anglo-Boereoorlog het faktore soos droogtes, politieke ontevredenheid en armoede na die Anglo-Boereoorlog, 'n avontuurlus en onweerstaanbare trekgees tot die diaspora van die Afrikaner bygedra. Afrikaners het in georganiseerde trekke die land verlaat en hulle in dele van Suidwes-Afrika, Angola, Oos- en Sentraal Afrika tot sover as die suide van Kongo en in die suide van Argentenië gevestig.

Agente...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 1 Desember 1834

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 30, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Die Kaapse Klopse

Die Kaapse Klopse Karnaval (Engels: Cape Minstrel Carnaval) wat aan die begin van elke jaar met Nuwejaarsvieringe in Kaapstad gehou word en duisende toekouers trek, dateer terug na die eerste feesvierings met die vrystelling van slawe op 1 Desember 1834. Die vrygestelde slawe van albei geslagte en van alle ouderdomme het, volgens die SA Commercial Advertiser, gedurende hulle verpligte 'vakleerlingskap' van vier jaar, gedurende die dae en / of nagte, ordelik deur die strate ge...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 30 November 1987

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 30, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Lugveiligheid

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is een van die oudste lugrederye ter wêreld en het op 1 Februarie 1934 tot stand gekom. Alhoewel hy met 'n uitstekende rekord vir lugveiligheid spog, is daar tog 'n paar gevalle wat aandag verdien. 
  • Op 14 Junie 1937 het 'n gehuurde Ju 52-vliegtuig Z5-AKY net na opstyging by die Randse Lughawe in Germiston, Gauteng, neergestort. Die vliegtuig het uitgebrand en 'n ouerige vrou het gesterf
  • Op 16 Oktober 1937 het die e...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 29, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Manlike kunstenaars in die wêreld van klassieke sang

Daar is betreklik min manlike Suid-Afrikaners wat die wêreld van klassieke sang betree het en ongelukkig ook nog minder wat nasionale en veral internasionale roem verwerf het. Ons noem 'n paar wat wel roem verwerf het, maar wys daarop dat die lysie geensins volledig kan of wil wees. nie: Johan Botha (tenoor), Dawie Couzyn (bariton), Frederick Dalberg (bas), Manuel Escorcio (tenoor), George Fourie (bariton), Sybil Hartman (tenoor), Gé Kors...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 25 November 1978

Posted by Paul Joubert on Friday, November 25, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Con de Villiers en die Overberg

Cornelius (Con) Gerhardus Stephanus de Villiers is op 16 Desember 1894 in die distrik Caledon gebore en sterf op 25 November 1978 in Ceres. Hy ontvang sy skoolopleiding op sy tuisdorp en studeer daarna aan die Victoria-kollege. Hy doseer Dierkunde aan die Transvaalse Universiteits-kollege en gaan dan na Zurich waar hy verder studeer en promoveer. Daarna word hy dosent en later hoogleraar in Dierkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy verwerf bekendheid v...

Continue reading ...
 

Die Nasionale Konvensie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 23, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Nasionale Konvensie

Reeds voordat Milner Suid-Afrika verlaat het, was dit duidelik dat daar soveel probleme was wat al vier gebiede (Kaap, Natal, Transvaal en OVS) geraak het dat daar ernstig oor eenwording gepraat sou moes word. Dit was veral die spoorweg- en doeanekwessie wat hierdie besef op die sprits gedryf het. Tydens hierdie konferensie is daar besluit dat daar 'n breër konferensie sou moes plaasvind, waarna al die gebiede afgevaardigdes moes stuur. By hierdie samesprekings sou Bri...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 20 November 1957

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 20, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Hendrik Hofmeyr en Sinfonia Africana

Hendrik Hofmeyr is gebore op 20 November 1957. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad (UK) en is in 1981 na Italië om eers na tien jaar terug te keer. Hy word later mede-professor aan die Musiekskool van UK. Hy is 'n veelsydige komponis en het 'n indrukwekkende getal komposisies agter sy naam. Dit sluit in vokale musiek vir solo-ensembles en kore, 'n opera, 'n requiem, 'n Stabat mater, twee allette en instrumentale musiek.

Mnr. Gideon Joubert, die Na...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 17 November

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 16, 2016, In : Ons Geskiedenis 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 16 November 1855

Posted by Paul Joubert on Monday, November 14, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Die Stigting van Pretoria

Nadat die Voortrekkers hulle in die voormalige Transvaal gevestig het, is daar behoefte aan 'n sentraal-geleë administratiewe sentrum om die Voortrekker-republieke en die afgeleë gemenskappe te dien. Die pogings van M.W. Pretorius en PIet Potgieter om plase langs die Apiesrivier daarvoor te bekom, misluk. Pretorius besluit om self die plase, Elandspoort, Daspoort en Nooitgedacht, aan te koop en met kerksteun by die Volksraad om dorpstigting aansoek te doen. D...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 14 November 1951

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Anglo-Boereoorlog-Monument in die Paarl

In sy testament, gedateer 14 November 1951, bemaak mnr. P.R. (Paul) de Villiers van Stellenbosch, £5000 vir 'n Anglo-Boereoorlog-monument wat binne vyftig jaar 'vanaf hede' opgerig moet word. Hy was die laaste tesourier-generaal van die ZAR en 'n oud-stryder. Sy moeder, me. A.B. "Theophila' de Villiers, was die dogter van ds. G.W.A. van der Lingen, een van die leidende figure in die Eerste Taalbeweging van die Paarl. Sy was die voorsitter van een van di...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 November 1913

Posted by Paul Joubert on Saturday, November 12, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Fischer-Famlie

Abraham Fischer, 9 April 1850 - 13 November 1913, was regspraktisyn, advokaat en politieke leier in die Oranje-Vrystaat. Hy word in Maart 1900 voorsitter van 'n buitengewone gesantskap wat na Europa gestuur word om die tussenkoms van een of meer van die grotere moonthede in die Anglo-Boereoorlog te probeer bewerkstellig.

Na die oorlog beywer hy hom vir die verkryging van volle verantwoordelikhede bestuur vir die Oranje-Vrystaat en toe hierdie ideaal in November 1907 we...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 12 November 1780

Posted by Paul Joubert on Friday, November 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Piet Retief

PIet Retief, 'n Hugenote-nasaat, is op 12 November 1780 op die plaas, Soetendal, in die Wagenmakersvallei (Wellington) gebore. Hy was geletterd en koop sy eie plaas, Kromme Rhee, in die Stellenbosch-disrtrik, waar hy in 1812 kommandant word. Hy doen diens as burgermaglid tydens die Vierde Grensoorlog aan die Oosgrens. Hy pak verskeie besighede aan maar is met geeneen suksesvol nie. In 1834 is hy bankrot verklaar.

Hy het in 1813 na die Oosgrens verhuis en kom in aanraking met die wei...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 November 1865

Posted by Paul Joubert on Friday, November 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 
D.C. Boonzaaier, bekende Spotprenttekenaar

D.C. Boonzaaier is op 11 November 1865 op Carnarvon gebore en was een van Suid-Afrika se bekendste spotprenttekenaars. Reeds op Carnarvon het hy baie belanggestel in die tekening van 'n plaaskoolonderwyser, Blundell, en voordat hy veertien was, het hy self al ywerig geteken.

In die Kaap het hy ook kennis gemaak met die werk van W.H. Schroder, wat vir die weekblad, Die Knopkerrie, geteken het en maak self komiese tekeninge van toneelopvoerings wat...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 2 November 1879

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 1, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Genl. Edwin Alfred Conroy

Edwin Conroy is op 2 November 1879 in Hanover in die Kaapkolonie gebore en op sestienjarige ouderdom word hy een van Johannesburg se eerste verkeerskontabels. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy hom in Britstown bevind en aangesluit by genl. J.B.M. Hertzog se kommando wat die Kaapkolonie binnegeval het. Genl. C de Wet het hom aangestel as veggeneraal.

Die res van die oorlog het Conroy se kommando in die noord-westelike deel van die Kaap geopereeer. Nadat ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 27 Oktober 1871

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 26, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die anneksasie van Griekwaland-Wes

Na die ontdekking van diamante in die distrik Hopetown in 1867, ontstaan daar in Brittanje belangstelling in dié gebied, wat later as Griekwaland-Wes bekend sou staan. Sekere Griekwa-stamme, naamlik dié onder die beheer van Waterboer en Adam Kok asook die Korannas wat in die gebied woonagtig was, maak aanspraak op die gebied. Gedurende die noordwaarste trek  deur die Voortrekkers is verskeie ooreenkomste tussen die stamme en die Voortrekkers aangegaan. Na d...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 26 Oktober 1918

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 26, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Anton Hartman

Anton Hartman was 'n baie talentvolle man. Dis moeilik om te oordeel watter van sy baie talente die bekendste was. Hy was nie alleen 'n dirigent en musiekpersoonlikheid nie, maar ook uitsaaipersoonlikheid, musiekadministrateur en hoogleraar.

Hy is op 26 Oktober 1918 in Springs gebore en het sy hele lewe lank op die Witwatersrand gewoon en gewerk. Hy het sy B.Mus. en M.Mus.-grade albei met lof aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Dit was 'n lewensideaal van hom om di...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 25 Oktober 1949

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 25, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Rapportryers vertrek uit Kaapstad

Die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 is ingelei deur 'n aantal Rapportryer-kommando's wat oor vyftien verskillende roetes na Pretoria beweeg het. Hierdie Rapportryer-aantog, wat amptelik op 10 Oktober 1949 by Hartenbos begin het, was die resultaat van die Uniale Rapportryers-reëlingskomitee wat uit lede van die ATKV en die FAK bestaan het.

Op 25 Oktober 1949 het 'n kommando Rapportryers uit Kaapstad vertrek na drie dae se feestelik...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 14 Oktober 1925

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 12, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Prof. Phlip Tobias: Die man agter die gebeentes

Prof. Philip Tobias, een van Suid-Afrika se mees gevierde wetenskaplikes, is op 14 Oktober 1925 in Durban, KwaZulu-Natal, gebore. Dit is in dieselfde jaar waarin prof. Raymond Dart die Taung skedel ontdek het. Tobias het 'in 1958 die wettige voog van die Taung-skedel geword en sou hy sy lewe op die spel plaas om die 'klein karakter' op te pas'.

Sy kinderjare was nie gelukkig of maklik nie. Na die dood van sy ouma en suster aan diabetes, het hy gew...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 Oktober 1879

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die eerste President van die Oranje-Vrystaat, Josias Phillippus Hoffman, is op 31 Desember 1807 in Stellenbosch gebore en word daar groot. Hoewel Josias baie min formele skoolonderrig gehad het, het hy homself baie goed deur selfstudie bekwaam. Die Hoffman-gesin het ook gereelde kontak met oorsese besoekers gehad, wat hulle visie verbreed het.

In 1840 het hy hom op Sanddrif, later die Smithfiled-distrik, in die Transgariep, later die Oranje-Vrystaat, gevestig waar hy 'n tyd lank skoolgehou he...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 29 September 1969

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 28, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Aardbewing

Aardskokke saai paniek
Wes-Kaap hewig geskud
Geboue tuimel in, mense vlug
(Die Burger, 29 September 1969)

Op Maandagaand,
29 September 1969, enkele minute na tienuur, het 'n kragtige aardbewing die Boland getref. Die dorpe Tulbach, Ceres en Wolseley, was die middelpunt van die aarskok en groot verwoestig is daar gesaai. Mense is onder puin begrawe en elektrisiteit en water is afgesny. Brande het onmiddelik na die eerste kwaai skudding oral in die berge ontstaan, en talle stappers en ber...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 28 September 1978

Posted by Paul Joubert on Tuesday, September 27, 2016, In : Ons Geskiedenis 
P.W. Botha

Mnr. Pieter Willem Botha is gebore op 12 Januarie 1916 op die plaas, Telegraaf, naby Paul Roux in die Vrystaat en sterf op 31 Oktober 2006 in sy huis, De Anker, op Wildernis, Wes-Kaap. Hy het sy studies aan die latere Universiteit van die Oranje-Vrystaat in 1936 onderbreek om 'n organiseerder van die Nasionale Party te word en begin so sy loopbaan as professionele politikus. In 1948 word hy verkies as LV vir die kiesafdeling George. In 1966 word hy Minister van Verdediging in die Vo...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 23 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 23, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die SS Mendi, 'n 4,000-ton stoomskip, het die Kaapstadse hawe op 16 Januarie 1917 verlaat op pad na La Havre in Frankryk met lede van die Vyfde Bataljon van die South African Native Labour Contingent (SANLC). Daar was altesaam 805 swart manskappe, 22 wit offisiere en 33 bemanningslede aan boord.

Gedurende die oggend van 21 Februarie 1917 het die SS Darro, 'n 11,000-ton passasierskip, suid van die Isle of Wight, met die SS Mendi gebots. Die SS Mendi het binne twintig minute gesink. Seshonderd-e...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 22 Augustus 1952

Posted by Paul Joubert on Sunday, August 21, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Ossewa-Brandwag (OB) ontbind

Die stigting van die Ossewa-Brandwag as 'n Afrikaner-kultuurogranisasie in Oktober 1938 in Bloemfontein was 'n direkte uitvloeisel van die Simboliese Ossewatrek en die honderdjarige herdenking van die Groot Trek. Daarom is dit ooreenkomstig die Voortrekkers se kommandostelsel georganiseer. Die Unie se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog het baie Afrikaners by die OB laat aansluit en teen 1941 het die OB 'n beweerde ledetal van tussen 300,000 en 400,000 gehad....
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 19 Augustus 1688

Posted by Paul Joubert on Friday, August 19, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Pierre Simond

Die skip, Zuid-Beveland, kom op 19 Augustus 1688 met 'n groep Franse Hugenote in die Kaap aan. Aan boord is ook ds. Pierre Simond wat in 1685 na Holland gevlug het. Hy het sy teologiese opleiding in die suid-ooste van Frankryk ontvang. Kort na sy huwelik in April 1688 is hy benoem om saam met die Hugenote na die Kaap te kom.

Goewerneur Simon van der Stel gee aan hom sestig morge eiendomsgrond om op te boer. Die plaas was in die Banhoek agter Helshoogte naby Stellenbosch. Hy was 'n...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 18 Augustus 1873

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 17, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Joachim van Plettenberg

Van Plettenberg was vir elf jaar Goewerneur aan die Kaap. Hy is op 8 Maart 1739 in Leeuwarden, Nederland gebore en het in Regte studeer. Ryk Tulbagh se opvolger, baron Pieter van Reede van Oudtshoorn, sterf onderweg na die Kaap en Van Plettenberg is in 1774 in sy plek as Goewerneur aangestel.

Die boere langs die oosgrens het 'n versoekskrif aan die Politieke Raad gestuur waarin 'n eie kerk en skool gevra is. Van Plettenberg het besluit om self ondersoek te gaan instel. ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 17 Augustus 1964

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 16, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Suid-Afrika en die Olimpiese Spele

Die eerste moderne Olimpiese Spele het in 1896 in Athene (Griekeland) plaasgevind en in 1908 het Suid-Afrikaanse atlete vir die eerste keer daaraan deelgeneem toe die vierde Spele in Londen, Engeland, plaasgevind het.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die Nasionale Party sy Apartheidsbeleid afgekondig wat lei tot rassediskriminasie in Suid-Afrikaanse Sport. Dit is in die 1960's deur internasionale sportliggame veroordeel. Daarom besluit die Internasionale Olimp...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 16 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 16, 2016, In : Ons Geskiedenis 
"Wêreldrekord!" Met hierdie opskrif op die voorblad het Die Burger op 16 Augustus 2004 sy lesers begroet die dag nadat Suid-Afrika se vier goue swemmers, Ryk Neethling, Lyndon Ferns, Roland Schoeman en Darian Townsend die goue medalje vir die 4 x 100m-vryslag-aflos by die Olimpiese Spele in Athene, Griekeland, in 'n nuwe wêreldrekord van 3:13,7 gewen het. In die proses het hulle met die sterk spanne van Nederland (tweede), die VSA (derde), Rusland (vierde) en die Australiërs, die verdedige...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 15 Augustus 1985

Posted by Paul Joubert on Sunday, August 14, 2016, In : Ons Geskiedenis 
P.W. Botha en die Rubicon (Die Driekamer-Parlement)

In 49 v.C moes Julius Caesar besluit of hy 'n klein riviertjie in Noord-Italië wou oorsteek wat sou beteken dat hy sy land in 'n burgeroorlog sou dompel. Op 15 Augustus 1985 het P.W. Botha voor dieselfde tipe keuse gestaan.

P.W. Botha word in 1978 Eerste Minister en daar kom in dié tyd 'n groeiende besef by die nasionale Party-regering dat hulle sekere veranderinge in die beleid ten opsigte van die Kleurlinge, Indiërs en Swartes sal moet m...

Continue reading ...
 

Dae uit ons geskiedenis 14 Augustus 1875

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 13, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Genootskap van Regte Afrikaners

Die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 was 'n direkte uitvloeisel van 'n poging om die Bybel in Afrikaans te vertaal. Ds. Arnoldus Pannevis het in 'n brief aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap genoem dat die jong ds. S.J. du Toit die geskikte persoon vir die taak was. Du Toit was egter van mening dat die vertaling moes wag totdat Afrikaans as 'n skryftaal erken is.

Agt manne, ds. S.J. du Toit, G.J. (Gideon) Malher...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 Augustus 1886

Posted by Paul Joubert on Friday, August 12, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Jacob Hendrik (Henk) Pierneef

Jacob Hendrik (Henk) Pierneef is op 13 Augustus 1886 in Pretoria gebore en sterf ook daar op 4 Oktober 1957. Gedurende die Anglo-Boereoorlog verhuis die gesin na Hilversum, Nederland, waar Henk aandklasse in tekenkuns aan die Academie van Beeldende Kunsten in Rotterdam ontvang. Hier maak hy met die hulp van mnr. De Nooij kennis met die Vlaamse en Nederlandse kunstenaartradisie waarvolgens grondstowwe self gemeng word. Teen die einde van 1902 keer hy terug na Preto...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 12 Augustus 2016

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 


C.J. Langenhoven

"Die meeste verdienste verdien nie die meeste nie."

"Moenie eers skryf en dan dink nie. Dink liewer eers en skryf dan."

"Skryfwoorde is nie mondwoorde wat wegwaai nie. Of wat jy later kan ontstry nie."

"Hoe weeldiger woord, hoe skraler gedagte."

Dié groot Afrikaanse skrywer is op 12 Augustus 1873 te Hoeko in die distrik van Ladismith (Kaap) gebore. Hy word grootgemaak deur sy pa se broer en sy vrou en word word op jong ouderdom  reeds gebooi deur die natuurskoon sowel as deur die...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 10, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Groot oop myne op soek na diamante

Mnr. Steve Lunderstedt, 'n bekende geskiedkundige, skrywer en toeristegids in Kimberley, Noord-Kaap, vertel dat hy in die Farmer's Weekly van 11 Augustus 2004 gelees het

Continue reading ...
 

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 15, 2015, In : Ons Geskiedenis 
Soos op 8 Mei 1996 aangeneem en op 11 Oktober 1996 gewysig deur die Grondwetlike Vergadering.

Een nasie, een wet

- AANHEF -

Ons, die mense van Suid-Afrika,
erken die ongeregtighede van ons verlede;
huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
respekteer diegene wat hulle beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vry verkose verteenwoordigers, hierdie Gron...

Continue reading ...
 

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 27, 2015, In : Ons Geskiedenis 

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk, oftewel, oom Hendrik, is gebore op 27 November 1915 in Johannesburg en gaan vir die eerste keer skool op Heidelberg (Transvaal). Daarna het hy 12 ander skole besoek voordat hy in Standerd 6 vir goed klaar was met die skoolbanke.

Hy was dus nie 'n 'boek-geleerde' man nie, maar dit het hom nie weerhou om as Joernalis sy lewenservaring sy wysheid as nalatenskap vir die Boerevolk daar te stel nie. 

Hy sterf op 25 Desember 2010 ...


Continue reading ...
 

Dingane 1837

Posted by Paul Joubert on Friday, July 10, 2015, In : Ons Geskiedenis 
Neem die hart en die lewer van die Boerekoning en begrawe dit op die pad van die Boere. (Dingane, Zoeloekoning, volgens William Wood, 'n ooggetuie van die moord op Piet Retief en sy Voortrekkers in 1837.)

Sêgoed met Slaankrag
George Claassen
ISBN978-0-624-06318-6



Continue reading ...
 

Pleknaam Veranderinge sedert 1994

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Ons Geskiedenis 
Ek kyk elke aand die weer..dan sukkel ek my moer af om te onthou waar Emgwenya is. Of eMakhazeni. So, ek pos die ou en nuwe name vir julle wat soos ek, nog die ou name onthou. Of is dit net ek wat sukkel om die nuwe name te onthou? Miskien omdat mens dit so min gebruik of daar kom, dat dit nie insink nie.

http://www.myvolk.co.za/dorpsname-1980-vs-2010.php

Continue reading ...
 

Die voorgeskiedenis van die mens in Afrika

Posted by Paul Joubert on Monday, July 29, 2013, In : Ons Geskiedenis 

Navorsers na die oorsprong van die mens is dit vandag feitlik eens dat die menseras in Afrika ontstaan het. Die versameling van die getuienis om dié opvatting  te staaf en die bekendmaking daarvan aan die wêreld het 'n enorme bydrae tot die 20ste eeuse wetenskap gelewer. Die ontdeking, in 1924 - van die eerste deurslaggewende fossielgetuienis - die Taung-skedel uit Suid-Afrika - is trouens sestig jaar later in 'n vooraanstaande Amerikaanse tydskrif beskryf as een van die twintig wetenskapli...


Continue reading ...
 

Vir God en Vaderland

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 4, 2013, In : Ons Geskiedenis 

In 1914 se tragiese botsing van broer teen broer sterf Jopie Fourie voor 'n vuurpeleton en word feitlik 'n legende onder sy mense.

Nie altyd 'n mense se lewe en werk nie, maar dikwels sy sterwe verseker sy onsterflikheid in die hart van 'n volk. So 'n man was Jopie Fourie. As daardie skote nooit op 20 Desember 1914 se Sondag môre in die Sentrale Gevangenis te Pretoria geklap het nie, sou hy waarskynlik soos vele ander maar net nog 'n treffende voorbeeld van 'n uiters pligsgetroue burger, toeg...


Continue reading ...
 

Die Wonderwerk van Bloedrivier

Posted by Paul Joubert on Wednesday, March 13, 2013, In : Ons Geskiedenis 

Andries Pretorius slaan die herhaalde aanvalle van 10,000 geoefende en dapper Zoeloekrygers af en laat een uit drie van hulle sneuwel. 

Andries Pretorius se roem as veldheer berus in die eerste plek op sy skitterende oorwinning by Bloedrivier. Die oorwinning wat hy hier behaal het, is sonder weerga in die militêre geskiedenis van Suid-Afrika. In geen ander veldtog het daar aan die een kant so veel en aan die ander so weinig gesneuwel nie - 3,000 Zoeloes teenoor nie 'n enkele Voortrekker nie. ...


Continue reading ...
 

Die Erfenis van Ons Vaders...

Posted by Paul Joubert on Saturday, September 1, 2012, In : Ons Geskiedenis 

Dinsdag, 30 Mei 1961 het Ds. P.J Jordaan van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Drie Riviere die feesprogram by Laerskool Drie Riviere (geleë te Limpopo straat) geopen. Die feesprogram was die inhuldiging van die gedenkteken wat opgerig is op die skool se terrein, ter viering van die Republiekwording van Suid-Afrika, wat die volgende dag sou plaasvind. 

Sy tema "Die Erfenis van ons vaders..." was heel gepas, en hy het uit die Bybel aangehaal uit 1 Konings 21 verse 2 - 4. 

"...Agab het met ...


Continue reading ...
 

Vryheidsdag: Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis

Posted by Paul Joubert on Friday, April 27, 2012, In : Ons Geskiedenis 

Tans woon daar nagenoeg 2,042,699 blankes in Suid-Afrika wat  na 1976 gebore is en wat gaan deelneem aan Vryheidsdag vieringe op 27 April 2012. Dit verteenwoordig 44,74% van alle blankes wat tans in Suid-Afrika woonagtig is. Vryheidsdag vier die eerste Nasionale verkiesing wat op hierdie dag in 1994 gehou is – waarby alle Suid-Afrikaners hul kon stem kon uitoefen.

Hierdie groep het ook vir die eerste keer hul demokratiese reg om te stem – geniet. Mens kan dus sê dat hierdie landsburgers...


Continue reading ...
 

Witkop Blokhuis Besoek

Posted by Paul Joubert on Sunday, April 8, 2012, In : Ons Geskiedenis 

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 - 1902, het die Britse magte ongeveer 441 sement blokhuise gebou. Die Witkop Blokhuis is te vinde op die R59 tussen Vereeniging en Meyerton. Dit was gebou op 'n koppie - dieselfde koppie en omliggende dele wat dit moes beskerm.  Hierdie blokhuise het 'n kritiese rol gespeel om spoorlyne en brûe te beskerm sodat Britse goedere na en van die oorlogsveld vervoer kon word, in opdrag van die Britse Opperbevelhebber, Veldmaarskalk Lord Roberts in 1900.

Dit was ...


Continue reading ...
 

Witkop Blokhuis

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 5, 2012, In : Ons Geskiedenis 
More besoek ek die Witkop Blokhuis om 'n storie rondom dit te skryf. Ek sien nogal uit daarna, want ek woon al amper 12 jaar in Vereeniging, en het nog nooit die moeite gedoen om dit te besoek nie. Ek vertel more die volle verhaal....
Continue reading ...
 

Praalgraf Vereeniging

Posted by Paul Joubert on Monday, April 2, 2012, In : Ons Geskiedenis 
Wat 'n gesukkel. In die hele Vereeniging - waar die Vereeniging Praalgraf pronk - kry ek ENIGE inligting rondom die standbeeld nie. Deur die hele biblioteek. By die Toerisme kantoor. Niks. Niks. Niks. Môre ontmoet ek een van die toergidse in Vereeniging om te probeer kyk of ek nie daar kan reg kom nie. 
Continue reading ...
 

Praalgraf Vereeniging

Posted by Paul Joubert on Sunday, April 1, 2012, In : Ons Geskiedenis 
Môre besoek ek die praalgraf (cenotaph) in Vereeniging met die oog om 'n volledige berig daaroor te plaas in www.myvolk.co.za. 
Continue reading ...