Showing category "Ken jy jou land" (Show all posts)

In die begin...

Posted by Paul Joubert on Saturday, June 23, 2018, In : "Laer-Trek" 
Die Trek begin. 22 Junie 2018. 
Continue reading ...
 

2018 Oesjaar (Spotprent)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, February 7, 2018, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Hoërskool Overvaal en Afrikaans

Posted by Paul Joubert on Wednesday, January 24, 2018, In : Redaksioneel 
Mediaverklaring – 24 Januarie 2018

“Die Afrikaanse Taalraad (ATR) verwelkom mev. Angie Motshekga, die nasionale minister van basiese onderwys, en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se rol in die “de-eskalering” van die spanning by Hoërskool Overvaal in Gauteng,” sê dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad.

Die ATR hoop die stryd oor taal sal daarmee uit die howe en strate gehou word, en dat mense mekaar eerder deur sinvolle gesprek sal vind.

“Let wel, dit ...

Continue reading ...
 

Die Ellen Pakkies Storie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, January 24, 2018, In : Redaksioneel 

Die Ellen Pakkies Storie


Wanneer jy ’n stormagtige ma-seun-verhouding, dwelms en moord saamgooi, kry
jy ’n storie vol intrige, emosie en spanning, wat kykers nie net vasgenael
sal hou nie, maar ook kritici sal beïndruk. Een van die mees
opspraakwekkende moordsake in Suid-Afrika kry eersdaags lewe op die
grootskerm en is iets wat geen fliekliefhebber moet misloop nie! 

Net soos die ware verhaal waarop dit gebaseer is, het ELLEN, DIE STORIE VAN
ELLEN PAKKIES, ook reeds die rolprentwêrel...

Continue reading ...
 

Spotprent: Onderwys in Gauteng in 2018

Posted by Paul Joubert on Thursday, January 18, 2018, In : Spotprente 

Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag? (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Tuesday, January 9, 2018, In : Ken jy jou land? 

Wie was Suid-Afrika se eerste vroulike staatshoof (en tot dusver die enigste)?

Dawid
van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daagliks ...

Continue reading ...
 

Ken jy my, Afrika?

Posted by Paul Joubert on Monday, January 8, 2018, In : Afrikaans: Gedigte 


Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk...


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 5 Januarie 1673

Posted by Paul Joubert on Friday, January 5, 2018, In : Ons Geskiedenis 

Opperchirurgyn word gekielhaal

Opperchirurgyn Jan Pieterz Cortemünde het in Desember 1672 aan boord van die Deense skip, Oldenborg, in Tafelbaai aangekom. Terwyl Cortemünde en drie bemanningslede kruie gesoek het, is hulle deur Jan van Eeden, 'n plaaslike inwoner, genooi om koue melk by hom aan huis te kom geniet. Die gasvrye van Eeden het die dorstige Deense gaste egter sterk drank aangebied. Met verloop van tyd het almal, ook die gasheer en sy vrou, Lysbeth, baie vrolik geword.

Die vrolikhe...

Continue reading ...
 

Spotprent Neil van Vuuren | van Vors tot Hanswors

Posted by Paul Joubert on Thursday, January 4, 2018, In : Spotprente 

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 4 Januarie 1806

Posted by Paul Joubert on Thursday, January 4, 2018, In : Ons Geskiedenis 

Die einde van die Bataafse Tydperk aan die Kaap

Gedurende hierdie tydperk ry politieke verbondenheid in Europa wipplank. Die ontwikkeling van formele staatsgesag in Engeland en Nederland is nog aan die gang. Daar vind verskeie oorloë tussen Engeland en Nederland plaas gedurende die 16e en 17e eeu. Hulle ding mee om die vestiging van handelsroetes na die Ooste. 

Sowel die Nederlanders as die Engelse het belanggestel in die vestiging van 'n verversingsstasie aan die Kaap. anders as die Portugese...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Friday, August 11, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Groot oop myne op soek na Diamante

Mnr. Steve Lunderstedt, 'n bekende geskiedkundige, skrywer en toeristegids in Kimberley, Noord-Kaap, vertel dat hy in die Farmer's Weekly van 11 Augustus 2004 gelees het dat die Jagersfontein-gat die rekord hou vir die wêreld se grootste myngat wat met hande gegrawe is. Aangesien hierdie eer in die verlede aan die Kimberley se Groot Gat, of die Kimberleymyn, "behoort" het, het hy besluit om deeglike en omvattende navorsing oor die saak te doen wat ook ander ...
Continue reading ...
 

Spotprent Zapiro | Geheime stem

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 10, 2017, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis - 10 Augustus 1960

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 10, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Erich Mayer

Mayer, kunsskilder en grafiese kunstenaar van formaat, is op 19 April 1876 in Karsruhe, Duitsland gebore. Hy kom in 1898 om gesondheidsredes na Suid-Afrika en vestig hom op Vrede in die Vrystaat. Sy verblyf tussen die Boere laat hom lewenslank besonder toegeneë teenoor hulle voel, met 'n behoefte om die Afrikaner uit te beeld.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy hom by die Duitse Korps aan en word op 21 Oktober 1899 by Elandslaagte krygsgevange geneem en na St. Hel...

Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 9, 2017, In : Ken jy jou land? 

Watter rivier vloei onderskeidelik deur die Maties en die Pukke se Universiteitsdorpe?


Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy ...
Continue reading ...
 

Lykshuisland - Pieter F. Bruwer

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 9, 2017, In : Afrikaans: Gedigte 

Lykshuisland

Ons land is nou 'n groot lykshuis
waar almeer voormalige mense
oraloor in plasse bloed rondlê
met hul dooie monde steeds oop,
asof hul elkeen nog tevergeefs
'n laaste woord probeer te sê.

Maar die laaste woord’s gespreek
op familieplase en kleinhoewes,
langs hoofpaaie en in hospitale
word hul deur die dood gekaap,
slim soos die houtjie van die galg
dra hul menings nou g'n waarde.

Hul word soos baggasie afgevoer
en net soos karkasse in 'n slagpale
word elke kadawer dan ge-e...


Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 2, 2017, In : Ken jy jou land? 

Watter Suider-Afrikaanse hoofstad was vroeër bekend as /Ai/gams, Otjomuise, Queen Adelaide's Bath, Elberfeld en Concordialville?

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 20 Julie 1901

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 20, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Krugerhuis en Heldeakker

Die woning van President Paul Kruger is geleë net minder as 'n kilometer vanaf die Kerkplein, Pretoria, te Kerkstraat 60, Pretoria-Wes. Dit is 'n eenvoudige maar stewige, ruim woonhuis sonder enige bepaalde boustyl. Die huis is vandag nog in sy oorspronklike toestand.

President Paul Kruger het die erf (erf308) waarop die huis staan van James Kelly vir £500 gekoop en Charles Clark het die huis daarop gebou kort nadat mnr. Kruger in Mei 1883 President van die ZAR gewor...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 16 Julie 1906

Posted by Paul Joubert on Sunday, July 16, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Alfred Beit, Mynmagnaat

Die feit dat hy geen merkbare akademiese aanleg getoon het nie, sou daartoe lei dat alfred  Beit 'n multi-miljoenêr word. Hy is in Duitsland gebore en omdat hy nie geskik geag is om universiteitsopleiding te ontvang nie, gaan werk hy in 'n familie-besighed wat in edelstene handel gedryf het.
 
Hy het baie aanleg hiervoor getoon en word in 1875 na Suid-Afrika gestuur as agent vir die Lippert-maatskappy. Hy het drie jaar lank vir hulle in Kimberley gewerk en toe 'n onafha...
Continue reading ...
 

Spotprent vir die Dag: 'n ANC vis!

Posted by Paul Joubert on Friday, July 7, 2017, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 6 Julie 1916

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 6, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Skeppers van sketse, Essays en ander kort Prosa

Een van die persone wat besondere status aan sketse, essays en ander kort prosa in Afrikaans gelewer het, was Audrey Bettie Blignault wat op 6 Julie 1916 op Bredasdorp in die Wes-Kaap gebore is. Sy was aanvanklik verbonde aan die redaksie van Die Huisvrou en sedert 1950 behartig sy die rubriek 'Uit die Dagboek van 'n vrou' in Sarie Marais. Sy versamel die beste van haar essays in 'n tiental bundels waaronder in Klein maat (1955), Die Plesierboom ...

Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, July 5, 2017, In : Ken jy jou land? 
Watter Suid-Afrikaanse staatspresident was in sy jonger dae 'n akteur in Hollywood?

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daag...

Continue reading ...
 

Spotprent: Zumptaville

Posted by Paul Joubert on Tuesday, July 4, 2017, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 3 Julie 1948

Posted by Paul Joubert on Monday, July 3, 2017, In : Ons Geskiedenis 

J.F.W. Grosskopf

Johannes Friedrich Wilhelm Grosskopf het hom op verskeie terreine onderskei. Hy het aanvanklik B.A.- en M.A.-grade aan die Victoria Kollege op Stellenbosch verwerf, en daarna in Europa in Berlyn, Leipzig, Wenen, Leiden en Zurich in Letterkunde, Geskiedenis, Filosofie, Regte en Staatshuishoudkunde studeer. Beroepsgewys tree hy op as onderwyser, letterkundige, joernalis, universiteitsdosent en ekonoom. Op dié wyse het hy waarlik merkwaardige bydraes tot die Suid-Afrikaanse same...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 30 Junie

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 29, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Akrobaat
1859: Charles Blondin, akrobaat van Frankryk, loop in 5 minute oor die Niagara-waterval in Amerika - die eerste mens wat dit regkry.

Balletdanser
1974: Die Russiese balletdanser, Mikhail Barishnikof loop tydens 'n toer in Kanada oor na die Weste.

Boeke
1936: Margaret Mitchell se roman Gone With the Wind word gepubliseer.
1938: Die strokiesprentkarakter Superman van die planeet Krypton maak sy verskyning.

Brug
1894: Tower Bridge in Londen word amptelik in gebruik geneem.

Diamant
1893: Die ...

Continue reading ...
 

Spotprent vir die Dag: Spur Vredespyp

Posted by Paul Joubert on Wednesday, June 28, 2017, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 29 Junie 1904

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 27, 2017, In : Ons Geskiedenis 

President Paul Kruger se laaste boodskap

Stephanus Johannes Paulus Kruger, bekend as Paul Kruger, is op 10 Oktober 1825 gebore. Sy pas sluit in 1836 by die trek van Andries Hendrik Potgieter aan. Hy ontvang in totaal nie meer as drie maande skoolonderrig nie.

In 1838 trek die Krugers oor die Vaalrivier en in 1842 trou hy met Maria du Plessis. Sy is later oorlede en hy is in 1847 weer met Gezina du Plessis getroud.

Op sestienjarige ouderdom word hy asssistent-veldkornet. Hy stel van jongs af bela...

Continue reading ...
 

Glo jy in wonderwerke ? - Nie? ... lees verder! (Marcel Sternberger)

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 27, 2017, In : Geloofsoë 

It Happened on the Brooklyn Subway

Marcel Sternberger was a methodical man of nearly 50, with bushy white hair, guileless brown eyes, and the bouncing enthusiasm of a czardas dancer of his native Hungary. He always took the 9:09 Long Island Railroad train from his suburban home to Woodside, N.Y.., where he caught a subway into the city.

On the morning of January 10, 1948, Sternberger boarded the 9:09 as usual. En ro...


Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Monday, June 26, 2017, In : Ken jy jou land? 
Die Britse Eerste Minister bly gweoonlik in Downingstraat 10. Wie bly in Downingstraat 11?

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel ...

Continue reading ...
 

Spotprent vir die Dag: Dis die Rand!

Posted by Paul Joubert on Sunday, June 25, 2017, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 26 Junie 1860

Posted by Paul Joubert on Sunday, June 25, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die eerste spoorlyn in Suid-Afrika geopen

Op 24 Maart 1857 het die Britse kolonie, Natal, verteenwoordigende bestuur verkry en moes die kolonie se ekonomie drasties verbeter word. Daarvoor was dit noodsaaklik om soveel as moontlik goedere in die Durbanse hawe te hanteer, aangesien doeanegelde 'n belangrike bron van inkomste was.

'n Groot probleem was egter die sandbank in die ingang van die Durbanse hawe. Toe die eerste poging om die sand te verwyder misluk het, het 'n plaaslike maatskappy 'n ...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 16 Junie

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 13, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Alheit
1877: Ds. Wilhelm A. Alheit word bevestig as predikant op Colesberg: hy en sy dogter verdrink in 1910 op Kleinmond.

Balletdanser
1961: Rudolf Nureyev, balletdanser van Leningrad, kry politieke asiel in Frankryk toe personeel van die Russiese ambassade in Parys weier dat hy na Londen vlieg.

Bentley
1929: Bentley-motors neem die eerste 4 plekke in die Le Mans-24-uur-uithouwedren in.

Comrades
1998: Die Russiese atleet Dmitry Grishin wen die Comrades-marathon en ewenaar ook Bruce Fordyce se rek...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 15 Junie 1881

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 13, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Instituut vir Blindes: Worcester (Wes-Kaap)

Die missie van die Instituut is om blinde, swaksiende, doofblinde en multigestremde blinde persone deur onderwys, opleiding en ontwikkeling te bemagtig tot 'n vervulde lewe en selfstandige burgerskap.

Danksy die ywer en versiendheid van dr. Andrew Murray en Christiaan Rabie het die Sinode van die NG Kerk in Oktober 1880 besluit om voort te gaan met die stigting van die Doofstom- en Blinde-Instituut vir dowe en blinde leerders. Op 15 Junie 1881 het...

Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Tuesday, June 13, 2017, In : Ken jy jou land? 
Wie was die eerste Suid-Afrikaner wat 'n Nobelprys kon wen!

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daagliks feite saam vir ver...

Continue reading ...
 

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Saturday, June 10, 2017, In : Ken jy jou land? 

Watter Vrystaatse dorp was vroeër bekend as Heidelberg? Dit lê naby 'n sendingstasie wat eers bekend was as Moordenaarspoort, Caledon en Verhuellpolis, maar nou dieselfde naam as die dorp dra.

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstel...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 10 Junie 1829

Posted by Paul Joubert on Saturday, June 10, 2017, In : Ons Geskiedenis 

E.J.P. Jorrissen Staatsprokureur in die ZAR

Eduard Johan Pieter Jorrissen is op 10 Junie 1829 in  Zwolle, Nederland, gebore. Hy verwerf 'n doktorsgraad in Teologie aan die Rijksuniversiteit van Utrecht, voordat hy op inisiatief van Pres. T.F. Burgers na die Transvaal kom. Daar lê hy hom toe op regswetenskap en in 1876 word hy aangestel as staatsprokureur in die ZAR. In dieselfde jaar formuleer hy die Krygswet en in 1877 die Grondwet van die Zuid Afrikaanse Republiek.

Na die anneksasie van die ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 26 Mei 1948

Posted by Paul Joubert on Friday, May 26, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Nasionale Party kom aan bewind

Die Verenigde Party (VP), onder leiding van genl. Jan Smuts, het die 1943 verkiesing, die sogenaamde oorlogsverskiesing, met 'n groot meerderheid gewen. Met die verkiesing op 26 Mei 1948 het die Herenigde Nasionale Party (Nasionale Party NP en Afrikaner Party) met 'n klein meerderheid van vyf setels aan bewind gekom en genl. Smuts moes as Eerste Minister bedank. Hy is opgevolg deur D.F. Malan.

Verskeie redes kan aangevoer word waaromd ie NP hierdie verkiesing ...
Continue reading ...
 

Adam Small "Die Here het gaskommel"

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 25, 2017, In : Afrikaans: Gedigte 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 25 Mei 1874

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 25, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die eerste Dorslandtrekkers verlaat die Transvaal

Die verskillende trekke wat tussen 1874 en 1905 uit die Transvaal deur die Kalahari-woestyn na Angola onderneem is, staan bekend as die Dorsland Trek. Daar was verskillende redes waarom die Afrikaners die Transvaal verlaat het. 

Die presiese datum waarop die eerste groep Dorslandtrekkers die Transvaal verlaat het, is onbekend. Sommige bronne maak melding van ongeveer 27 Mei 1874 terwyl ander na 20 Mei verwys. Wat wel bekend is, is dat Gert Alber...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 24 Mei 1956

Posted by Paul Joubert on Wednesday, May 24, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Baasspioen sterf in New York

Frederik (Frits) Joubert Duquesne is omstreeks 1878 in Pondoland gebore. Hy het in Europa opleiding as 'n millitêre ingenieur ontvang. Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, het hy na Suid-Afrika teruggekom en teen die Engelse geveg. Hy is naby Kaapstad gevang en na die krygsgevangenekamp in Bermuda gestuur. Hy het egter daarin geslaag om te ontsnap en het na die VSA gevlug.

Duquesne het die Engelse gehaat as gevolg van die wandade wat hulle tydens die oorlog teenoor ...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 23 Mei 1699

Posted by Paul Joubert on Tuesday, May 23, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Sjeik Joesoef

Sjeik Joesoef, 'n politieke banneling van Indonesië, was 'n bekende persoonlikheid in die vroeë geskiedenis van Suid-Afrika. Hy is in 1626 in Makassar, Indonesië, gebore, en was 'n volgeling van die Islam. Hy vestig hom aan die hof van sultan Ageng van Bantam. 

Toe die Sultan se seun, Hadji, in opstand kom teen hom, het Joesoef die Sultan ondersteun. Hadjie het die VOC se ondersteuning gekry en Ageng gevange geneem, waarna Joesoef die stryd voortgesit het. In 1683 het hy uitein...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 19 Mei 1930

Posted by Paul Joubert on Friday, May 19, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Vroue verkry stemreg in Suid-Afrika

Hierdie saak moet in samehang met gebeure in die buiteland gesien word, anders kan daar 'n skewe persepsie geskep word. Ons bepaal ons net by die toestande van Brittanje omdat dit ons die meeste raak.

In Brittanje het die drie Hervormingswette van 1832, 1867 en 1884 vir beperkte stemreg vir die mans van die nie-adellike bevolking voorsiening gemaak. Teen 1884 het die manlike lede van die adelstand, besigheidsmense, fabriekswerkers en plaasarbeiders stemreg ge...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 18 Mei 1902

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 18, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Die Vrede van Vereeniging

Op 28 Februarie 1901 bespreek Kitchener van die Britte en Louis Botha, die Transvaalse verteenwoordiger, die moontlikheid van vrede te Middelburg, Transvaal. Kitchener lê 'n goedgekeurde Britse aanbod voor wat Botha verwerp. Teen September 1901 versleg die toestande vir die Boere. Die Nederlandse regering bied aan om as bemiddelaar op te tree, maar Brittanje weier. 

Schalk Burger word toegelaat om namens die Transvaal met Pres. Steyn te onderhandel. Die samesprekings ...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 17 Mei 1884

Posted by Paul Joubert on Wednesday, May 17, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) spoorlyn na Delagoabaai (tans Maputo)

Teen die einde van 1883 het die ZAR Volksraad vir President Paul Kruger, genl. Niklaas Smit en ds. S.J. du Toit na Europa gestuur om met die Portugese regering te onderhandel oor die bou van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn.

Onderweg na Portugal het die Transvalers in Nederland met finansiers samesprekings gevoer. Hulle het verneem dat die Portugese regering 'n konsessie aan 'n Amerikaner, Edward McMurdo, toegestaan he...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 10 Mei 1961

Posted by Paul Joubert on Monday, May 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

C.R. Swart - die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika

Die republikeinse ideaal in Suid-Afrika het nie in 1902 na die Anglo-Boereoorlog saam met die twee Boerrepublieke verdwyn nie. Reeds in 1917 het die Federale Raad van die Nasionale Party verklaar dat die bestaan van 'n republikeinise gevoel in Suid-Afrika geoorloof is op grond van sy geskiedenis, maar dat die verandering van status na 'n republiek selgs langs konstitusionele weg sou geskied.

In 1936 het die Gesuiwerde Nas...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 9 Mei 1828

Posted by Paul Joubert on Monday, May 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Andrew Murray

Hy sou uiteindelik baie diep spore trap in die geskiedenis van die NG kerk in Suid-Afrika - dié vrolike jongeling met die 'bedrywige gees' wat op 9 mei 1828 in die pastorie op Graaff-Reinet gebore is. Hy was die tweede oudste van sestien kinders van Andrew Murray, predikant van Graaff-Reinet.

Hy het as tienjarige saam met sy broer, John, na Skotland vertrek om daar skool te gaan en daarna in Nederland in Teologie te gaan studeer. Op 21-jarige ouderdom keer hy terug na Suid-Afrika...

Continue reading ...
 

Spotprent vir die Dag The Church Run

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 4, 2017, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 2 Mei 1891

Posted by Paul Joubert on Monday, May 1, 2017, In : Ons Geskiedenis 
Sir Pierre van Ryneveld

Hierdie merkwaardige persoon is op 2 Mei 1891 op Senekal in die Vrystaat gebore en het op Winburg en aan die Grey Kollege in Bloemfontein skoolgegaan. Na sy skool- en universiteitsopleiding in Suid-Afrola



Continue reading ...
 

Afbreker

Posted by Paul Joubert on Monday, May 1, 2017, In : Afrikaans: Gedigte 

Afbreker, jy bokspring en huppel soos 'n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld...
Jy gaan tekere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudend drup...

Jy maak dit duidelik, "Hierdie is mý land!",
maar breek dit dan af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook,
word jou toekoms gesluit...met betogings bestook...

Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet...
In 'n bloeiende land is jou dade barbaars
en 'n g...


Continue reading ...
 

Geen groter liefde

Posted by Paul Joubert on Wednesday, April 19, 2017, In : Afrikaans: Gedigte 
Wanneer jy, Afrikanerkind,
So heerlik voor die vuur
Sit luister na die winterwind
Daar buite, koud en guur;

Wanneer jy van dade leer
Van menig dapp're held,
Vergeet nie Racheltjie de Beer -
Sneeuwitjie van die veld

O wonder dat 'n hart so warm
Nie al die sneeu kon smelt -
'n Hart wat sig so kon erbarm
Alleen daar op die veld!

                              - A.G. Visser

Jeughelde
P.J van der Watt
ISBN 0 86985 360 0




Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 April 1838

Posted by Paul Joubert on Sunday, April 9, 2017,

Louis Tregardt kom in Lourenco Marques aan

Louis Tregardt (Trichardt), die eerste Voortrekkerleier wat die Kaapkolonie met sy trekgeselskap verlaat het,het reeds in 1834 met sy epiese tog begin. Teen Augustus 1837 het Tregardt die omgewing van Soutpansberg erlaat op sy laaste skof an Lourenco Marques (Delagoabaai), vandag Maputo, om kontak met die Portugese te maak.


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 12 April 1947

Posted by Paul Joubert on Saturday, April 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

C. Louis Leipoldt

Hoewel Leipoldt 'n medikus was, lewer hy sy grootste bydrae vir die land as skrywer. Sy skryfwerk sluit populêr-wetenskaplike geskrifte, joernalistieke werk, vertalings, verskeie bundels poësie sowel as dramas, romans, kortverhale en reisherinneringe in. As digter en dramaturg is hy een van groottstes wat Afrikaans opgelewer het.

Hy het grootgeword op Clanwilliam en was 'n baie eensame kind wat tuis deur sy pa onderrig is en deur sy ma omgang met ander kinders verbied is. H...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 April 1991

Posted by Paul Joubert on Saturday, April 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Orania

Met die bou van die Vanderkloof-besproeiingskanale as deel van die destydse omvangryke Oranje-riverprojek, het die Departement van Waterwese besluit om 'n dorp naby die kanale te vestig vir verblyf aan hulle werkers. So het 'n dorpie in 1963 tot stand gekom, halfpad tussen Hopetown en Petrusville op die wal van die Oranjerivier. Aanvanklik is na die dorp verwys as Vluytjeskraal, verwysend an die plaas waarop die dorp ontstaan het.

Die plaaslike ingenieur, Norman  Landsdell, het egter 'n...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 10 April 1820

Posted by Paul Joubert on Saturday, April 8, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Aankoms van die Britse Setlaars

In 1820 is groepe immigrante van verskillende dele van Engeland, Wallis, Skotland en Ierland op die oostelike grens van die Kaapkolonie gevestig. Dit het deel uitgemaak van 'n skema deur die Britse regering om die Oosgrens te beskerm teen aanhoudende infiltrasie in die Kolonie en aanvalle deur swart stamme, spesifiek die Xhosa.

Die eerste Britse Setlaars, 'n groep van 271 mense, het op 10 April 1820 aan boord die Chapman in Algoabaai aangekom. Hulle het eers in ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 6 April 1652

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 6, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap

Nadat die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie besluit het om 'n ververskingspos aan die Kaap te vestig, is Jan van Riebeeck benoem as die bevelvoerder aldaar en vertrek op 24 Desember 1651 uit Texel, Nederland, met 'n vloot van drie skepe. Hulle gooi op 6 April 1652 anker in Tafelbaai met die Drommedaris en die Goode Hoope. Die Reyger het die volgende dag aangekom, en die Walvis en die Olifant, wat 'n bietjie later vertrek het, kom op 7 Mei aan.

Die nederse...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 5 April 1952

Posted by Paul Joubert on Wednesday, April 5, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Stem van Suid-Afrika

Op 30 en 31 Mei 1918 het die gevierde Afrikaanse volksdigter en -skrywer, C.J. Langenhoven, Die Stem van Suid-Afrika geskep, eers met net die eerste drie strofes. Op versoek het hy later 'n vierde strofe bygevoeg. Terselfdertyd het hy ook 'n melodie daarvoor gekomponeer.

Die woorde is onmiddellik aangeprys, maar die melodie het nie geslaag nie. Langenhoven het toe self 'n wedstryd aangekondig om 'n geskikte melodie te kry. Tientalle het ingeskryf, maar nie een van die m...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 4 April 1878

Posted by Paul Joubert on Tuesday, April 4, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Kommandant Gideon Scheepers

Gideon Scheepers is op 4 April 1878 bebore en op 17 Januarie 1902 voor 'n Britse vuurpeleton tereggestel. Dit het gevolg op sy militêre optrede in die Oos-Kaap tydens die Anglo-Boereoorlog gedurende 1900 - 1901. Tydens dié operasies het hy uitvoering gegee aan die republikeinse opperbevel se opdrag om die plaaswonings van mense wat die Boeremagte vyandiggesind was, af te brand. Hy het ook nie-wit persone terregestel wat hulle aan spioenasie vir die Engelse skuldig...

Continue reading ...
 

Dae uit ons geskiedenis 3 April 1866

Posted by Paul Joubert on Monday, April 3, 2017, In : Ons Geskiedenis 

J.B.M. Hertzog

Generaal J.B.M Hertzog is op 3 April 1866 op die plaas, Soetendal,  in die Wellington-dirstrik gebore. Hy is vernoem na sy peetvader, James Barry Munnik, wat vernoem is na dr. James Baary wat hom in die lewe in gebring het.

Barry Hertzog gaan skool op Kimberley en Stellenbosch, waar hy ook aan die Victoria Kollege sy B.A.-graad behaal. Daarna gaan hy na Nederland vir regstudies. Hy word benoem op die Vrystaatse regsbank en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy aan b...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 30 Maart 1660

Posted by Paul Joubert on Thursday, March 30, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Kirstenbosch

Uit navorsing en die implemente wat gevind is, is dit duidelik dat die Khoi of San ook die gebied waar Kirstenbosch vandag is, gebruik het voor die Europeërs se koms. Op daardie stadium was die hange van die berg met inheemse bos bedek wat na die vestiging van die Europeërs gekap is vir gebruik in die nedersetting.

Jan van Riebeeck het die plaas, Bosheuvel, agter Leeuberg, gekry nadat die Here XVII  hom toestemming gegee het om te boer. In sy dagregister meld Van Riebeeck op 30 ...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 30 Maart

Posted by Paul Joubert on Thursday, March 30, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Afganistan
1855: Dost Mohammed, Afgaanse leier, onderteken 'n vredesverdrag met Brittanje.
Alaska
1867: Amerika koop Alaska vir 7,2 miljoen dollar by Rusland.
1965: 'n Aardbewing in Alaska registreer 7,3 op die Richterskaal.
Amassadeur
1893: Thomas Byard, eerste Amerikaanse ambassadeur in Brittanje, kom in Londen aan.
Bom
1965: Altesame 21 mense sterf en 156 word gewond to 'n motorbom voor die Amerikaanse ambassade in die voormalige Saigon, Suid-Viëtnam, ontplof.
Britse handel
1775: Die Britse parlem...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 29 Maart 1936

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Eugene Nielen Marais is op 9 Januarie 1871 op Daspoort, buite Pretoria gebore. Hy was die jongste van dertien kinders.

In sy eerste 25 jaar verrig Marais meer met die pen, as joernalis, as die meeste ander mense. Hy vorm sterk politieke oortuigings en lewer baie skerp kritiek op die regering van die Zuid-Afrikaanse Republiek. Hy stel verskeie wanpraktyke aan die kaak.

In 1894 tree hy in die huwelik met Aletta Beyers, maar sy sterf 'n jaar later na die geboorte van hulle seun. In sy verdriet ne...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 29 Maart

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Amerika
1952: Pres. Harry S. Truman onttrek hom aan die wedloop om die Amerikaanse presidentskap.
Beethoven
1827: In Wene, Oostenryk, woon sowat 10,000 mense die begrafnis van komponis Ludwig van Beethoven by.
Boks
1946: Rocky Graziano wen die weltergewigtitel van die wêreld toe  hy Marty Servo in New York uitslaan.
Coca-Cola
1886: Coca-Cola, 'n drankie wat dr. John Pemperton as 'n breintonikum ontwikkel het, word die eerste keer in Atlanta, Georgia, verkoop.
EEG
1985: Portugal en Spanje sluit hul...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 28 Maart 1899 - 1902

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017, In : Ons Geskiedenis 

Die Bevelvoerder van die Britse troepe, lord Robberts, en die Britse regering het veronderstel dat die Anglo-Boereoorlog verby sou wees sodra die hoofstede van die ZAR en die OVS ingeneem is. Hy het sy taak as afgehandel beskou en het lord Kitchener in bevel gelaat toe hy na Brittanje vertrek het. Die oorlog het verhewig met die aanvang van die guerrillastryd.

Kitchener het besluit om sy metodes te wysig om die oorlog tot 'n einde te bring en het begin om plase te vernietig om sodoende die voo...

Continue reading ...
 

Nuusdagboek 28 Maart

Posted by Paul Joubert on Monday, March 27, 2017, In : Ons Geskiedenis 


Aborsies:
1780: Die eerste advertensie van 'n aborsiekliniek verskyn in die Morning Post in Londen.
Amerikaanse Staat:
1788: Maryland word die sewende staat van Amerika.
Baader-Meinhof:
1977: Die lede van die Baader-Meinhoff-bende, Andreas Baader, Gudrun Ensslin en Jan Raape, word lewenslange tronkstraf opgelê.
Bounty
1789: Muitery breek op die Bounty uit en kapt. William Bligh en 18 van dy bemanningslede word in 'n oop reddingsboot op die see na Java geplaas.
Cook in Australië:
1770: Kaptein James...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 8 Desember 1839

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 8, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Die Reddingsdaadbond (RDB)

Die stigting van die RDB was 'n uitvloeisel van die Simboliese Ossewatrek van 1938. Die doel daarvan was die ekonomiese opheffing van die Afrikaner. Teen 1938 het Suid-Afrika met 'n reuse 'armblankevraagstuk' te kampe gehad. Daar word geskat dat ongeveer 30% van die Afrikaners op daardie stadium ekonomies verarm was.

Dr. J.D. Kestell het gedurende die Voortrekkereeufeesvieringe gepleit vir 'n landswye reddingsdaad-beweging onder die Afrikaners. Die ideaal van 'n volk ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 7 Desember 2005

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 7, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Thomas Osche Honiball

Thomas Osche Honiball is in 1905 in Cradock gebore. Hy het handelskuns in Amerika bestudeer en daar kennisgemaak met strokiesprente. Sy ideaal was om 'n tipies Suid-Afrikaanse strokiesprent te skep. In die depressiejare kry hy by Nasionale Pers 'n aanstelling as illustreerder en na Boonzaaier se aftrede in 1940 begin hy politieke spotprente vir Die Burger teken. 

In 1939 skep hy die grootlieg-karakter, Oom Kaspaas in 'n strokieformaat. Die Jakkals en Wolf-reeks verskyn sed...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 5 Desember 1905

Posted by Paul Joubert on Monday, December 5, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Derde Afrikanertrek kom in Comodoro Rivadavia in Argentenië aan. 

In die jare voor en an die Anglo-Boereoorlog het faktore soos droogtes, politieke ontevredenheid en armoede na die Anglo-Boereoorlog, 'n avontuurlus en onweerstaanbare trekgees tot die diaspora van die Afrikaner bygedra. Afrikaners het in georganiseerde trekke die land verlaat en hulle in dele van Suidwes-Afrika, Angola, Oos- en Sentraal Afrika tot sover as die suide van Kongo en in die suide van Argentenië gevestig.

Agente...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 1 Desember 1834

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 30, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Die Kaapse Klopse

Die Kaapse Klopse Karnaval (Engels: Cape Minstrel Carnaval) wat aan die begin van elke jaar met Nuwejaarsvieringe in Kaapstad gehou word en duisende toekouers trek, dateer terug na die eerste feesvierings met die vrystelling van slawe op 1 Desember 1834. Die vrygestelde slawe van albei geslagte en van alle ouderdomme het, volgens die SA Commercial Advertiser, gedurende hulle verpligte 'vakleerlingskap' van vier jaar, gedurende die dae en / of nagte, ordelik deur die strate ge...

Continue reading ...
 

Spotprent vir die Dag

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 30, 2016, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 30 November 1987

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 30, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Lugveiligheid

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is een van die oudste lugrederye ter wêreld en het op 1 Februarie 1934 tot stand gekom. Alhoewel hy met 'n uitstekende rekord vir lugveiligheid spog, is daar tog 'n paar gevalle wat aandag verdien. 
  • Op 14 Junie 1937 het 'n gehuurde Ju 52-vliegtuig Z5-AKY net na opstyging by die Randse Lughawe in Germiston, Gauteng, neergestort. Die vliegtuig het uitgebrand en 'n ouerige vrou het gesterf
  • Op 16 Oktober 1937 het die e...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 29, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Manlike kunstenaars in die wêreld van klassieke sang

Daar is betreklik min manlike Suid-Afrikaners wat die wêreld van klassieke sang betree het en ongelukkig ook nog minder wat nasionale en veral internasionale roem verwerf het. Ons noem 'n paar wat wel roem verwerf het, maar wys daarop dat die lysie geensins volledig kan of wil wees. nie: Johan Botha (tenoor), Dawie Couzyn (bariton), Frederick Dalberg (bas), Manuel Escorcio (tenoor), George Fourie (bariton), Sybil Hartman (tenoor), Gé Kors...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 25 November 1978

Posted by Paul Joubert on Friday, November 25, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Con de Villiers en die Overberg

Cornelius (Con) Gerhardus Stephanus de Villiers is op 16 Desember 1894 in die distrik Caledon gebore en sterf op 25 November 1978 in Ceres. Hy ontvang sy skoolopleiding op sy tuisdorp en studeer daarna aan die Victoria-kollege. Hy doseer Dierkunde aan die Transvaalse Universiteits-kollege en gaan dan na Zurich waar hy verder studeer en promoveer. Daarna word hy dosent en later hoogleraar in Dierkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy verwerf bekendheid v...

Continue reading ...
 

Die Nasionale Konvensie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 23, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Nasionale Konvensie

Reeds voordat Milner Suid-Afrika verlaat het, was dit duidelik dat daar soveel probleme was wat al vier gebiede (Kaap, Natal, Transvaal en OVS) geraak het dat daar ernstig oor eenwording gepraat sou moes word. Dit was veral die spoorweg- en doeanekwessie wat hierdie besef op die sprits gedryf het. Tydens hierdie konferensie is daar besluit dat daar 'n breër konferensie sou moes plaasvind, waarna al die gebiede afgevaardigdes moes stuur. By hierdie samesprekings sou Bri...

Continue reading ...
 

Nerens om te skuil

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 22, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Nêrens om te skuil

Ons word gejag, ons is kroonwild,
nie meer met assegaai en skild,
maar outomatiese geweer
trek hul ons mense oral neer-
soos wit renosters ‘s ons gewild.

Hul impies kom, bekruip ons stil,
met harte wreed en koud en kil,
berekend pleeg hul dan geweld
en jaag ons snags deur dorp en veld-
om daar ons lewens af te skil.

Ons hardloop hard, ons asem jaag 
kruip weg en hou ons kop omlaag,
moet somtyds selfs ook luiperdkruip
as ons hoor hoe hul nadersluip-
kom stel vir ons 'n hinderlaag.

Soos t...


Continue reading ...
 

Spotprent Shaun Abrahams

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 20, 2016, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Xantippe

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 20, 2016, In : Woord van die Week 
('n twissieke, neulende, sanikende vrou)

Genoem na Xantippe, die eggenote van die Griekse Wysgeer, Sokrates (469-399 v.C). 'n 19de eeuse Nederlandse woordeboek beskryf haar as "'n kwade wyf, huisdraak, helleveeg, huiskruis, 'n broekdraagster" - lieftallige bondeltjie dus.

Ongelukkig is hierdie tekening totaal ongegrond. Sokrates het met haar getrou toe hy so 50 of 55 jaar oud was. uit die huwelik is drie seuns gebore - wat 'n mens dadelik laat dink dat hulle dalk soms nader aan mekaar was as w...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 20 November 1957

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 20, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Hendrik Hofmeyr en Sinfonia Africana

Hendrik Hofmeyr is gebore op 20 November 1957. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad (UK) en is in 1981 na Italië om eers na tien jaar terug te keer. Hy word later mede-professor aan die Musiekskool van UK. Hy is 'n veelsydige komponis en het 'n indrukwekkende getal komposisies agter sy naam. Dit sluit in vokale musiek vir solo-ensembles en kore, 'n opera, 'n requiem, 'n Stabat mater, twee allette en instrumentale musiek.

Mnr. Gideon Joubert, die Na...

Continue reading ...
 

Woensdag

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 16, 2016,
(dag voor Donderdag wat op Dinsdag volg)

Genoem na een van die hoofgode in die Noorse mitologie, Odin, wat in Germaans as Wodan weergegee, dus is Woensdag "dag van Wodan". Hy was die god van wysheid, die digkuns en oorlog. Hy was ook die beskermgod van helde: Die gesneuweldes sluit by hom in Valhalla aan. Die wolwe Geri en Freki, en die rawe Huggin en Munnin was aan hom onderdanig. Sy perd, Sleipnir, het agt bene gehad, tande waarop Germaanse letters gegraveer was en die vermoë om deur die lu...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 17 November

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 16, 2016, In : Ons Geskiedenis 


Continue reading ...
 

Vestaalse maagd

Posted by Paul Joubert on Monday, November 14, 2016, In : Woord van die Week 
(kuise vrou)

Genoem na die Romeinse godin van die vuurherd, Vesta, wat moes sorg dat die vuur in haar tempel voortdurend brand. Dit het sy met die hulp van haar ses Vestaalse maagde gedoen - en al dié bruide moes kuis lewe.

Dié kultus het skynbaar in die 7de eeu voor Christus ontstaan, maar is soos ander nie-Christelike kultusse in 394 n.C. deur keiser Flavius Theodosisus I (347-395) verban.

Die maagde is tussen die ouderdom van 6 en 10 jaar deur die hoofpriester gekies en het 30 jaar lank die...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 16 November 1855

Posted by Paul Joubert on Monday, November 14, 2016, In : Ons Geskiedenis 

Die Stigting van Pretoria

Nadat die Voortrekkers hulle in die voormalige Transvaal gevestig het, is daar behoefte aan 'n sentraal-geleë administratiewe sentrum om die Voortrekker-republieke en die afgeleë gemenskappe te dien. Die pogings van M.W. Pretorius en PIet Potgieter om plase langs die Apiesrivier daarvoor te bekom, misluk. Pretorius besluit om self die plase, Elandspoort, Daspoort en Nooitgedacht, aan te koop en met kerksteun by die Volksraad om dorpstigting aansoek te doen. D...

Continue reading ...
 

Klop-Klop

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek klop-klop,
die deur kraak oop...
My hart wil liewers wag,
maar my voete begin loop.

Ek weet hier binne,
wag U net vir my.
Die eerste keer wat my oë
U gesiene gaan kry.

Liefde hang soos dik mis
oral in die lug,
hoe nader ek aan U tree
hoe verder probeer my vrese vlug.

En daar net daar sien ek
my Liefde, my Jesus staan.
Hier binne voel dit of my hart wil losbreek
en self na Hom toe gaan.

Voor ek nog kon dink
aan wat om te sê vir my Heer.
Begin ek my sondes bely
en kan dit nie keer.

"Her...


Continue reading ...
 

Lady Liberty Trumped

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Uzi

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Woord van die Week 
Uzi ('n kompakte automatiese wapen wat wêreldwyd gebruik word)

Genoem na die Israelse leëroffisier, Uziel "Uzi" Gal (Gebore in Duitsland as Gotthard Glass 1923 - 2003), wat die wapen na die Arab-Israeli-oorlog van 1948 ontwerp het.

Gal het dit op vroeëre Tsjeggiese wapens gebaseer waarvolgens patrone in die loop gestoot is uit 'n magasyn wat in die greep pas. Dit is die voorkeurwapen van dwelmsmokkelaars omdat dit maklik en vinnig gelaai kan word en akkuraat skiet, selfs wanneer dit auotmati...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 14 November 1951

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Anglo-Boereoorlog-Monument in die Paarl

In sy testament, gedateer 14 November 1951, bemaak mnr. P.R. (Paul) de Villiers van Stellenbosch, £5000 vir 'n Anglo-Boereoorlog-monument wat binne vyftig jaar 'vanaf hede' opgerig moet word. Hy was die laaste tesourier-generaal van die ZAR en 'n oud-stryder. Sy moeder, me. A.B. "Theophila' de Villiers, was die dogter van ds. G.W.A. van der Lingen, een van die leidende figure in die Eerste Taalbeweging van die Paarl. Sy was die voorsitter van een van di...

Continue reading ...
 

Milisiemag

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Woord van die Week 
Milisiemag - 'n stelsel om deur loting soldate uit die burgerbevolking te trek.
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 November 1913

Posted by Paul Joubert on Saturday, November 12, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Fischer-Famlie

Abraham Fischer, 9 April 1850 - 13 November 1913, was regspraktisyn, advokaat en politieke leier in die Oranje-Vrystaat. Hy word in Maart 1900 voorsitter van 'n buitengewone gesantskap wat na Europa gestuur word om die tussenkoms van een of meer van die grotere moonthede in die Anglo-Boereoorlog te probeer bewerkstellig.

Na die oorlog beywer hy hom vir die verkryging van volle verantwoordelikhede bestuur vir die Oranje-Vrystaat en toe hierdie ideaal in November 1907 we...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 12 November 1780

Posted by Paul Joubert on Friday, November 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Piet Retief

PIet Retief, 'n Hugenote-nasaat, is op 12 November 1780 op die plaas, Soetendal, in die Wagenmakersvallei (Wellington) gebore. Hy was geletterd en koop sy eie plaas, Kromme Rhee, in die Stellenbosch-disrtrik, waar hy in 1812 kommandant word. Hy doen diens as burgermaglid tydens die Vierde Grensoorlog aan die Oosgrens. Hy pak verskeie besighede aan maar is met geeneen suksesvol nie. In 1834 is hy bankrot verklaar.

Hy het in 1813 na die Oosgrens verhuis en kom in aanraking met die wei...

Continue reading ...
 

Dead President Walking

Posted by Paul Joubert on Friday, November 11, 2016, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 November 1865

Posted by Paul Joubert on Friday, November 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 
D.C. Boonzaaier, bekende Spotprenttekenaar

D.C. Boonzaaier is op 11 November 1865 op Carnarvon gebore en was een van Suid-Afrika se bekendste spotprenttekenaars. Reeds op Carnarvon het hy baie belanggestel in die tekening van 'n plaaskoolonderwyser, Blundell, en voordat hy veertien was, het hy self al ywerig geteken.

In die Kaap het hy ook kennis gemaak met die werk van W.H. Schroder, wat vir die weekblad, Die Knopkerrie, geteken het en maak self komiese tekeninge van toneelopvoerings wat...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 2 November 1879

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 1, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Genl. Edwin Alfred Conroy

Edwin Conroy is op 2 November 1879 in Hanover in die Kaapkolonie gebore en op sestienjarige ouderdom word hy een van Johannesburg se eerste verkeerskontabels. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy hom in Britstown bevind en aangesluit by genl. J.B.M. Hertzog se kommando wat die Kaapkolonie binnegeval het. Genl. C de Wet het hom aangestel as veggeneraal.

Die res van die oorlog het Conroy se kommando in die noord-westelike deel van die Kaap geopereeer. Nadat ...

Continue reading ...
 

Nagte gelede

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 26, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Nagte gelede
het ek die middernagstem gemis
die een wat my innerself
aanspreek in eerbied
as die ghongslae roep
my knieë moet buig
het ek snakkend net
my hart oopgeskroef
en ingenooi
want ek moes praat
in n fetusposisie
met net my hande gevou
en geluister na Sy stem
wat troostend vul
soos ek aanvaar
dit was Sy wil

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 27 Oktober 1871

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 26, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die anneksasie van Griekwaland-Wes

Na die ontdekking van diamante in die distrik Hopetown in 1867, ontstaan daar in Brittanje belangstelling in dié gebied, wat later as Griekwaland-Wes bekend sou staan. Sekere Griekwa-stamme, naamlik dié onder die beheer van Waterboer en Adam Kok asook die Korannas wat in die gebied woonagtig was, maak aanspraak op die gebied. Gedurende die noordwaarste trek  deur die Voortrekkers is verskeie ooreenkomste tussen die stamme en die Voortrekkers aangegaan. Na d...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 26 Oktober 1918

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 26, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Anton Hartman

Anton Hartman was 'n baie talentvolle man. Dis moeilik om te oordeel watter van sy baie talente die bekendste was. Hy was nie alleen 'n dirigent en musiekpersoonlikheid nie, maar ook uitsaaipersoonlikheid, musiekadministrateur en hoogleraar.

Hy is op 26 Oktober 1918 in Springs gebore en het sy hele lewe lank op die Witwatersrand gewoon en gewerk. Hy het sy B.Mus. en M.Mus.-grade albei met lof aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Dit was 'n lewensideaal van hom om di...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 25 Oktober 1949

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 25, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Rapportryers vertrek uit Kaapstad

Die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 is ingelei deur 'n aantal Rapportryer-kommando's wat oor vyftien verskillende roetes na Pretoria beweeg het. Hierdie Rapportryer-aantog, wat amptelik op 10 Oktober 1949 by Hartenbos begin het, was die resultaat van die Uniale Rapportryers-reëlingskomitee wat uit lede van die ATKV en die FAK bestaan het.

Op 25 Oktober 1949 het 'n kommando Rapportryers uit Kaapstad vertrek na drie dae se feestelik...

Continue reading ...
 

Gemeenskapsdiens

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 25, 2016, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Minnelied van die Aandblom

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 12, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Minnelied van die aandblom

Ek droom,
ek droom
met oë oop;
Verlang en wens,
begeer en hoop.
Gedagtes sprei in wye vlerk
en vind op vleuels
jou liefdeswoord,
jou wasemsagte hart bely
van môres saam
van jou en my,
van eendag as die lente blom,
’n einde aan ons winters kom.

O aandblom in die silwermaan
wat skoonste van die veldblom staan,
verlei my hart,
verlok my gees
om tot die laaste asemteug
net saam met jou
’n “ons” te wees.

© Boerius

16 Julie 2016
Zonderwater KS
Cullinan


Continue reading ...
 

Tandem

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 12, 2016, In : Woord van die Week 
Tandem (soort fiets waarop twee persone agtermekaar sit en saam trap)

Genoem na 'n Engelse edelman, lord Tandem, wat die stalmeester van 'n Britse koningin was en dié soort fiets bedink het. Maar dié herkoms wat in sommige bronne voorkom, is gewoon perdevye. Dit is 'n Engelse woordspeling op Latyn tandem wat naastenby "lang tyd" beteken en wat speels toegepas is op "lang spasie" na aanleiding van die tyd wat dit in steenstelling met die gewone fiets neem om voor die oog verby te gaan.

Die aa...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 14 Oktober 1925

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 12, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Prof. Phlip Tobias: Die man agter die gebeentes

Prof. Philip Tobias, een van Suid-Afrika se mees gevierde wetenskaplikes, is op 14 Oktober 1925 in Durban, KwaZulu-Natal, gebore. Dit is in dieselfde jaar waarin prof. Raymond Dart die Taung skedel ontdek het. Tobias het 'in 1958 die wettige voog van die Taung-skedel geword en sou hy sy lewe op die spel plaas om die 'klein karakter' op te pas'.

Sy kinderjare was nie gelukkig of maklik nie. Na die dood van sy ouma en suster aan diabetes, het hy gew...

Continue reading ...
 

Sifilis

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 11, 2016, In : Woord van die Week 
(Seksueel oordraagbare siekte, veneriese ontsteking)

Genoem na 'n karakter, Syphilis, in 'n gedig van 1530 deur die Italiaanse geneesheer, wiskundige, sterrekundige en digter van Verona, Girolamo Fracastoro (1478 - 1553). Die gedig se titel was Syphilis, sive Morbus Gallicus ('Sifilis, of die Franse Siekte').

Syphilis is 'n jong herder in die gedig, en ly aan die gevreesde siekte as straf omdat hy die songod, Apollo, belaster het. Uiteindelik versag die toorn van die god en gee hy vir die jong...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 Oktober 1879

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die eerste President van die Oranje-Vrystaat, Josias Phillippus Hoffman, is op 31 Desember 1807 in Stellenbosch gebore en word daar groot. Hoewel Josias baie min formele skoolonderrig gehad het, het hy homself baie goed deur selfstudie bekwaam. Die Hoffman-gesin het ook gereelde kontak met oorsese besoekers gehad, wat hulle visie verbreed het.

In 1840 het hy hom op Sanddrif, later die Smithfiled-distrik, in die Transgariep, later die Oranje-Vrystaat, gevestig waar hy 'n tyd lank skoolgehou he...

Continue reading ...
 

Rosettasteen

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 28, 2016, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Rosettasteen (kliptablet wat in 1799 deur ene Boussard of Bouchard in Egipte gevind is en waarop 'n inskripsie in drie tale verskyn). Genoem na die stad Rosetta (tans Rashid) in die nabyheid waarvan die klip ontdek is. Die ontsluiting van die tale het daartoe gelei dat die hiërogliewe ontsyfer kon word. Die inskripsie verhaal die gunste van Ptolemeus V epifanus (205-180 v.C.) in hiërogliewe, demoties en Grieks.

Die steen is swart graniet, 114cm lank, 72cm wyd en is reeds in die Oudheid gebr...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 29 September 1969

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 28, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Aardbewing

Aardskokke saai paniek
Wes-Kaap hewig geskud
Geboue tuimel in, mense vlug
(Die Burger, 29 September 1969)

Op Maandagaand,
29 September 1969, enkele minute na tienuur, het 'n kragtige aardbewing die Boland getref. Die dorpe Tulbach, Ceres en Wolseley, was die middelpunt van die aarskok en groot verwoestig is daar gesaai. Mense is onder puin begrawe en elektrisiteit en water is afgesny. Brande het onmiddelik na die eerste kwaai skudding oral in die berge ontstaan, en talle stappers en ber...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 28 September 1978

Posted by Paul Joubert on Tuesday, September 27, 2016, In : Ons Geskiedenis 
P.W. Botha

Mnr. Pieter Willem Botha is gebore op 12 Januarie 1916 op die plaas, Telegraaf, naby Paul Roux in die Vrystaat en sterf op 31 Oktober 2006 in sy huis, De Anker, op Wildernis, Wes-Kaap. Hy het sy studies aan die latere Universiteit van die Oranje-Vrystaat in 1936 onderbreek om 'n organiseerder van die Nasionale Party te word en begin so sy loopbaan as professionele politikus. In 1948 word hy verkies as LV vir die kiesafdeling George. In 1966 word hy Minister van Verdediging in die Vo...

Continue reading ...
 

Pravin en die Hawks

Posted by Paul Joubert on Monday, August 29, 2016, In : Spotprente 

Continue reading ...
 

Vidkun Abraham Lauritz Johnsson Quisling

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 23, 2016, In : Woord van die Week 
Quisling (veraairer, meeloper met die vyand)

Genoem na die Noorweegse leëroffisier  en politikus, Vidkun Abraham Lauritz Jonsson Quisling (1887 - 1945), die grootste verraaier in die Noorweegse geskiedenis.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy minister-president van die Noorweegse regering wat met die Nazi's geheul het. Hy het in 'n enorme villa op 'n eiland naby Oslo gewoon en het met 'n goue eetstel geëet. Dit was nie sonder sorge nie, want hy was so bang dat iemand hom gif sal ingee d...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 23 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 23, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die SS Mendi, 'n 4,000-ton stoomskip, het die Kaapstadse hawe op 16 Januarie 1917 verlaat op pad na La Havre in Frankryk met lede van die Vyfde Bataljon van die South African Native Labour Contingent (SANLC). Daar was altesaam 805 swart manskappe, 22 wit offisiere en 33 bemanningslede aan boord.

Gedurende die oggend van 21 Februarie 1917 het die SS Darro, 'n 11,000-ton passasierskip, suid van die Isle of Wight, met die SS Mendi gebots. Die SS Mendi het binne twintig minute gesink. Seshonderd-e...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 22 Augustus 1952

Posted by Paul Joubert on Sunday, August 21, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Die Ossewa-Brandwag (OB) ontbind

Die stigting van die Ossewa-Brandwag as 'n Afrikaner-kultuurogranisasie in Oktober 1938 in Bloemfontein was 'n direkte uitvloeisel van die Simboliese Ossewatrek en die honderdjarige herdenking van die Groot Trek. Daarom is dit ooreenkomstig die Voortrekkers se kommandostelsel georganiseer. Die Unie se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog het baie Afrikaners by die OB laat aansluit en teen 1941 het die OB 'n beweerde ledetal van tussen 300,000 en 400,000 gehad....
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 19 Augustus 1688

Posted by Paul Joubert on Friday, August 19, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Pierre Simond

Die skip, Zuid-Beveland, kom op 19 Augustus 1688 met 'n groep Franse Hugenote in die Kaap aan. Aan boord is ook ds. Pierre Simond wat in 1685 na Holland gevlug het. Hy het sy teologiese opleiding in die suid-ooste van Frankryk ontvang. Kort na sy huwelik in April 1688 is hy benoem om saam met die Hugenote na die Kaap te kom.

Goewerneur Simon van der Stel gee aan hom sestig morge eiendomsgrond om op te boer. Die plaas was in die Banhoek agter Helshoogte naby Stellenbosch. Hy was 'n...

Continue reading ...
 

Nemesis

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 18, 2016, In : Woord van die Week 
(genadelose, onafwendbare straf, gewoonlik in die uitdrukking jou nemesis teenkom). Genoem na die Grieks mitologiese godin van die wrekende geregtigheid, Nemesis. Sy was die bewaakster van die morele en natuurlike orde en het die oormoed van die mens gestraf. Daaruit het die figuurlike betekenis ontstaan dat 'n mens teenspoed ervaar as jy jou te veel aanmatig.

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 18 Augustus 1873

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 17, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Joachim van Plettenberg

Van Plettenberg was vir elf jaar Goewerneur aan die Kaap. Hy is op 8 Maart 1739 in Leeuwarden, Nederland gebore en het in Regte studeer. Ryk Tulbagh se opvolger, baron Pieter van Reede van Oudtshoorn, sterf onderweg na die Kaap en Van Plettenberg is in 1774 in sy plek as Goewerneur aangestel.

Die boere langs die oosgrens het 'n versoekskrif aan die Politieke Raad gestuur waarin 'n eie kerk en skool gevra is. Van Plettenberg het besluit om self ondersoek te gaan instel. ...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 17 Augustus 1964

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 16, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Suid-Afrika en die Olimpiese Spele

Die eerste moderne Olimpiese Spele het in 1896 in Athene (Griekeland) plaasgevind en in 1908 het Suid-Afrikaanse atlete vir die eerste keer daaraan deelgeneem toe die vierde Spele in Londen, Engeland, plaasgevind het.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die Nasionale Party sy Apartheidsbeleid afgekondig wat lei tot rassediskriminasie in Suid-Afrikaanse Sport. Dit is in die 1960's deur internasionale sportliggame veroordeel. Daarom besluit die Internasionale Olimp...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 16 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 16, 2016, In : Ons Geskiedenis 
"Wêreldrekord!" Met hierdie opskrif op die voorblad het Die Burger op 16 Augustus 2004 sy lesers begroet die dag nadat Suid-Afrika se vier goue swemmers, Ryk Neethling, Lyndon Ferns, Roland Schoeman en Darian Townsend die goue medalje vir die 4 x 100m-vryslag-aflos by die Olimpiese Spele in Athene, Griekeland, in 'n nuwe wêreldrekord van 3:13,7 gewen het. In die proses het hulle met die sterk spanne van Nederland (tweede), die VSA (derde), Rusland (vierde) en die Australiërs, die verdedige...
Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 15 Augustus 1985

Posted by Paul Joubert on Sunday, August 14, 2016, In : Ons Geskiedenis 
P.W. Botha en die Rubicon (Die Driekamer-Parlement)

In 49 v.C moes Julius Caesar besluit of hy 'n klein riviertjie in Noord-Italië wou oorsteek wat sou beteken dat hy sy land in 'n burgeroorlog sou dompel. Op 15 Augustus 1985 het P.W. Botha voor dieselfde tipe keuse gestaan.

P.W. Botha word in 1978 Eerste Minister en daar kom in dié tyd 'n groeiende besef by die nasionale Party-regering dat hulle sekere veranderinge in die beleid ten opsigte van die Kleurlinge, Indiërs en Swartes sal moet m...

Continue reading ...
 

Dae uit ons geskiedenis 14 Augustus 1875

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 13, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Genootskap van Regte Afrikaners

Die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 was 'n direkte uitvloeisel van 'n poging om die Bybel in Afrikaans te vertaal. Ds. Arnoldus Pannevis het in 'n brief aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap genoem dat die jong ds. S.J. du Toit die geskikte persoon vir die taak was. Du Toit was egter van mening dat die vertaling moes wag totdat Afrikaans as 'n skryftaal erken is.

Agt manne, ds. S.J. du Toit, G.J. (Gideon) Malher...

Continue reading ...
 

Casanova

Posted by Paul Joubert on Friday, August 12, 2016, In : Woord van die Week 
Casanova (vroueverleier) Genoem na Giacomo Girolamo Casanova de Seingalt (1725 - 1798), Venesiese avonturier, gigolo en skrywer, maar in tydperke in sy leeftyd ook soldaat, sekretaris, prediker, alchemis, dobbelaar, violis, loteryopsiener, spioen vir die Inkwisisie, joernalis, diplomaat, spekulant en enige beroep wat sou help om hom in die slaapkamer en onderklere van 'n dame te kry.

Sy vader wou hom graag as priester sien, maar die meetsnoere het vir hom op ander, liefliker plekke geval. S...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 13 Augustus 1886

Posted by Paul Joubert on Friday, August 12, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Jacob Hendrik (Henk) Pierneef

Jacob Hendrik (Henk) Pierneef is op 13 Augustus 1886 in Pretoria gebore en sterf ook daar op 4 Oktober 1957. Gedurende die Anglo-Boereoorlog verhuis die gesin na Hilversum, Nederland, waar Henk aandklasse in tekenkuns aan die Academie van Beeldende Kunsten in Rotterdam ontvang. Hier maak hy met die hulp van mnr. De Nooij kennis met die Vlaamse en Nederlandse kunstenaartradisie waarvolgens grondstowwe self gemeng word. Teen die einde van 1902 keer hy terug na Preto...

Continue reading ...
 

Geroepe uit 'n Put

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 11, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die Allerhoogste het geroep,
my gees het geantwoord: Amen!
My volk se kreet het die hemel bereik
en ’n hart het “ja” met als gesê.
My gesin die spieëling
op die brandend horison,
my kinders is slegs drome van môre
want my offers
is die stille mis
wat oor Boereland
se skemergloed verrys.
My jare tel af
in honing van snoodaards
met boeie as metgesel
en mure as folteraar.

Maar my voete het U pad nie vergeet
nóg my hande hul taak,
daarom, Troue Trooster
sal hierdie Koningskind
U roeping...


Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 12 Augustus 2016

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 11, 2016, In : Ons Geskiedenis 


C.J. Langenhoven

"Die meeste verdienste verdien nie die meeste nie."

"Moenie eers skryf en dan dink nie. Dink liewer eers en skryf dan."

"Skryfwoorde is nie mondwoorde wat wegwaai nie. Of wat jy later kan ontstry nie."

"Hoe weeldiger woord, hoe skraler gedagte."

Dié groot Afrikaanse skrywer is op 12 Augustus 1873 te Hoeko in die distrik van Ladismith (Kaap) gebore. Hy word grootgemaak deur sy pa se broer en sy vrou en word word op jong ouderdom  reeds gebooi deur die natuurskoon sowel as deur die...

Continue reading ...
 

Dae uit ons Geskiedenis 11 Augustus 2004

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 10, 2016, In : Ons Geskiedenis 
Groot oop myne op soek na diamante

Mnr. Steve Lunderstedt, 'n bekende geskiedkundige, skrywer en toeristegids in Kimberley, Noord-Kaap, vertel dat hy in die Farmer's Weekly van 11 Augustus 2004 gelees het

Continue reading ...
 

Vreugde by Nkandla

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 26, 2016, In : Spotprente 

Continue reading ...
 

Die Moeder

Posted by Paul Joubert on Friday, May 20, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die vreemde oorsprong van jou lewe het
Soos lig deur ‘n Kristal deur my gevloei
In al die maande toe ek één was met
Die stil geheim van jou verborge groei.

En nou kan niks ons skei-want is jy nie
Afhanklik en gebonde aan my bloed
Wat met sy onbegryplike chemie
Jou wonderlik gevorm het en voed?

En of dié uur ver en vergete word,
En of die jare tussen jou en my
Hul seile span, die see sy golwe stort,
Of selfs die Dood sy somber baken steek,
Nogtans sal jy aan my gebonde bly
Met die onsigb...


Continue reading ...
 

Generaal De Wet

Posted by Paul Joubert on Tuesday, May 17, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink -
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per' ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s'n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk ...


Continue reading ...
 

Samaritaan

Posted by Paul Joubert on Monday, May 16, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Val-val strompel sy voort
Bloed van gister
Sypel skaamteloos
En bevlek haar hede
Sodat haar môre
Onmoontlik ver dryf

Sy klop aan hartsdeure
Wat met slot en grendel
Dig en sekuur, toe is
‘n sleutel nie vir haar beskore
En met wingerdvingers
Vroetel sy lastig aan ons wese

Sy fluister in dowe ore
Sy vertel van haar as en haar lot
Haar woorde word gretig weggedra
Deur lastige koorsblaar agies
En haar kraakstemmetjie
Word met ons handgebare gestil

Ek dink aan Lukas
En sy leringe oor barmhartig...


Continue reading ...
 

Afskeid

Posted by Paul Joubert on Saturday, May 14, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Die uurglas het reeds leeg geloop.
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond -
soos vreemdes vir mekaar.

Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.

© Koos du Plessis

Continue reading ...
 

Môre sal die son weer skyn

Posted by Paul Joubert on Friday, May 13, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Onthou jy ons geheime plek
in die bloekombos -
ure se swem in die plaasdam
en myle op ou Poon se rug?

ons kon skree van die lag
en ons soveel dinge verbeel -
soos ek
het ook jy
die seer weggespeel

elke namiddag
tussen roesrooi koringlande en jou hart
wou jy die Vrystaatse vlaktes oprol
en oor jou skouer gooi
want die son

het soos ʼn uurglas uitgeloop -
laaste lig bankrot verklaar
en uitverkoop

en wat bly oor
het jou oë dan gevra -
net seerkry?

nee, my lam,
tussen die dorings
groei ʼn soe...


Continue reading ...
 

Zuma en Matfield

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 12, 2016, In : Spotprente 

Continue reading ...
 

Verspeelde Lente

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 12, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Tralies hang om my persoon
as sigbare slawemerk
en boei my lente,
wurg my somer
sodat my kosmosvelde
as doodskus geen spruit bied
waar die somerswaeltjie
haar nessie in wil bou.

Stilte onvou my grys harige sak,
‘n eensaam siel
wat net ‘n stem wil hoor,
net ‘n laggie wil tas.
Maar die middernag omring ‘n lood gemoed
in sterrelose beton
waar geluk deur lemmetjiesdraad
weggeskeur is van vanaand
en deur wrede realiteit van my geskei.

Smeekgebed is my daaglikse brood
en die l...


Continue reading ...
 

Ma

Posted by Paul Joubert on Saturday, March 19, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig
sonder fênsie leesekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer ma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.

© Antjie Krog


Continue reading ...
 

Vanaand

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 15, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Vanaand
In die holte van die nag
Is my psalm oopgele
Teen die Heem'le oor want
Die Here is my herder

Al draai my voete verkeerdom
Hy lei my na, waar ek deur
Dorings verniel is
Na die koelte van Sy pad
Waar ek kan rus
Ongestoord
Wat lank reeds die pad
Vooruitgeloop het
Die tafel gedek
Met troos en krag
Kan ek eet soveel ek mag
Die wat my nie liefhet
Is reeds vergewe
Want my bewaker
Loop saam my klippe-pad
En met my tuiskoms
Sal ek weet
My pad geloop ...
Dit... was goed
Amen


© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 

Egipte van ons liefde

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 15, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek het gaan soek
na die sleutel van geluk
waar die son elke aand sterf
aan die wesoewer van die Nyl

ek het vertoef by die voet
van die groot Sfinks van Giza
en gevlug oor verlatenheid
van windverwaaide duine

ek wou hiërogliewe ontsyfer
teen tempelmure
piramides se verborgenheid
ontbloot in die son

ek het met kamele tot aan die einder
van die woestyn gereis -
maar die Rooisee se water het een gebly
en die Rosettasteen se loodgrys glans
het slepend deur die tyd vergly.

© C. Potgieter



Continue reading ...
 

Gee My

Posted by Paul Joubert on Monday, March 14, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Gee my net 'n bietjie lag
en net 'n bietjie vreugde
Bietjie liefde op my lewenspad
dat ek kan lewe vir 'n rede
Gee my 'n kers in die duister
en 'n oor wat sal luister
'n Glas wyn saam met my geliefde
en 'n kaggelvuur
'n bietjie begrip vir my hart se seerste uur
Gee my 'n hand om vas te hou
Gee my 'n oomblik wat ek altyd sal outhou
Gee my 'n slukkie kondensmelk net so uit die blikkie
en 'n southappie waaraan ek nie sal verstik nie
Gee my 'n vinger wat my ring sal dra
en 'n hart wat sal luist...

Continue reading ...
 

Gebed

Posted by Paul Joubert on Friday, March 11, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

As ek kniel voor die Heer,
En vir die Here sê: “Ek het so seer!
O Heer U weet, ek kan net nie meer.”
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
“Kom sit hier by my, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer.”

As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: “Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra.”
Dan sê die liewe Heer: “jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra.”

En as ek vanaand my hart l...


Continue reading ...
 

Die Oorwinnaars

Posted by Paul Joubert on Thursday, March 3, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die Oorwinnaars

By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom

Oorwinnaars vir ons volk,
bly u vir al wat beste in ons is 'n ewig' tolk;
nooit weer sal vyandsvoet u stof so diep vertrap en smoor
dat ons u langer nie kan sien - en hoor.
Nie onse Helde, wat die magtig' leër
op glansryk' velde kon weerstaan en keer;
nie onse Seuns, wat aan die galg en teen die muur
die diepe liefde vir hul eie moes verduur;
nie onse Moeders, wat met bloeiend hart en seer,
in swart Getsemane die w...


Continue reading ...
 

Zuma gestand in Burundi

Posted by Paul Joubert on Wednesday, March 2, 2016, In : Spotprente 

Continue reading ...
 

Waar lê jou kyk

Posted by Paul Joubert on Wednesday, March 2, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Waar lê jou kyk
as oë deur ranke
van seer saam met
die bleekgeskuurde maan
op reis gaan tot
waar woorde uit
papier geskeur moet word
sodat die skerpgemaakte asem van die
nagwolke se
geluidlose vlug
deur jou hart kan gaan?
Waar lê jou kyk vanaand

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 

Pelglrim vir die Nageslag

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 1, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Pelgrim waar’s jou rusplek,
Pelgrim waars jy tuis
en waar lê jy jou hoof saans neer
of wat noem jy jou huis?

Lewe wink in kronkelpad
van steiltes ongebaan
waar jy geen rus gegun word nie
maar immer voorwaarts gaan.
Die herberg bied beskutting,

die grot ‘n oornag nis
en somtyds moet jou moeë mens
in die veld se ooptes rus.

Maar Pelgrim, waar’s jou skuiling
en waar stoor jy jou goed?
Hoe kry jy krag om voort te beur
en waaruit put jy moed?

Die paaie bied hul draaie
om links of regs te...


Continue reading ...
 

Wens

Posted by Paul Joubert on Friday, January 15, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Die seerkry in jou oë
is woorde ongesê
van liefdesdrome
wat brokstuk om jou voete lê.

Jou gisters is versplinter,
oor jou toekoms druip die nag
en waarin sterreprag moet glinster
skroei die pynvlam van vandag.

Ek wil die hemel vir jou losbreek
rosynekoeke bring,
jou met soetappels verkwik
en ʼn bossie nardusblomme
soos ʼn string geluksklokkies
om jou hals rangskik.

© C. Potgieter


Continue reading ...
 

La belle dame sans merci

Posted by Paul Joubert on Wednesday, January 13, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die golwing van die lig wat daal
Op goue koringare,
Is glansloos by die gloed wat straal,
Madonna, van jou hare.

Die diepe see het ek aanskou,
Met wonder opgetoë,
Maar nog geheimnisvoller blou,
Madonna, in jou oë.

Ek het die roos met vuur sien gloei
In tuine van verlange,
Maar teerder blos het ek sien bloei,
Madonna, op jou wange.

Koud is die Winterberg se top,
Met nooit ’n lentebloesem,
Maar kouer nog die hart wat klop,
Madonna, in jou boesem!

© A.G. Visser


Continue reading ...
 

Amandelboom, O Lentebruid

Posted by Paul Joubert on Tuesday, January 12, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Amandelboom, O Lentebruid,
hoe spierwit bars die blomme uit,
die takke weeg nou, vlok op vlok
met haelwit sterre toekapok!

Nog al die ander bome wag
op stil invloeiing van die krag,
wat uit die grond se donker hart
beur na die takke, kaal en swart.

En in die dooi omgewing kleur
jy rein en wit; jou blommegeur
hang soet oor dor, vermufte bas,
uit tye toe daar winter was.

Jy is die eerste, in lentetyd,
wat wit uitstort jou vrugbaarheid,
en laaste van die bomesee
wat dan jou harde vruggie gee.

En...


Continue reading ...
 

Die nag van 'n Openbaring

Posted by Paul Joubert on Sunday, January 10, 2016,
Die nag n openbaring
n stem wat deur
my gaan
die fluister van
die sterre
die roep van
die maan
en deur die stilword
van die betonoerwoud
is jy die laaste
wat my denke vul
die sagvat van jou hande
jou troetel-oë wat blink
onthou jy nog
die sterre
wat winkend
nader kom
en deur die stil roesmoes het
jou naam weerklink
die nag n openbaring
die nagstem verflou
en deur die roesmoes van klanke...
ek het vergeet
van jo
u

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 

Salomo se soeke

Posted by Paul Joubert on Saturday, January 9, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek stap deur newelboorde
in my pelgrimstog na sin,
in ‘n soek na ‘n verklarende lyn

waar die mens se maat begin

Ek vind die put van rykdom
wat nimmereindigend gee
maar ook siele swart met donkernag
se gryse weëmoed smee.

Ek pluk die vrug van kennis
die verheldering van oë
maar ontmoet die wyse kluisenaar
in allene droef getoë

Ek deel my beker met vriende
in die oorvloed van my jeug
maar eet alleen in teëspoed
met stoele oral leeg.

Berustend vind ek Stilfontein
waar vrede my omvou
in d...


Continue reading ...
 

Vergewe en vergeet

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 15, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
 
"Jy het mos doringsturikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.

Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur. 

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor ...

Continue reading ...
 

Generaal De Wet

Posted by Paul Joubert on Sunday, December 13, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Generaal De Wet
Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink -
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.

Is dit jul leier nog, per' ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s'n was
en is
.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou

soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en ha...


Continue reading ...
 

Psalm 8

Posted by Paul Joubert on Saturday, December 12, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid –
of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

As ek, o Heer, u nagtelike hemel
daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan –

wat is die mens dan dat U hom g...


Continue reading ...
 

Zuma Eerste, Suid-Afrika Tweede

Posted by Paul Joubert on Saturday, December 12, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

In jóú oë

Posted by Paul Joubert on Friday, December 11, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

In jóú oë,

Sien ek vrese in blink skynsel
van vandag se môres
jou kinder hart verstaan niks
van vuil water en stukkende klere

slaap op vlenters lappe
droë pap uitgegrawe
potte vol leeg en niks.
Soek jy net na liefde

geluk soos dit God behaag
lag en speel nou net dowwe kykers
soeke na tóg iets mooi.
Drank, geweld en onreg
jou verstandjie verstaan niks.
Vandag saai ek hoop
God sal jou toevou 
grootoog kind

in jou oë plant ek geluk 
mag goedheid jou vuil handjie
neem op paaie van geloof
jý is ons môre
In jo...


Continue reading ...
 

Lolita

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 10, 2015, In : Woord van die Week 
(wellustige jong meisie wat volwasse mans se koppe laat draai)

Genoem na die hoofkarakter, Lolita, in 'n roman van die Russies-Amerikaanse skrywer, Wladimir Wladimirowitsj Nabokof (1899 - 1977). Die Nabokof-familie was drietalig, wat Wladimir later ook benut het deur die eerste blokkiesraaaisels in Russies saam te stel. Lolita se eintlike naam in die boek is Dolores Haze, maar sy het verskeie troetelname, naamlik Dolly, Lo, Lola en dan Lolita

Die verhaal gaan oor 'n 37-jarige dosent, Humbert ...

Continue reading ...
 

Die Oggendlig

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 10, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Die oggendlig
breek die nag
se asem

draal deur my
vensters-vol-lig
rus op my hart se stilte
wat hande vou
miskien selfs bid
selfs die
spatsels woorde
staccato
tot die Een wat hoor
spaar die nag se asem
waarin ons so verloor

© Heleen Malherbe
Continue reading ...
 

Jerobeam

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 9, 2015, In : Woord van die Week 
(bottel met 'n inhoudsmaat van vier gewone bottels)

Genoem na die Bybelse Jerobeam (oorlede 901 v.C), die eerste koning van die noordelike Israelitiese koninkryk ná  die verset teeen Rehabeam. Jerobeam word 'n "dapper held" in 1 Konings 11:28 genoem, wat Israel met sy sondes laat sondig het (1 Konings 14:16). Die benaming van die groot bottel hou moontlik daarmee verband dat enigeen wat soveel wyn in hom het, soos 'n dapper held sal voel, maar ook sal sondig.

Die aap in jou koffie
Afrikaanse Ep...

Continue reading ...
 

'n Paternoster vir Suid-Afrika

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 9, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land –

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om...


Continue reading ...
 

Albatros

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015, In : Woord van die Week 
Die albatros vlieg ook al eeue lank met 'n slegte reputasie rond. Om 'n albatros om jou nek te hê, beteken om skuld te dra vir iets wat jy verkeerd gedoen het. Die albatros is 'n merkwaardige voël - sy vlerkspan is 3 tot 4 meter en hy kan maklik 'n halfuur lank in die lug sweef sonder om sy vlerke te klap. 

Daar word selfs gesê dat hulle in 80 dae om die wêreld kan vlieg. Die ou matrose het geglo dat hulle die siele van afgestorwe seevaarders in hulle gedra het, en daarom was dit ongelukki...

Continue reading ...
 

Die Lied van 'n Koringboer

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Aan my moeder

“O sing my die lied, sing my die lied,
Die lied wat my hart so raak,
Van die Onderveld-boer en sy koringmiet
En die donder, wat kreun en kraak.”

“Vanmelewe het daar ’n boer gewoon,
Daar vér in die Onderveld,
Sy lande het altyd sy werk beloon
Met gerwe haas ongeteld.

Toe kom daar ’n grote droogte aan
En sy vee vrek hot en haar.
Die maande kom en die maande gaan,
Maar die reën bly vér van daar.

Dog skielik kom, op ’n somerdag,
’n Grote wolke-skaar.
Hulle lyk soos ’n seilende s...


Continue reading ...
 

Juliaanse Kalender

Posted by Paul Joubert on Monday, December 7, 2015, In : Woord van die Week 
(vroeëre tydrekening wat op 1 Januarie 45 v.C. van krag geword het)

Genoem na die Romeinse veldheer, staatsman en skrywer, (Gaius) Julius Ceasar (100-44 v.C.), wat die tydsrekening ingestel het. Op daardie stadium was die Romeinse kalender drie maande agter die werklikheid. 'n Jaar vroeër het Julius die Aleksandrynse sterrekundige, Sosigenes, gevra om 'n oplossing vir die probleem te vind. 

Hy het voorgestel dat by wet gereël moes word dat die jaar voortaan uit 365 dae en 6 uur sou bestaan, ...

Continue reading ...
 

Ek verlang

Posted by Paul Joubert on Monday, December 7, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Ek verlang
na die slip-slop klank
van die waters
sonder rus
die skuimsome

wat jou voete lek
die wasigheid

van soutdruppels
wat jou wange skroei

en die lag van die rotse wat jou uitjou
dis die amper-wees

van n saamgevoel
die inkrop van
n sielefees

wat selfs die arend
se vlug omkeer
as ons twee saam
n message in a bottle lees
is dit so bestem
of is die lewensroep

die ware een
wat kaarte deel
die een vir jou
en geen vir my
jy die klawer
niks vir my
wie kry die joker
die joker ja
ek verlang
na die slip-slop klank
wat gee vir ...

Continue reading ...
 

Ikabod

Posted by Paul Joubert on Friday, December 4, 2015, In : Woord van die Week 
(in 'n uitdrukking wat sê: "Dit is gedaan; dit is klaar")

Moontlik genoem na die Bybelse Jakob, as die uitlêers van die Bybel aanvaar dat Jakob en Ikabod verbrouings van die naam Jogebed of Jokobod is. Meer moontlik is die woorde van Ikabod se sterwende moeder dat die glorie uit Israel weggeneem is, na aanleiding van die dood van haar man, Pinehas, en skoonvader, Eli, en die wegvoer van die Ark na Filistea (1 Sam. 4:21). Ikabod beteken in Hebreeus "roemloos" of "skandelik".

Die Aap in jou Kof...
Continue reading ...
 

Sirkel van die lewe

Posted by Paul Joubert on Friday, December 4, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

SIRKEL VAN DIE LEWE:

Sirkel van die lewe - 
hoe kan jy dit begryp
dat op dieselfde dag
een mens dood gaan 
en ‘n ander een gebore word?

Op een dag is jou emosies 
deurmekaar – bly oor die nuwe lewe
maar hartseer oor die een 
wat nie meer lewe nie?
die lewe staan nie stil nie

Moet dit nie eintlik anders wees?
Hartseer oor die een gebore
En bly oor die een nie meer hier
Want die lewe is moeilik en onverstaanbaar
Somtyds plein onverklaarbaar

Ja in een dag kan jou emosies eskaleer - 
Tussen hartseer en blydsk...


Continue reading ...
 

Waar Tebes in die stil fontein

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 3, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

"WAAR TEBES IN DIE STIL WOESTYN"

Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig' rotswerk hoog verhef
En Mara in die sand verdwyn;

Waar smôrens van die hoogste krans
Die berghaan draaiend opwaarts spoed
Om uit die gloeiend' hemeltrans
Met groot geroep die son te groet;

Waar treurig nog die wolfgehuil
Weerklankend in die klowe dwaal,
En grootwild om die syferkuil
Soos skadu's in 'n stofwolk maal;

En huiswaarts brommend sluip die tier,
Sy donker moordplek pas verlaat,
Wanneer die eerst...


Continue reading ...
 

Hermafrodiet

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 2, 2015, In : Woord van die Week 
(mens of dier wat beide manlike en vroulike seksorgane of ander seksuele kenmerke het)

Genoem na die Grieks-mitologiese wese, Hermaphroditus, seun van Hermes en Aphrodite (dié name is duidelik verenig in sy naam). Die idee van so 'n wese is in die Oosterse mitologieë gebore waar dit as 'n godheid vereer word; in die Griekse gebied het dit in Ciprus ontstaan. Volgens oorlewering was Hermaphroditus 'n uiters aanvalllige jongeling, en die fonteinnimf Salmakis in Karië het dolverlief op hom ger...

Continue reading ...
 

Soms soek ek jou hart

Posted by Paul Joubert on Monday, November 30, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

soms, soek jou hart
net 'n wegsteekplekkie
waar jy kan inkruip
en saggies bly huil
omdat dinge teveel
vir jou geword het

soms, is jy mens sku,
eensaam, alleen, verwese,
wil met niemand praat nie
alleen brood breek
en bid tot God
baie vrae vra

soms, soek jy ompaaie
die steiler bergpas roetes
waar jy probeer herstel
aan die sterre raak
heeltyd jou Bybel
berustende vashou

want...

soms, wil jy nie praat nie

© ENRiCUS
Continue reading ...
 

G-Kol

Posted by Paul Joubert on Monday, November 30, 2015, In : Woord van die Week 
(boontjievormige deel van die vagina wat, na talle vrouens beweer, 'n erogene sone bevat wat tot hoë vlakke van seksuele opwekking en kragtige orgasmes kan lei as dit gestimuleer word)

Genoem na die Duitse gebore geneesheer en wetenskaplike, Ernst Gräfenberg (1881-1957) (die G kom van sy van), wat die intra-uteriene apparaat ontwikkel het. 

Hy is verder bekend vir sy studie van die rol van die vroulike genitalieë en uretra tydens orgasmes. In 1981 het twee Amerikaanse seksoloë dié deel die...

Continue reading ...
 

Lewenskeuses

Posted by Paul Joubert on Monday, November 30, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Lewenskeuses

Met alle lewenskeuses
is daar voordeel en verlies,
daar’s heuwels
en daar’s dale
in elk afdraai wat jy kies.

By kruisings is geen opsie
om op meer as een te gaan
en die lewe laat die tyd nooit toe
om besluiteloos te staan
want “geen besluit”
is ook ‘n weg
wat na Visielose gaan – 
weens gebrek aan moed of insig
om ‘n nuwe weg te baan.

Al sou ‘n mens ook terug bly staar
en met wonde aan twyfel bly gryp
of met drome oor die ander weg
bly voortdryf in jou spyt – 
die afdraai paaie kom...


Continue reading ...
 

#VirDieLiefdeVirDieLand

Posted by Paul Joubert on Friday, November 27, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Wens

Posted by Paul Joubert on Friday, November 27, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Die seerkry in jou oë
is woorde ongesê
van liefdesdrome
wat brokstuk om jou voete lê.

Jou gisters is versplinter,
oor jou toekoms druip die nag
en waarin sterreprag moet glinster
skroei die pynvlam van vandag.

Ek wil die hemel vir jou losbreek
rosynekoeke bring,
jou met soetappels verkwik
en ʼn bossie nardusblomme
soos ʼn string geluksklokkies
om jou hals rangskik.

© C. Potgieter


Continue reading ...
 

Min Shaw, Afrikaanse Ikoon word 81!

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 26, 2015, In : Só onthou ek Suid-Afrika 
Een van ons Ikone word 81 vandag...As jy met haar musiek groot geword het, besoek haar Facebook blad en wens haar hartlik geluk. Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers (Johannesburg, 26 November 1934) is 'n Suid-Afrikaanse musikant.

Sy is 'n sangeres van veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook van Afrikaanse sowel as Engelse gospel. Sy het bekend geraak met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het). Die...


Continue reading ...
 

Bakermat

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 26, 2015, In : Woord van die Week 
Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk. [Dis waar dit begin het.]

'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker (die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het) die kindjie op haar skoot, voor die vuur, versorg het. 

Continue reading ...
 

Liefdevol soos net jy kan

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 26, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

soms, sommerso
rangskik jy alles
van groot na klein
boksies opgestapel
kruie flessies bymekaar
van links na regs alfabeties
etikette op plastiese houers
militêre presisie, lees soos
'n boek, netjies en skoon...
kyk ek na jou krulle
in jou hare wat 'n
haarkapster soek

soms, sommerso
sê ek gee vir my die pakwerk,
etikette en jou viltpen,
jou kortlys aankope...
wéét jy instinktief
ek voer iets innie mou
skimp en vis jy vir 'n vale....
sê ek oplaas ek't 'n afspraak
vir 'n full treatment by jou
haarkapster en 'n ...


Continue reading ...
 

Fauna

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 25, 2015, In : Woord van die Week 
(gesamentlike diere in 'n gebied of dierelewe in die algemeen)

Genoem na Faunus, die Romeinse god van die dierelewe, die bos en herders. Hy word vereenselwig met die Griekse god Pan want hy is ook halfman, halfbok met horings en bokpote. 

Sy priesters was Luperci en die fees van die Luperkalieë word op 14 Februarie, Sint Valentysdag. Sy eie twee feeste per jaar was gekenmerk deur losbandigheid en groot vrolikheid - baie daarvan uit kruike verkry.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A t...

Continue reading ...
 

Die Groot Ses

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 25, 2015, In : Ken jy jou land? 
Jy ken die groot vyf. Ken jy die groot ses wat verwys na Suid-Afrika se mejestueuse voëls?

Gompou
Ardeotis kori 
Broeityd van 27 - 3- dae
2 eiers

Breëkop Arend
Polemaetus bellicosus
Broeityd 47 - 51 dae
1 eier

Saalbek Ooievaar
Ephippiorhynchus senegalensis
Broeityd 33 dae
1-2 eiers

Bromvoël
Bucorvus ieadbeateri
Broeityd 40 dae
1-2 eiers


Swart Aasvoël
Torgos tracheliotus
Broeityd 56 dae
1 eier

Visuil
Scotopeloa peli
Broeityd 33 - 38 dae
2 eiers

Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia
David van Lill
ISBN 1-86872-927-3




Continue reading ...
 

Droogtepsalm

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 25, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Droogtepsalm

As die stof in swyend skadu’s
oor die Bosveldvlaktes sweef
en genadeloos die sin beroof
om in vagevuur te leef,
giet die son sy lekkend foltergloed
oor die korsgebakte kuil
waar geraamtes soos die sekelmaan
in wolklose nagte skuil.

Ja, dan staar die Boer
sienloos oor sy strompelende kudde
wat as velbedekte beendere
met moeite om môre bly veg,
want hy ken die stryd in hul smekende oë-
die verbryselde Bittereinders
wat onder kloue van stoppels gevrekte hoop
en met klewende dood wat aan hul dor...


Continue reading ...
 

Bougainvillea

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 24, 2015, In : Woord van die Week 
Die welig rankende bougainvillea met die trosse blomme se naamgewer het 'n roemryke geskiedenis gehad. Louis Antoine de Bougainville was 'n Franse seevaarder wat die plant ontdek het. Hy moet 'n groot indruk gemaak het, want die grootste van die Solomon-eilande (Bougainville), 'n straat in dié eilande, 'n kanaal in Vanuatu (die voormalige Nieu-Hebride), en die blom is na hom vernoem. Naopoleon het hom ook vereer. 
Continue reading ...
 

La belle dame sans merci

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 24, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

La belle dame sans merci

Die golwing van die lig wat daal
Op goue koringare,
Is glansloos by die gloed wat straal,
Madonna, van jou hare.

Die diepe see het ek aanskou,
Met wonder opgetoë,
Maar nog geheimnisvoller blou,
Madonna, in jou oë.

Ek het die roos met vuur sien gloei
In tuine van verlange,
Maar teerder blos het ek sien bloei,
Madonna, op jou wange.

Koud is die Winterberg se top,
Met nooit ’n lentebloesem,
Maar kouer nog die hart wat klop,
Madonna, in jou boesem!

© A.G. Visser


Continue reading ...
 

Epsomsout

Posted by Paul Joubert on Monday, November 23, 2015, In : Woord van die Week 
(kristalle van gehidreerde magnesiumsulfaat as purgeermiddel gebruik)

Genoem na die dorp Epsom in die graafskap Surrey in Engeland waar die sout die eerste keer in die natuur aangetref is. Dit is oorspronklik berei deur die indamping van die mineraalwater wat ongeveer 1618 daar ontdek is. Dit staan ook bekend as Engelse Sout


Continue reading ...
 

Dis 'n nuwe week

Posted by Paul Joubert on Monday, November 23, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Dis n nuwe week
begin met 
n glimlag
n glimlag
uit dankbaarheid
vir al die mooi
wat die week
op jou pad
gaan kom

glimlag 
die week in
glo hoop
en vertrou
se elke oomblik
dankie dat God
jou styf in Sy
omgee arms hou
glimlag vir soveel
bodelose genade
en liefde vir jou

strooi die week
liefde orals
waar jy gaan
leef die week
as n omgee mens
gee die week
eerder as om te vra
prys eerder
as om te kla

doen elkedag
n goeie daad
dink voor jy
andwoord
dink voor jy praat
maak vir iemand
n droom waar
wees die week
net jouself

luister na jou ...


Continue reading ...
 

Slaggate

Posted by Paul Joubert on Friday, November 20, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Dromedaris

Posted by Paul Joubert on Friday, November 20, 2015, In : Woord van die Week 
kameel met een knop op die rug

'n Mens sal hom nie in die pylvlak van die Durban July-wedren kry nie, maar hy sal wel daar tuis wees. Die Griekse naam vir dié dier (dromas kamelos) het "hardlopende kameel" beteken. Dromas was 'n reisiesbaan, afgelei van dromein "hardloop". Dromedarisse is geteel en afgerig om gery te word. Die Engelse hippodrome (renbaan vir perde) is hieraan verwant. 

'n Dief aan die Kers
Skelm woorde deur die eeue
Anton F. Prinsloo
ISBN978-1-86890-176-0

Continue reading ...
 

Tussen gister en vandag...

Posted by Paul Joubert on Friday, November 20, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

tussen gister
en vandag
sit ek vir jou
en wag
ek verlang
na jou
pragtige
lyfie sag

ek verlang
na jou
welrikende arom
na jou stem

ek verlang
na jou hande
wat aan my raak
na soet smaak
van jou lippies

ek verlang
na die kyk
in jou oe
ek verlang
na jou
as mens
na jou
as my liefdes
maat
ek verlang na jou
vroeg tot laat

© Splinters se Solo gedigte


Continue reading ...
 

Cayennepeper

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 19, 2015, In : Woord van die Week 
(bytend sterk rooipeper)

Genoem na die hoofstad van Frans-Guyana, Cayenne, waar dit bekend geraak het. Dit word berei uit die saad van verskillende soorte plante van die geslag Capsicum. Oorspronklik is dit kyynha, quiínia (Tupi-woorde vir "warm peper") genoem wat volksetimologies tot cayenne verander is. Die peper word ook vir medisinale doeleindes gebruik. 

Die sterkte daarvan word aangeslaan op 30,000 tot 50,000 Scoville-eenhede. Die Scoville-skaal meet die speseryhitte (pikantheid) van 'n ...

Continue reading ...
 

Net met woorde

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 19, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Net met woorde
sal ek
jou gedagtes
ontvoer
net met woorde
sal ek
tot diep
in jou hart
kom loer

net met woorde
sal ek
jou leer
dat ware

liefde bestaan
net met woorde
sal ek
gisters laat
verdwyn
en liefde
se son
weer in jou
laat skyn

© Splinters se solo gedigte


Continue reading ...
 

Madame Tussauds

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 17, 2015, In : Woord van die Week 
Madame Tussauds (museum in Sentraal-Londen met wasbeelde van beroemde en berugte persone)

Genoem na die Franse kunstenaar, madame Anna Maria (Marie) Tussaud (1761 - 1850) wat die wasmuseum begin het. Berugte figure saam met die oorblyfsels van beroemde misdade word afsonderlik in 'n gruwelkamer gehou. Haar modelle van haar beroemde tydgenote soos Voltaire, Benjamin Franklin en Horatio Nelson word nog daar bewaar. 

Tussaud was 'n huishulp van 'n dr. Philippe Curtius (1741-1794), 'n geneesheer wa...

Continue reading ...
 

Onuitputbare Genade

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 17, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Die Here
het jou 
stem gehoor
jy het nie nodig
om jou
verder te kwel nie
die Here gaan jou optel
en jou met nuwe
krag vul en jou genees

die Here 
het jou
stem gehoor
die Here gaan
jou wintertye
in die mooiste
somers verander
en jou ryklik seen
moenie 

jouself verder
kwel nie
die Here 
is by jou
met liefde
en onuitputbare
genade

© Splinters se solo gedigte


Continue reading ...
 

'n Gawe Dametjie

Posted by Paul Joubert on Saturday, November 14, 2015, In : Afrikaans: Kortverhale 

'n Gawe Dametjie

Wat se lawaai is dit daar in die tuin! Daar is gegil en geskreeu, so erg dat Moeder besluit het om te gaan kyk wat aan die gang was. En wat sou sy sien? George en Janet het woes op die grond gestoei; hulle het gekrap en geskop en dinge vir mekaar gesê wat ek nie hier kan neerskryf nie.  

"Hou op! Hou dadelik op!" het Moeder geskreeu. Die twee het vinnig opgespring, en hoe het hulle nie gelyk nie! Hulle gesigte, klere, hande, en skoene was die pure stof. 

"En wat beteken dit mis...


Continue reading ...
 

Ontspan as jy nog 'single' is!

Posted by Paul Joubert on Saturday, November 14, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Heildronk op Zuma se nuwe Jet

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 12, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Stapelgek

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 12, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
As iemand die oortreffende trap van mal is, sê ons hy is stapelgek. Vroeër eeue kon ons taalvoorouers wel ook sê dat iemand so gek soos 'n stapel is, wat vandag nie meer sin maak nie aangesien die betekenis van stapel vir ons verlore geraak het.
 
Die Nederlandse krekel "kriek" het eeue gelede saam met die sprinkaan ook as 'n stapel bekend gestaan. Om stapelgek te wees, was dus om rond te spring soos 'n kriek of sprinhaan (soos die insek in Nederlands bekend was). 

'n Soortgelyke intensief wa...

Continue reading ...
 

1983 versus 2013

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 12, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Quibus Videre Nolunt (aan dié wat nie wil sien nie)

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 12, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Quibus Videre Nolunt 
(aan dié wat nie wil sien nie)

Ek wag al lank
met voete op hierdie grond
dat jou oë oopgaan 
en jou stomheid uitreën

maar die wind rouklaag,
skeur sy klere
en lê hees gehuil 
waar ʼn hart wolkloos verweer

want jou klanklose konsent
deur my hele lewe
vaag en onbekend -
is deesdae algemeen

ek wonder:
as die klippe begin uitroep
of die kranse na vryheid skree,
sal jy steeds 

jou swye kan bewaar
en sal jou toekoms 
se blinde oog 
nog so bleekblou staar?

© C. Potgieter

...
Continue reading ...
 

'n Liefdesduet (geskryf in twee stemme)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 11, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

'n Liefdesduet
(geskryf in twee stemme)

SY
jy is die kroon
van my skepping
as volkome vrou
want jy het méér
as net Atlantis en
Babilon in my oë
oopgesluit

HY
jy versinnebeeld
God se skeppings-
geskenk aan my
vir jou sal ek altyd
onbeskaamd, onbevange
liefhê, eer en altyd
op my hande dra

SY
ek's lief vir jou
sagste manier hoe
jy die vrou in my

ontwaak...
hoe jy dinge saam
met my doen in

oorgee-liefde

HY
jou respek en liefde
het vrou-wees in my
herdefinieër, heromskryf,
gefondament in geloof,
die ou-blaar onmiskenbaar
'n...


Continue reading ...
 

Kaapstad

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 10, 2015, In : Ken jy jou land? 
Kaapstad se eerste spoorlyn, van Kaapstad na Eersterivier, is op 13 Februarie 1862 geopen en in 1863 uitgebrei to by Wellington. Die Kaapse Skiereiland bevat een van die wêreld se ses blommeryke, met 'n totaal van 2,285 plantspesies (die Britse Eilande het net 1,492 plantspesies). Die see om die skiereiland is ook die tuiste van 660 van die 2,008 seediere wat om die Suid-Afrikaanse kus voorkom. 

Op 3 Desember 1967 het dr. Chris Barnard die wêreld se eerste hartoorplaniting in Kaapstad se Gro...

Continue reading ...
 

1983 vs 2013

Posted by Paul Joubert on Monday, November 9, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

531. Boerius: Om te bly staan

Posted by Paul Joubert on Monday, November 9, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

531.Boerius: Om te bly staan

Plak ‘n stukkie sonskyn 
op die glimlag van my hart
as weerder van die onweersdae
se dreigend wanhoop smart.

Werk ‘n reënboog stewig vas
oor die skeure van my gees
dat ek selfs in stormweer vlae
steeds huppelkind kan wees.

Gom ‘n straaltjie van die maanskyn
teen die krake van my siel
om die trutsigheid se kiem te smoor
te heel ná seer-verniel.

En as my mirrevelde
Heel my wese dreig te smoor
Laat dit nooit U Gees se krag
As lewensbron verloor.

© Boerius


Continue reading ...
 

Antjie Somers

Posted by Paul Joubert on Friday, November 6, 2015, In : Woord van die Week 
Antjie Somers ('n denkbeeldige figuur met wie kinders bang gemaak word)

Volgens oorlewering genoem na 'n berugte Kaapse struikrower, Antjie Somers, wat dan tydens die bewind van lord Charles Somerset (1767 - 1831) aan die Kaap vroueklere sou aangetrek en slagoffers saans voorgelê het as hulle op pad huis toe was.

Die 18de en 19de eeu was 'n redelik onveilige tyd op die paaie en dié man het 'n historiese figuur geword. Die oorspronklike rower het algaande allerhande skrikaanjaende eienskappe v...

Continue reading ...
 

Generaal De Wet

Posted by Paul Joubert on Friday, November 6, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Generaal De Wet
Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink -
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per' ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s'n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en ha...


Continue reading ...
 

Rondelle

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 5, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Rondelle
Die liewe lange dag
Het ek alleen geswoeg,
En met vermoeide krag
My akkertjie geploeg. Hul sê ek moet my voeg
Na wat ek het vannag.
Maar kyk, dis môre vroeg.
Die dagbreek kom en lag; Die haan kraai vergenoeg,
Daar's nuwe werk wat wag,
En ek is aaklig moeg.
Vandag se wêreld lyk so naar
Dat ek my liewers, eer ek sterf,
Wil aftrek van die grys gevaar
Wat dreig om alles fyn te kerf.
Ons het geteer tot op die werf; Daar's niks wat werd is om te spaar;
Daar's niks wat oorbly om te erf.
Hoever ek...

Continue reading ...
 

Om lief te hê

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 4, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Om lief te hê

Jy het die grendels ontsluit
die sleutel gedraai
ʼn kans gevat

my in die reën laat dans 
in maanlig gesoen
weer laat lag

jy’t my sonskyn geword
my jubellied
en lewenskrag

want liefde is ʼn keuse
het jy gesê
en ek kon my weeshart
sorgeloos
in jou arms lê

© C. Potgieter


Continue reading ...
 

Droogte in Suid-Afrika

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 3, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Eskulaap

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 3, 2015, In : Woord van die Week 
In hedendaagse woordeboeke word hierdie woord vir 'n geneesheer tereg as verouderd gemerk, maar dit neem niks weg van 'n staaltjie wat daarmee saamhang nie. Die benaming kom van Asklepios, die Griekse god van die geneeskunde. Sokrates, net voor sy dood nadat hy die gifbeker gedrink het, vra sy leerling Krito om 'n haan vir Asklepios te offer - sekerlik een van die mees ironiese oomblikke in die geskiedenis van die groot denkers. 
Continue reading ...
 

Die Blinde se geloof

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 3, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Vir Suzanne Krige

Maria gaan na Betlehem.
Sy trek alleen deur die woestyn.
Die blink bronsson brand uit die blou,
die skadukolle krimp en kwyn.
Sy dra die kindjie, vas en sterk
– net haar hart, van jammerte, beef.
Hy is so fraai, so lief . . . asof
’n lente in sy oë leef.

Die kind vra toe om water waar
Maria uitrus langs die pad.
“Vra nie om water nie, my lief.
Vra nie om water nie, my skat.
Want die riviere is troebel of
hul beddings droog, vol stof en sand.
Die blinkwit klippies in die spruit
skitte...

Continue reading ...
 

Mede: 'n Wet van Mede en Perse

Posted by Paul Joubert on Monday, November 2, 2015, In : Woord van die Week 
Mede: 'n Wet van Mede en Perse ('n wet of reël wat onder geen omstandighede verander of herroep mag word)

Medië was 'n antieke land van Wes-Asië (vandag Azerbaijan, Koerdistan en 'n deel van Iran) waarvan die inwoners in 621 v.C. die Perse oorwin en saam met die Babiloniërs Ninevé verwoes het. In 550 v.C. is die Mede deur die Persiese heerser Cyrus die Grote verslaan. 'n Kenmerk van die Mede en die Perse was die onverbiddelikheid van hulle wette, soos dit ook in die Bybelboek Daniël 6:8 ...

Continue reading ...
 

Korreltjie Sand

Posted by Paul Joubert on Friday, October 30, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Korreltjie korreltjie sand 
klippie gerol in my hand 
klippie gesteek in my sak 
word korreltjie klein en plat 

Sonnetjie groot in die blou 
ek maak net 'n ogie van jou 
blink in my korreltjie klippie 
dit is genoeg vir die rukkie 
Kindjie wat skreeu uit die skoot 
niks in die wêreld is groot 
stilletjies lag nou en praat 
stilte in Doodloopstraat 

Wêreldjie rond en aardblou 
korreltjie maak ek van jou 
huisie met deur en twee skrefies 
tuintjie met blou madeliefies 

Pyltjie geveer in verskiet 
liefde verkl...

Continue reading ...
 

Dit reën katte en honde

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 29, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Reën: Dit reën paddas en platannas (dit reën vreeslik hard)

Nederlands het gehad dit reën ou wywe met klompe, maar aangesien klompe onbekend in Suid-Afrika was, het die uitdrukking in onbruik geraak. Een van die gissings oor die herkoms rakende katte en honde is dat tydens swaar reënstorms dooie katte en honde in die strate afgespoel kom – en dat dit dan as maatstaf gebruik kan word om swaar weer te beskryf.

Maar dit klink maar bra dun. ’n Ander verklaring lui: In die Noorse kultuur h...

Continue reading ...
 

Leotard

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 29, 2015, In : Woord van die Week 
Jules Léotard was 'n franse akrobaat van die middel- 19de eeu, en hy het die eenstukdrag ontwikkel wat vandag so gewild is onder uitvoerende kunstenaars wat die een of ander sprong moet waag. Daar is rede om te vermoed dat Jules ook die sweefstok uitgevind het.

Dit is ook moontlik dat die liedjie The man on the flying trapeze, wat in 1860 gepubliseer is, na hom verwys. Hy is so ongeveer R900 per week betaal om sonder 'n vangnet bo die koppe van die eters in die Alhambra in Leicesterplein in L...

Continue reading ...
 

Gebed vir die siel

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 29, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

O Heer, neem my gelapte gees
hy’s vuil, besmeer, vol haat en vrees,
maak U my weer- en waansin stom
en laat U vrede oor my kom.

Ek’s, nietige gebroke mens
wat kniel hier voor die dood se sens,
mag U my vang en hou my vas,
tot ek ontbind tot stof en as.

Laat U my gees dan weer vry loop
oor hemelweë gevul met hoop,
en wanneer U my huistoe bring,
O Here, mag U Eng’le sing.

© Pieter F. Bruwer


Continue reading ...
 

Spinet

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 28, 2015, In : Woord van die Week 
Die spinet verdien meer aandag. Dit is, soos Sanders in sy boek dit stel; "...het slachtoffer van een taalkundig misverstand, dat minstens zo hardnekkig is als het misverstand dat de tram...is uitgevonden door Benjamin Outramway."

Die snare van die spinet word gepluk deur die punte van penne waaraan plektra vas is. Hierdie uitsteeksels word ook soms "dorinkies" genoem. Die Latyn vir doring is spina, en in talle bronne, ook die normaalweg konserwatiewe, betroubare Concise Oxford, word dus aange...

Continue reading ...
 

stralend (sonlag)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

stralend (sonlag)

lag-lag het die lente in my hart kom son
'kom son' - my wese laat blom
jasmyn, katjiepiering, skoenlapperbos...
wilde engelseroos vir my goue haredos…

son-son die koute verdryf
laggende strale blink bakkend op my lyf
laventel, tiemie, roosmaryn
die son lag glimmend in my tuin

sonlag het geluk gebring
ystervoël uit afrika blouselblou aanboord
son-en-lag , lag-en-son my hart tesaam
moment in goue sonstrale geraam

hand-aan-hand wandelend in son
liefde soos namakwalandse daisies, blom-blom...


Continue reading ...
 

Boikot

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 27, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Boikot: Iemand boikot (iemand ignoreer, uitsluit, nie ondersteun nie)

Dié uitdrukking verwys na kaptein Charles Boycott, in die laat 19de eeu ’n agent van graaf Erne, ’n groot grondbesitter in die graafskap Mayo in Ierland. Die Ierse Land League is in 1879 opgerig om die pagters teen uitbuiting van die grondeienaars te beskerm. Boycott was besonder ongenadig met die huurders en het hulle besittings gekonfiskeer as hulle nie die uitermate hoë huur kon betaal nie. Hy het ook geweier, ná t...

Continue reading ...
 

In my verloor

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 27, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

ek wil rooiwyn
uit een glas
saam met jou drink...
ek wil aarbeie
en room met my lippe
van joune af eet...
ek wil 'n bossie jasmyn
tussen jou ontblote
borste met my oë raam...

ek wil jou hande
in my vingers vervleg
elke kontoer af ets...
ek wil op die afdraai-
paadjies van jou naaktheid
kaal in jou bergpoele swem...
ek wil die maan en sterre
in die eindelose vlaktes
van jou sensualiteit...

in my verloor

© ENRiCUS


Continue reading ...
 

Zuma tel!

Posted by Paul Joubert on Monday, October 26, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Canossa

Posted by Paul Joubert on Monday, October 26, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Na Canossa gaan. Jou aan iemand onderwerp. (Go to Canossa. Go on hands and knees). Mindere onderwerp. 

Canossa is 'n dorp in Noord-Italië. In Januarie 1077 het die heilige Roomse keiser Hendrik IV van Duitsland na Canossa gereis om 'n oudiënsie aan te vra met pous Gegorius VII, wat in 'n kasteel aldaar gebly het. Keiser Hendrik is vroeër deur die pous uit die kerk geban en hy wou vergifnis kom vra. Hy het drie dae lank sonder hoed of skoene in die binnehof van die kasteel gestaan, en hierdi...

Continue reading ...
 

Aubade

Posted by Paul Joubert on Monday, October 26, 2015, In : Woord van die Week 
'n Geliefkoosde vasvravraag is: Wat is die teenoorgestelde van 'n serenade? Die aubade se naam kom van Provensaals aubada, afgelei van auba wat "môre" beteken, of Spaans albada, "Dagbreek". Die aubade is dus 'n oggendlied wat, volgens die Franse romantiese definisie, "onder die venster van 'n persoon gesing word. Die serenade is die aandlied, afgelei van Italiaans sereno wat "skoon hemel" beteken maar wat met sera, "aand", verbind word. 

Feite, Flaters en Fiksie
'n Opgaaf van die ware, die onw...

Continue reading ...
 

Lewenskeuses

Posted by Paul Joubert on Monday, October 26, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Met alle lewenskeuses
is daar voordeel en verlies,
daar’s heuwels
en daar’s dale
in elk afdraai wat jy kies.

By kruisings is geen opsie
om op meer as een te gaan
en die lewe laat die tyd nooit toe
om besluiteloos te staan
want “geen besluit”
is ook ‘n weg
wat na Visielose gaan – 
weens gebrek aan moed of insig
om ‘n nuwe weg te baan.

Al sou ‘n mens ook terug bly staar
en met wonde aan twyfel bly gryp
of met drome oor die ander weg
bly voortdryf in jou spyt – 

die afdraai paaie kom en gaan
en o...


Continue reading ...
 

Lotos - land

Posted by Paul Joubert on Saturday, October 24, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Lotos – land.
Opgedra met erkentlikheid aan Percival Gibbon.
“Let us swear an oath and keep it with an equal mind
In the hollow Lotus Land to live and lie reclined.” Tennyson
(1. Exodus)
Die osse stap aan deur die stowwe:
-Nie die osse van Jan F. Celliers,
Maar rooi Afrikaners en Mowwe
Van die voorste voortrekker, Naudé.

Die waens van Celliers was dit ook nie,
Want oom Neelsie se wa bly weer staan;
Praat nooit van sukkel en spook nie,
En daar voor kom die kaffers al aan.

Had Moses dit swaar met God...


Continue reading ...
 

Geroepe Volk

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 22, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Klein Boerevolk in die breë land 
wat hier geloftesterk jou stand 
teen stede van die wêreld staan, 
jy sal nie buk of ondergaan; 
veel smart, veel sterwe en verdriet 
het jou geroepenheid graniet 
tot Ararat van Afrika, 
Arkvesting wat Sy Volksdroom dra.
God is die Land waarop ons leun, 
God die Gestalte waarop ons steun.

Klein Witvolk in dié woeste land
wat teen die nagswart, Noorde wand; 
ras wat met tentwaens van geloof 
die kontinent se donker kloof; 
ras wat die blanke erfenis 
se laaste suiwer ves...


Continue reading ...
 

Galghuwelik

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 21, 2015, In : Woord van die Week 
Hulle het 'n galghuwelik aangegaan. Vroeër kon 'n misdadiger in Pole en Engeland die galg vryspring as 'n dame van goeie karakter haar, volgens 'n ou volksgebruik, bereid verklaar om met hom te trou.

Wat praat jy!
Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings
Johanna de Wet
ISBN 978-1-86919-388-1 

Continue reading ...
 

Jopie Fourie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 21, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Daar trek 'n koeël met spoed, met spoed
hy's nat van Afrikaner bloed
en smart die boodskap wat hy voer
hy kom uit Afrikaner roer
hy gaan deur Afrikaner hart
maar met die roue en die smart
bring hy steeds die hart se kragte oor
Slaap sag trou hart, so wreed deurboor
want trekkend, trekkend jaar en stond
sal steeds die koeël sy boodskap sprei
en waar hy tref, heel nooit sy wond
en wat hy tref, dit heilig hy.

© Jan FE Cilliers


Continue reading ...
 

Heksesabbat

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 20, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
'n Heksesabbat. 'n Groot wanorde / kabaal. (Witches' sabbath).

Die heksesabbat was 'n jaarlikse, nagtelike fees van die hekse onder aanvoering van die duiwel, onder andere op die Bloksberg in die Harzgebergte in Duitsland of op ander plekke soos die Mokerheide in Nederland. 

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Anton F. Prinsloo
ISBN 976-1-86890-101-2


Continue reading ...
 

Septuagint

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 20, 2015, In : Woord van die Week 
Vertaling van die Ou Testament uit Hebreeus in Grieks.

Uit die sept-deel van die naam blyk dit duidelik dat die syfer 7 iets daarmee te doene gehad het. Eintlik was dit 70, maar die naam mislei ook die dief aan die kers. Volgens 'n valse oorlewering is die vertaling deur 70 Joodse tolke gedoen (Latyn septem "sewe" + ginta "tiene"). Of deur 72 vertalers. Dit laat ou Joodse professors ook na hulle baarde gryp.

Volgens 'n ander oorlewering kom die naam van die Joodse Sanhedrin wat die vertaling g...

Continue reading ...
 

Die Spinnerak-rokkie

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 20, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

'n Feetjie het vir haar
uit spinnerak 'n doek vergaar;
'n rokkie wit as heuningwas
het sy toe aanmekaargelas.

Maar nouliks was dit om haar lyf,
toe kom 'n windjie, vlug en styf,
en met die uiting van sy sug
daar trek ons Feetjie deur die lug!

Haar maatjies staar haar treurig aan,
hoe sy hoog oor die bome gaan,
tot sy met heel haar rokkie fyn
daar in die verte glad verdwyn!

As jy 'n rokkie ooit besit
van spinnerak of iets soos dit,
pas op hoe jy jou dan verroer,
'n windjie mag jou glad vervoer!

© Eugène N. ...


Continue reading ...
 

Bobbejaansleutel (Bobbejaanspanner)

Posted by Paul Joubert on Monday, October 19, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
(skroefsleutel met verstelbare kaak.)

Die bobbejaan- in gereedskap is in vertaling genoem na 'n mnr. Charles Moncke, 'n Britse smid, of Charles Moncky van die VSA, wie se vanne skynbaar met monkey verwar is. Volgens een oorlewering het die Amerikaner sy patent vroeg in die 20ste eeu vir $2,000 verkoop en daarmee 'n huis in Williamsburg in Yew York-staat gekoop. 

Die naam van 'n mnr. Monk van Springfield, Massachusetts, word ook genoem - maar geskiedskrywers betwyfel al dié moontlikhede omdat d...

Continue reading ...
 

Doeksag Lente

Posted by Paul Joubert on Monday, October 19, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

doeksag het die lente
se geurige soet
my kom omvou...
ruik ek jasmyn, laventel
horende die "Piet-my-vrou"
vóélend haar hitte
wat my kombers...

ja, my
hart 'n vers
wat ék verstaan
dié weet...
daar's g'n mannetjie op daai maan...
as nét 
JY dit kón verstaan...

dié verlang
die vérlang

doen wat jy móét...
kombers my met begrip...
gryp dié dag...
laat die somer 
uit my vers blom...

net jy ja...
jy
kan namakwaland se oranje, geel, rooi...
se laggende dansende daisies
op my horison laat vlam
dié tokolosie
vir ewig...


Continue reading ...
 

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 15, 2015, In : Ons Geskiedenis 
Soos op 8 Mei 1996 aangeneem en op 11 Oktober 1996 gewysig deur die Grondwetlike Vergadering.

Een nasie, een wet

- AANHEF -

Ons, die mense van Suid-Afrika,
erken die ongeregtighede van ons verlede;
huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
respekteer diegene wat hulle beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vry verkose verteenwoordigers, hierdie Gron...

Continue reading ...
 

Munt (Geldstuk)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 14, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Genoem na die antieke Romeinse godin, Juno Moneta. Sy het oor die geldsake van die Romeinse Ryk gewaak en haar tempel was op Arx, een van die Kapitolynse heuwels om Rome, waar geld gemunt is. 

Haar bynaam Moneta is in die Oudheid as "die een wat waarsku" geïnterpreteer en dateer van die Galliese aanval op die stad onder aanvoering van die hoofman Brennus in 387 v.C. Die Romeine het hulle in die stad teruggetrek en gaan slaap. Die heilige ganse van Juno het hulle met hulle geraas gewaarsku dat...

Continue reading ...
 

Die Sterre skitter

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 14, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Die sterre se skitter
laat konfetti-woorde
neersif
staccato
een-vir-een
uur-vir-uur
soos dit deurmekaar
uit murg-en-been skeur en
n troosvuur
vir elke woord wat sif
neer
en
neer 
brand op n altaar
voor die kruis

© Heleen Malherbe


Continue reading ...
 

Nebukadneser

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 14, 2015, In : Woord van die Week 
(bottel met 'n inhoudsmaat van 15 liter)

Genoem na die Ou-Testamentiese koning van Babilon, Nebukadneser (c.630 - c.561) vC,  die gedugste heerser van die Chaldeeuse dinastie van Babilonië wat in die Bybelboek Daniël vermeld word. Die opera Nabucco van Guiseppe Verdi is op die verhaal van Nebukadneser gegrond. 


Continue reading ...
 

BALLADE: as jy dink jy's alleen

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 13, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

soms, sommerso
dink jy nog redes uit
waarom jou eie
drukkie-kry-dae
omarm-soentjie-dae
blommetjies in jou hare -
nie meer toepassing
op jou as individu
het nie

soms, sommerso
dink jy nog redes uit
waarom mense om jou
eerder na andere kyk
jou heeltyd ignoreer
die blom motief
op jou muurpapier
oud-modies en
argaïes is

soms, sommerso
sien ek die seer
lê diepdiep in jou oë
baie trane agter
die wimpers
van jou hartsdeure
dit uitroep in jou
body language 
smeek vir meer

soms, sommerso
word ouderdom
omskryf as relatief
nie va...


Continue reading ...
 

Tafelberg

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 13, 2015, In : Ken jy jou land? 
Tafelberg kan gesien word vanaf skepe wat tot 200km van die land af is. Dit is 1,086m hoog en 3km lank, en meer as 1,470 inheemse plantspesies kom daar voor. 

Die hoogste punt is Maclear se Baken (1,086m). 

Die berge weerskante van Tafelberg staan bekend as Duiwelspiek, Leeukop en Vlaeberg (Seinheuwel). Duiwelspiek se naam kom van die legendariese rookkompetisie tussen Van Hunks en die duiwel, wat geëindig het toe Van Hunks die duiwel buskruit gegee het om te rook. Ou Niek het dit geneem, en t...
Continue reading ...
 

Hoeveel sterre sien jy?

Posted by Paul Joubert on Monday, October 12, 2015, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Pulitzerprys

Posted by Paul Joubert on Monday, October 12, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
(toekenning vir prestasie in die Amerikaanse joernalistiek, letterkunde of musiek)

Genoem na die Hongaars gebore Amerikaanse koeranteienaar en -redakteur, Joseph Pulitzer (1847 - 1911), wat die fonds nagelaat het vir die prys wat reeds sedert 1917 toegeken word. Sy publikasie, die New York World, het stywe teenstand van William Randolph Hearst (1863 - 1951)  se New York Morning Journal gekry. 

Die daaropvolgende blatante sensasiebeluste berigte in albei koerante, veral oor die Spaans-Amerikaans...

Continue reading ...
 

536. Boerius: Sprokiestaf sê jy

Posted by Paul Joubert on Monday, October 12, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Vul my aande
met jou asem
giet my dae 
met jou lag
les my dorre siel woestyne
en my poelverdroogte smag
sodat oase weer sy groen sal vind
my paradys nogeens sy fleur
tot ‘n kruie vir verlange,
teen die skeidingskloof se seer.

Vul my visie
met jou oë,
omspoel gedagtes 
met jou kus
dat my bedelaar en swerwer
in ons stillewaters rus.

Skyn jou glimlag
oor my môremis
laat jou vingers
soos mos oor my groei
dat ons boorde weer
in Sprokiesland
se “gelukkig saam” kan bloei.

© Boerius

Continue reading ...
 

Joviaal

Posted by Paul Joubert on Monday, October 12, 2015, In : Woord van die Week 
Opgeruimd, blymoedig.

Hierdie betekenisse van joviaal is toe te skryf aan die astrologie: daar word geglo dat mense wat onder die sterreteken van die planeet Jupiter gebore is, goedgehumeurd en vriendelik is. Maar hoe kom die joviaal by die Romeinse god van die lug uit? Sy naam was vroeër Jovius sodat joviaal dus "betrekking hebbend op Jovius" beteken. Volgens astroloë is Jupiter die vriendelikste van al die geboorteplanete. 

'n Dief aan die Kers
(Skelm woorde deur die eeue)
Anton F. Prinsloo
IS...

Continue reading ...
 

Siembamba

Posted by Paul Joubert on Saturday, October 10, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
 In museums 
lê Bybels en gewere
onder stof vergete

en niemand gee om nie


met kaal voete oor ʼn berg
of iewers in ʼn wa se spore
lê ʼn dapper volk
in die veld verlore -
en niemand gee om nie

vir geboortegrond 
duur gekoop 
met goed en bloed
is ons diep verwond -
maar niemand gee om nie 

Lappiedy, lappieda 
ʼn erfenis is verstoot 
en Siembamba -
die kind is dood.

© C. Potgieter


Continue reading ...
 

Gedwonge alleen wees

Posted by Paul Joubert on Saturday, October 10, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Vier mure omvou my
kruip nader en nader
druk my keel toe
maak my benoud
dit word so koud

stilte sif oor my neer
soos ’n nat misgordyn
alleenheid vat my vas
spookgedaante in
’n stukkende jas

allenige eensaamheid
kom sit teen my vas
soos netels aan ’n jas
soek geselskap in ou foto’s
sit meneer sit net stil
dit sal jou wel later pas

breek hier uit
vlug hier weg
wat sal dit help
sleutel is verlê
geen duiwel
gaan jou ooit
enigiets sê

krap in ou laaie
vir gister se onthou
maar wat maak dit saak
as net die donker o...


Continue reading ...
 

Na Twee Jaar

Posted by Paul Joubert on Friday, October 9, 2015, In : Afrikaans: Kortverhale 

Ons moet egter onthou dat alle gebede nie dadelik verhoor word nie. Soms, om die een of ander goeie rede, laat God ons wag, miskien vir 'n maand, en soms vir 'n jaar of langer. Maar Hy vergeet nooit ons gebede nie; hoe Hy almal kan onthou, weet ek nie. Soms, lank nadat ons vergeet het dat ons vir 'n sekere ding gebid het,  kry ons daardie ding om ons te herinner aan Gods bedagsaamheid en liefde. 

So was dit in die geval van die vrou waarvan ek 'n tyd gelede gehoor het. Toe sy eendag by die hui...


Continue reading ...
 

Grieke vandag

Posted by Paul Joubert on Friday, October 9, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Hulle konings van goddelike geboorte
en oorvloed gode self het hulle eeue gelede
reeds in die steek gelaat. Goer as sekere soorte
lewensmoeë plante of diere het van hulle selfs hele stede

uitgesterf. Hulle hemele is tot museums geruïneer
vol vase, vol beelde, tot puintempels met altare
en allerlei brokke klip en tablette vir geleerdes
en mondaine toeriste uit die lande van die barbare.

In swart geklee sit verarmde bejaarde
vroue in klein tandelose groepies
voor die deure, mans met stoppelbaarde
sit op...

Continue reading ...
 

Hoe Jesus vir Tommie genees het

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 8, 2015, In : Afrikaans: Kortverhale 

Tommy was vir drie dae al in die bed, en nog kon niemand vasstel wat hy makeer nie. Moeder het verskeiemaal sy koors gemeet en gevind dat dit byna honderd-en-vier grade was; dit het haar ontstel. Tommy was die jongste kind, en almal was baie lief vir hom. 

Die dokter het hom kom ondersoek, en tog het niemand geweet wat hy makeer nie. Hy het Tommy se pols gevoel, met sy vingers op sy borskas geklop, en met die gehoorbuis geluister. Hy het Tommie se tong ondersoek, in sy ore gekyk, en ook in sy ...


Continue reading ...
 

Bluetooth

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 8, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Bluetooth ( handelsnaam van 'n standaard vir kortgolf draadlose verbinding tussen selfone, rekenaars en ander elektroniese toerusting).

Genoem na Harald Blatand (c.910-987), 'n Wikingkoning wat Denemarke en Noorweë met mekaar verenig het - dus simbolies van die elektroniese vereniging van toerusting. (Bluetooth is 'n vertaling van Blatand). 

Continue reading ...
 

Oktobermaand

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 8, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Oktobermaand

Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober:
die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
nog as ‘n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal.

D...


Continue reading ...
 

Vandag

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Vandag
skryf ek ongesproke woorde
wat windvlerke dra
oor stormseë
berge en teen die hemel uitstal

woorde wat opstapel
teen die hartsmuur

wat stippel teen lui sonstrale
waar skadu's rek

die dans van die dag

tussen groen bome deur
oor besige sypaadjies
tot die vingers
die vingers se koel
aanraking teen die vel
die boodskap wat jy indrink
die luister na die hart
wap pompend klop
ek het jou lief
ek het jou lief
ek het jou lief
ek
ek is jou dag

© Heleen Malherbe
Continue reading ...
 

Job

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Is ek dan Job
dat u my tart'met vloek en ongeluk
wil U dan als kom vat
tot al wat oorbly
ruines van my lewe
eens was:
net stof en as.
Aan Job alleen
mag sy nemisis nie vat
maar my gryp hy gulsig
sels my siel en gees
verteer sy gierigheid.

Is ek dan Job?
Vervloek, gedoem tot ongeluk?
Wys my dan nou Heer
dat U tog omgee
rys my soos Foenix uit die stof
om met arendsvlek
vry te sweef
vrede te vind
in als wat U beslis.

© Leon Forsman


Continue reading ...
 

538. Boerius: Swerwer van die veld

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

As liefde eers in jou hart
kom nes skrop
en soos ‘n lente blomtuin bloei,
bly beddings tog nooit vergete
selfs al sou die winter ryp
die son opsluit
en jou siel se vreugde skroei.

Dan sit jy op die voorstoeptrap
En wals met gister se skim
Om deur koggels van vervloë vreug
weer fleur in beddings bring.

As liefde dan eers in jou hart
kom stil word
en die droom in grys verwelk,
sweef jou siel
oor skemer misvlae
as die Swerwer van die veld


Continue reading ...
 

As die aandwindjie

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

as die aandwindjie
weemoedig kla en steun
herfsblare opwarrel
alles deels ontbloot

lê my lippe
skugterskaam
in jou bakhande
toegevou beskut

glimlag jy
tasbaar weifelende
want jy sien elke
traan in my oë

omklee jou liefdeswoorde
my gedagte herinneringe
in die silhoeëette
van jou naaktheid

© EnriCus


Continue reading ...
 

Amnestie

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Woord van die Week 
(kwytskelding van straf as gevolg van 'n misdaad opgelê).

Genoem na die moeder van die Muses, Mnemosune, die godin van die geheue of herinnering. Die toepassing is dat by amnestie alle skuld nie net vergewe word nie, maar teoreties ook vergeet word.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN978-1-86919-463-5



Continue reading ...
 

Ek wonder of jy soms

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Ek wonder of jy soms, wanneer
Die wolke soos galjoene seil,
Dink aan die helder dae, toe ons
Kon loop deur songedrenkte lande?
Want niks was daar wat jou en my
In daardie dae meer kon verbly
As om te sien hoe, een vir een,
Hul dryf oor goudgeblekte lande,
Met skaduwees vir ankers
Wat tastend oor die bosse sleep
En nuwe bodems peil -
ek wonder, as die wolke seil,
Sy voortgedryf deur frisse winde,
Of jy nog aan dié dae dink, 
O welbeminde?

© I.D. du Plessis 

Continue reading ...
 

Skerwe van Drome

Posted by Paul Joubert on Saturday, September 26, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

As drome eers
kom nesmaak in jou siel
en soos mos
op jou hart kom lê,
is die daeraadontwaking
die dor woestyn
se koggelskim
wat jou swerwerspad
in ‘n rigting dwing,die meerminsang
wat jou koors bepaal
en voor Edenspoort-
liederlik faal.

En as die stukkies
van jou lappieshart se skerwe
voor jou oë
die harde grond versier,
is tyd die enigste kruiebos
om jou gebroke gees 
weer te genees.

© Boerius


Continue reading ...
 

Sensus

Posted by Paul Joubert on Friday, September 25, 2015, In : Ken jy jou land? 
Die woord 'sensus' dateer uit die vroeë 17de eeu, en kom van die Latynse woord censere, wat beteken 'om te waardeer' of 'om te takseer'. Dit is ook die wortel van die Engelse woorde 'censor' en 'censure'. Die oorspronklike betekenis verwys na 'belasting', want in antieke Rome is die registrasie van die bevolking en hul bates gebruik om belastings te bepaal.

Die eerste amptelike sensus in Suid-Afrika is op 5 Maart 1865 in die Kaapkolonie gehou, volgens die bepalings van die Sensuswet wat die v...

Continue reading ...
 

Elf-en-dertig(ste)

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 24, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 

Sy het elf-en-dertig geite (sy het altyd 'n klomp nukke en grille). Sy het dit die elf-en-dertigste keer gedoen (sy het dit vir die soveelste keer gedoen).

In die Nederlandse wewersbedryf verwys dit na 'n kam met 41 (11+30) gange, waaroor die breedste en fynste linne geskeer is. sy klagtes was elf-en dertig en 'n kleintjie (hy het gedurig klagtes). Hy doen alles op sy elf-en-dertigste (hy doen alles dooierig en traag). 

Wat Praat jy!
Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklari...


Continue reading ...
 

Don Quixote

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 24, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Na A. von Chamisso

Nog 'n avontuur
wat my roem beloof!
Sien jy al dié reuse,
klaar om weer te roof?
Toringhoog, misgeskape;
as jy vinnig kyk,
is dit of die rakkers
net soos meules lyk!

Met verlof, heer Ridder,
kyk hulle stip maar aan.
Dit is blote meules,
wat daar draaiend staan.

Sien jy, arme domkop,
gapend waar jy staan,
al die ongediertes
vas vir meules aan?

Oogverblindery
mag 'n Kneg bedrieg,
maar 'n edel Ridder
kan g'n Reus belieg.

Met verlof, heer Ridder,
glo my dit is waar,
net opregte meules
op die bultjie ...

Continue reading ...
 

Pluis

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 24, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 

Alles is nie pluis nie. (Daar is êrens 'n skroef los. Nederlands pluizen = gladmaak). Hy is nie pluis nie (Hy is nie by sy volle verstand nie).

Ons sal die saak uit moet pluis. Voordat binneveer-matrasse gebruik is, is 'n matras gemaak deur 'n groot sloop (met die afmetings van die bed) met klapperhaar te vul. Na 'n paar maande was die klapperhaar platgelê. Dan is die sloop oopgemaak, die klapperhaar uitgehaal en stukkie vir stukkie met die hand losgemaak (uitmekaar getrek; gepluis) en weer ...


Continue reading ...
 

Die-aader-naait-deer

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 24, 2015, In : Afrikaans: Kortverhale 
Op 'n Junie-oggend in nege-en-veertig het ek en Klei'Gert Byl haastig elkeen 'n groot beker koffie weggeslaan en met karwatse ingeval agter die trop karakoele wat toe net van die werf af geroer was. Die oggendwindjie het skerp oor die swart Boesmanlandse vlaktes gesny, maar die hot-en-haar-lopery agter die agterskaap het ons gou warm gemaak.

Die Boesmanland het lankal meer geen lewe gehad nie. So ver as die oog kon sien, was die wêreld een swart dooie see van tot in die grond afgevrete graspo...

Continue reading ...
 

Veerpen Verse

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 24, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Die dag se reuse hand
waar sy vingers 
die son raak
bal sy vuis
om die son se strale
toe te vou
sprei 'n gryswit lig
egalig uit
voëls in gelid
weet dis tyd
om huis toe te gaan
wagtend loer die sterre
om die hemelhoek
die dag
die dag is moeg
en nestel knus
in die palm
van die ongesiene Hand

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 

Mark Shuttleworth (Eerste Afrikaan in die Ruimte)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 23, 2015, In : Ken jy jou land? 
Op 25 April 2002, toe Mark Shuttleworth in die Sojoes-ruimtetuig klim wat hom na die Internasionale Ruimtestasie (IRS) sou neem, het hy die eerste Suid-Afrikaner in die ruimte geword. 

Shuttleworth, 'n Suid-Afrikaanse Internetmiljardêr en die wêreld se tweede ruimtetoeris, is op 18 September 1973 in Welkom gebore en het in Kaapstad grootgeword. In 1995, gedurende sy finale jaar aan die Universiteit van Kaapstad, het Shuttleworth Thawte Consulting, 'n Internet-konsultasiemaatskappy, gestig. D...

Continue reading ...
 

Lied van Vryheid

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 23, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

O wanneer sal ons weer 
ons lied van vryheid sing;
ons helde hulde bring,
bereid wees om te veg
vir vryheid en vir reg;
weer volk wees fier en trots,
onwrikbaar soos ’n rots?

O wanneer sal ons weer 
ons volksverhaal vertel,
ons vryheidsdroom uitspel;
vereis om volk te wees,
te lewe sonder vrees;
nie meer die hoof te buig,
te trek in vreemde tuig?

O wanneer sal ons weer 
ons vryheidsvlag laat waai:
ons vaandels rond kan swaai,
in Boerwees ons verheug
weer vryheidvog kan teug:
laat ons steeds aanhou waak
tot God...


Continue reading ...
 

Lofsang van Debora

Posted by Paul Joubert on Tuesday, September 22, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Loof Jahweh!!!!

Hoor konings en vorste
die lied van my hart
wat ek tot eer van my Koning wil sing!
Hoor, o volk, die psalms en lof
wat my jubel siel
ons Verlosser wil bring!

Ja, Hy het die vyand
in sy regterhand begroet, 
met bewende berge
die dreiging ontmoet!

Soos kaf het hul moed
oor die velde verwaai,
soos ‘n Held het ons God
hulle linies gemaai!

Maar deur die hand van ‘n vrou-
moeder van die volk,
het ons Vors
Sy reddende dade vertolk.


Skrik wakker! Skrik wakker!
O sluimerende gees
en aanskou die verloss...


Continue reading ...
 

Daniel Hartman Craven

Posted by Paul Joubert on Friday, September 18, 2015, In : Ken jy jou land? 
Dr. Danie Craven (wat as Daniel Hartman Craven in Lindley gebore is) was 'n baie veelsydige rugbyspeler. In sy loopbaan van 16 toetse het hy in nie minder as vier verskillende posisies gespeel. Hy het as skrumskakel begin, en ses toetse in dié posisie gespeel. In sy sewende toets (teen Australië) is hy gekies as binnesenter, en die volgende week was hy weer skrumskakel.

In sy negende toets, op 26 Junie 1937, het hy losskakel gespeel teen Australië, en in sy volgende toets was hy agsteman, t...

Continue reading ...
 

Wie Sal?

Posted by Paul Joubert on Friday, September 18, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Wie sal?

Wie sal onthou as ons vergeet
en wie sal nog ons waarheid weet,
ons antwoord gee op al hul vrae,
onthou van al ons mooiste dae – 
die dieptes ken van al ons leed?

Wie sal nog praat as ons nou swyg
oor alles wat ons volk bedreig?
Hoe sal ons dan oorlewing vind
as ons nou nutteloos ontbind – 
gaan lê en net na asem hyg?

Wie sal kan sien as ons verblind
geen koers of rigting meer kan vind,
deur duisternis maal sonder lig,
met vensters toe en deure dig – 
net wegwaai soos die westewind?

Wie sal n...

Continue reading ...
 

Die Boenk

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 17, 2015, In : Afrikaans: Kortverhale 

Die Boenk

Die boenk is 'n nuwe dier: met 3 oë en 5 bene en dus altesaam 31 tone. Dit dra stewels wat dit se voete is teer. Die ore is lank en pesig en bedek met hare wat dien as skokbrekers of klankkussings want die geluide van die wêreld is te brutaal vir sy oordromme.

Sy ore is van meer nut, of dien as vlerke. Alhoewel die boenks lomp in die lug rondval is hulle geharde vlieërs. Hulle leef op land of in die water. Eintlik is hulle gek na water en dis glad nie verrassend om soms as jy jou h...


Continue reading ...
 

Vir Jou

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 16, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

VIR JOU

soms, moet jy
uitbreek, tas pak
en pad vat...
iewers weer mens
word waar jou hart
onbevange kån
asemhaal
jou oë wegraak

in panoramas,
vistas, kimme,
horison einders
waar laaste lig
in deinserigheid

mistig word
soms, moet jy
jou siel tyd gee
om vrede te vind
in stiller stiltes

waar jy jou eie
hartklop ritme
kan hoor
soms, moet jy
uitbreek, tas pak 

en pad vat...
iewers weer mens
word waar jou hart
onbevange kán
asemhaal

© EnriCus


Continue reading ...
 

Krieket broers op die Krieket veld (Hoeveel ken jy?)

Posted by Paul Joubert on Tuesday, September 15, 2015, In : Ken jy jou land? 
Broers

Phillip Hands
Reggie Hands


Tony Pithey 
David Pithey

Peter Pollock
Greame Pollock

William Richards
Alf Richards

Eric Rowan
Atholl Rowan

Stanley Snooke
Sibley Snooke

AB Tancred
Louis Tancred
Vincent Tancred


George Tapscott
Lionel tapscott


Dave Nourse
Dudley Nourse

Dan Taylor
Herby Taylor


Herbert Wade
Walter Wade

Peter Kirsten
Gary Kirsten

Albie Morkel
Morné Morkel

Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia
Dawid van Lill
ISBN 1-86872-927-3

Continue reading ...
 

Huilmooi

Posted by Paul Joubert on Monday, September 14, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

huilmooi
se trane...
lê omvou
in vioolnote
huiwerende
weerloos
skugter
broos

bittermooi
se skalkse
glimlag...
lê ingeklee
in bloumaan
ligstrale
wat flikker
skitter

snakmooi
se tongklap
lê verborge
in elke
sonsondergang
wat rooi-oranje
blos in jou
wasigheid

gebedsmooi
is sagste
woorde...
wat rolmaal
in jou hart
se gedagtes
hande vou
in stiltes

© EnriCus


Continue reading ...
 

Gimnasium (Skelm woorde deur die eeue)

Posted by Paul Joubert on Monday, September 14, 2015, In : Woord van die Week 
Plek vir liggaamsoefeninge en spierontwikkeling - In antieke Griekeland het die atlete in die openbaar geoefen, en ook in hul adamsgewade. In Grieks beteken gimnasium dus op 'n manier 'kaalnaelery', plek waar mense nakend oefen (uit Grieks gumnos "nakend"). Selfs die Amerikaners het dit geweet: toe van hulle geoloë 'n nuwe soort silikaat van magnesium in die Bare Hills, Maryland ontdek het, het hulle dit heel gepas gimniet genoem na die Engelse bare ("naak"). Ook in die viskunde het dié woo...
Continue reading ...
 

Skoenmaker (spreekwoord)

Posted by Paul Joubert on Friday, September 11, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
1. Skoenmaker se kinders loop kaalvoet. Vrygewigheid moet by die huis begin. (The shoemaker's son always goes barefoot). EIEBELANG.

2. Ek sal my skoenmaker aan jou kleremaker voorstel. Ek sal jou skop. (I'll give you a taste of my boot. SKOP.

3. Skoenmaker hou jou by jou lees! Bemoei jou met sake waarvan jy kennis het! (Let the cobbler stick to his last) BEMOEI.

Ontleen aan die oorlewering oor die beroemde Griekse skilder, Apelles, wat tydens die regering van Aleksander die Grote een van sy we...

Continue reading ...
 

Malverlief

Posted by Paul Joubert on Friday, September 11, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
ek wil ‘n baie baie
emosionele fliek
saam met jou kyk
ons beide mekaar
se trane af soen
betraand na mekaar
bly kyk, want die
tissues is te min
 
ons onsself oorgee
in die liefdestonele
se rou emosies -
en kan sien jy is
aangedaan, en jy my -
ek jou stywer in my
arms toevou, jou
in my liefde beskut
 
ek wil saam met jou
bly sit al is die movie
lankal klaar...
jy steeds tjank, omdat
tjank tjank is, ek steeds
in jou oë die mooiste
dinge bly sien, bly sê:
‘ek is so baie lief vir jou’

© EnriCus

Continue reading ...
 

Bitterbessie Dagbreek

Posted by Paul Joubert on Thursday, September 10, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
’n spieël het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

© Ingrid Jonker


Continue reading ...
 

Pekinees

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 9, 2015, In : Afrikaans: Taal 
(soort klein hondjie met 'n kenmerkende plat gesig en snorkgeluide). Genoem na die stad met die vroeëre naam Peking (nou Beijing) in China waar hulle meer as 200 jaar gelede geteel is. Hulle was die gunstelingtroeteldier aan die Chinese imperiale hof en die kleiner soort is dikwels in die mou van die keiser gedra.

Een frivole Engelse bron weet te beweer dat die brak uit die mou geloer het (Engels peek) en daarom Peek-i-neese genoem is. Die ras se bynaam Leeuhond kom van hulle voorkoms wat aan...

Continue reading ...
 

Amakeia

Posted by Paul Joubert on Monday, September 7, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
’n Voorval uit die Sesde Kafferoorlog

In die skadu van die berge,
Bos-beskut aan alle kant,
Staan alleen die hartbeeshuisie
Op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
Op die wal van Kei-rivier,
Tot hy slaap, die tere wiggie
Van die blanke pionier:

“Stil maar, stil maar, stil, Babani,
Kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie –
Stil maar, al is Mammie ver.”

Amakeia had belowe
Toe haar nonna sterwend was,
Om die hulpelose kindjie
Tot hy groot was, op te pas.

Liefd’ryk sor...

Continue reading ...
 

Suid-Afrikaanse Duikbote

Posted by Paul Joubert on Friday, September 4, 2015, In : Ken jy jou land? 
Suid-Afrika is die enigste Afrikaland wat duikbote besit en gebruik. SA se eerste drie duikbote is genoem: 1) SAS Johanna van der Merwe (na 'n jong Voortrekkermeisie wat 'n aanval op haar groep oorleef het), 2) SAS Emily Hobhouse (na die Engelse filantroop en maatskaplike werker in die Anglo-Boereoorlog); en 3) SAS Maria van Riebeeck (na die eggenote van Jan van Riebeeck, eerste Nederlandse kommandeur aan die Kaap). 

Die drie duikbote is later herdoop na: 1) SAS Assegaai; 2) SAS Umkhonto (isiX...

Continue reading ...
 

Oom Paul Staan Sterk

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 2, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
'n Eeu lank staan Oom Paul
sterk met sy luitenante
Terwyl die satan planne smee
met al sy swart gesante

Deur die dol demokrasie
die telerskompetisie
Wag hy daar geduldig
vir 'n nuwe rewolusie

Die Boere hys die Vierkleur
weer oor die duister hel
En die swart soldaat val agteroor 
soos Siener dit voorspel

In Pretoria brand 'n Lig
en ons almal kom daar saam
Op Kerkplein staan die Boerevolk
weer op in God se Naam!

© Advokaat Mila Fourie

Continue reading ...
 

Die Verhouding

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 2, 2015, In : Afrikaans: Kortverhale 
Op 'n manier het dit gewerk. Dit het net nie altyd so goed gevlot nie. Daar was genoeg gevoel, commitment ook, selfs die opregte begeerte om betrokke te wees. Ek sal die begin altyd as Desember onthou. Vir haar het dit vroeër al per brief begin.

Maar vir my was dit die einde van die jaar as almal op vakansie gaan. Die Transvalers, die biskoppe en die community workers. Selfs die struggle vat af en jy loop party van die activists op Sandy Bay of in die Brass Bell raak. Dis nou as y parkeerplek...

Continue reading ...
 

Waar was jy???

Posted by Paul Joubert on Tuesday, September 1, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Kan ‘n volkstryd soveel vra?
Hoeveel kan ‘n jong hart gee?
Kan ‘n volk in swye bly verduur
wyl die skadu’s in die middernag
gemeng in ongebore kinderlag
met skipbrekeling van trou
en onversplinterde hart,
in vasgekluisterde vlaktewinde-
blink oor ‘n eensaam wang skuur.
Kan ‘n kloof mense so vervreem
en hoeveel kan ‘n hok
uit ‘n siel uit pers?
Kan ‘n volk werklik apaties bly staar
wyl folter ure onbeperk
deur edel uurglas spoel
en die bose se koggelhoon
elke tikkende sekond
met Bosveldkoedoe ...


Continue reading ...
 

Dom Pérignon

Posted by Paul Joubert on Monday, August 31, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Dom Pérignon (beroemde sjampanje uit die stal van Moët en Chandon). Genoem na 'n Benediktynse monnik, Dom Pérignon (1638 - 1715), wat 'n belangrike bydrae gelewer het tot die produksie en gehalte van wyne in die Champagne-streek van Frankryk. Verskeie bronne skryf die uitvinding van vonkelende sjampanje verkeerdelik aan hom toe. Maar toe hy dit die eerste keer geproe het, sou hy gesê het: "Kom gou! Ek drink die sterre!"

Onder ander aansprake wat ook voor die waarheid sneuwel, is dat hy die...

Continue reading ...
 

Aan iemand spesiaal

Posted by Paul Joubert on Friday, August 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
ODE: aan iemand baie spesiaal

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
sterretjies
raam in
jou oë
die maan
goudgeel
uitgiet op
jou lippe

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
kosmos
vleg in
jou hare
jasmyn
weerloos
strooi oor
jou hals

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
minne-woorde
rym op rooiroos
kelkblaartjies
mier tonneltjies
bou om saplote
van elke traan
in my hand

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
my hart
offer op
jou lyf
se altaar
mirre salf
op jou sagte
hande

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
ghielem...


Continue reading ...
 

Suid-Afrika se Gholfmeesters

Posted by Paul Joubert on Friday, August 28, 2015, In : Sport 
GARY PLAYER -

In 1965 het Gary Player slegs die derde gholfspeler in die geskiedenis geword - na Ben Hogan en Gene Sarazen - wat al vier Grand Slam-toernooie (die Amerikaanse PGA, Die Amerkikaanse Ope, die Amerikaanse Meesters en die Britse Ope) kon wen. Player het die vier groot toernooi gedurende die volgende jare gewen:
- Britse Ope: 1959, 1968, 1974
- Amerikaanse Ope: 1965
- Amerikaanse Meesters: 1961, 1974, 1978
- Amerikaanse PGA: 1962, 1972

Hy het ook die volgende groot titels gewen:
- Wêreld...

Continue reading ...
 

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 27, 2015, In : Ons Geskiedenis 

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk

Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk, oftewel, oom Hendrik, is gebore op 27 November 1915 in Johannesburg en gaan vir die eerste keer skool op Heidelberg (Transvaal). Daarna het hy 12 ander skole besoek voordat hy in Standerd 6 vir goed klaar was met die skoolbanke.

Hy was dus nie 'n 'boek-geleerde' man nie, maar dit het hom nie weerhou om as Joernalis sy lewenservaring sy wysheid as nalatenskap vir die Boerevolk daar te stel nie. 

Hy sterf op 25 Desember 2010 ...


Continue reading ...
 

Kiekie (Foto)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 26, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Genoem na 'n Nederlandse fotograaf, Israël David Kiek (1811-1899). Sy van het in Nederland sinomiem geword met 'n pretensielose foto, die kiekie. Hy het in 1858 sy ateljee (en sy vrou en 9 kinders) tussen die stasie en die beroemde universiteit in Leiden ingerig en vir veral sy groepfoto's van studente bekend geword. 

Dit kon eintlik nie anders nie. Hy het die ekonomiese aanbod van drie albumportrette vir een gulde op hulle gemik. Die onderwerp van hierdie foto's was dikwels 'n klomp steieren...

Continue reading ...
 

Ostraseer

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 20, 2015, In : Woord van die Week 
Verban uit die gemeenskap. In antieke Athene is jy tien jaar lank uit die stad verban as jy geostraseer is. Die burgers het vergader en die name van mense opgegee wat na hulle mening 'n gevaar vir die stad ingehou het. As jou naam een keer te veel daar was, was die lang pad jou voorland. Die name is op 'n potskerf geskryf wat in Grieks ostrakon was. Ostraseer se letterlike betekenis was dus "op 'n potskerf geskryf".

Die Griek wat die stelsel ingestel het, was die staatsman Kleisthenes (c.570 -...

Continue reading ...
 

Snork (Boererate)

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 18, 2015, In : Boererate 
'n Persoon wat ly aan snorksiekte moet geensins swaar verterende kossoorte met sy / haar aandete geniet nie. Voedsel bevattende (a) stysel, byvoorbeeld aartappels - nie te veel nie, (b) proteïn - nie te veel vleis nie, want dit verteer swaar. Dus kan ons sien dat as daar te veel las op die spysverteringskanaal geplaas word, dan snork 'n mens. Te veel alkohol in die bloedstroom is die grootste sondebok en veroorsaak snorksiekte. Daarom moet 'n persoon nie te veel die elmboog lig voor slapenst...
Continue reading ...
 

Swanesang

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 18, 2015, In : Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom 
Iemand se swanesang. Iemand se laaste poging (Someone's swan-song)

Uit die jaar toet kom die bygeloof dat swane uitsonderlik mooi sing net voordat hulle doodgaan. Volgens die Griekse volksgeloof kondig die swaan wat aan Apollo gewy is, sy naderande dood met 'n lied aan. Plato en Aristoteles verwys al daarna, en Shakespeare noem dit ook. Daar is ook 'n ander bygeloof dat die siele van die dooies in swane beliggaam word, miskien omdat ook geglo is dat swane gestorwenes na hulle laaste rusplek ve...

Continue reading ...
 

Suid-Afrikaners en die Oscar

Posted by Paul Joubert on Monday, August 17, 2015, In : Ken jy jou land? 
Persoon - Rolprent - Jaar - Kategorie - Wen/Genomineer

Charlize Theron, Monster, 2004, Beste aktrise, wen

Ronald Harwood, The Pianist, 2003, Beste skrywer Rolprentdrama, wen

Justine Shapiro, Promises, 2002, Beste dokumentêr, genomineer

Stephen Goldblatt, Batman Forever, 1996, Beste kinematografie, genomineer

Stephen Goldblatt, The Prince of Tides, 1992, Beste kinematografie, genomineer

Ronald Harwood, The Dresser, 1984, Beste skrywer, genomineer

Cecil Kellaway, Guess Who's Coming to dinner, 1968, B...

Continue reading ...
 

Oscar (Hollywood Beeldjie)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 12, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Oscar (beeldjie wat elke jaar in Hollywood aan die beste presteerders in die jaar se rolprentoes toegeken word). Bloot toevallig genoem na 'n Amerikaanse koring- en vrugteboer, Oscar Pierce. Hy het minder as niks met die rolprentwêreld te doene gehad nie en het op sy plaas gesit, van sy stoep af geboer en niks en niemand gepla nie.

Sy niggie, Margaret Herrick, was die sekretaresse van die Akademie van Rolprentkuns en Wetenskap wat die beeld toeken. Toe sy die eerste keer die beeldjie in 1931 ...

Continue reading ...
 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 11, 2015, In : Ken jy jou land? 
Generaal Jan Smuts is in 1910 aangestel as Minister van Binnelandse Sake, Mynwese en Verdediging, en was verantwoordelik vir die opstel van die Verdedigingswet wat sou lei tot die stigting van 'n nasionale verdedigingsmag. 

Die Verdedigingswet is op 14 Junie 1912 aanvaar, en het voorsiening gemaak vir die Unie-verdedigingsmag, wat bestaan het uit 'n aktiewe burgermag, skietverenigings en 'n permanente mag. Dit het ook voorsiening gemaak vir 'n vliegkorps, 'n kusverdedigingsmag en 'n kaderkorps...

Continue reading ...
 

Harnas

Posted by Paul Joubert on Friday, August 7, 2015, In : Woord van die Week 
Om iemand die harnas in te jaag, is om hom briesend kwaad te maak. Die harnas was die metaalpak wat soldate in die ou tyd aangetrek het as hulle gaan veg. Die kopstuk het so 'n klap gehad wat die oë beskerm het en is 'n visier genoem, na Latyn visus "gesig" en in 'n ander vorm ook "sien". As twee van die geharnasde here mekaar teëgekom en die visier nie oopgemaak het nie, was dit 'n teken dat hulle mekaar gaan pak.

As een, of albei, wou wys dat hulle bedoeling vriendelik is, is die visier ge...

Continue reading ...
 

Kalkoen

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 5, 2015, In : Woord van die Week 
Die kalkoen het sy naam aan 'n pleknaam te danke. Oorspronklik is dit vernoem na die dorpie, Kalikoet aan die kus van Malabar in Wes-Indië, waar Kozhikode vandag is. Dit was die Kalikoetse haan, wat in 16de-eeuse Nederlands as die Kalikoetse hoen bekend gestaan het. Dit het mettertyd verslyt tot Kalikoen, en daaruit het ons woord kalkoen ontwikkel.

Die kalkoen het oorspronklik van Noord-Mexiko en die oostelike dele van die VSA gekom. Daarvandaan het dit oor 'n groot deel van die wêreld versp...

Continue reading ...
 

Oliekolonie

Posted by Paul Joubert on Monday, August 3, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Het  u al ooit gewonder hoekom daar 'n klokkie en die syfer 4711 op 'n botteltjie oliekolonie is? Daar was deur die jare al soveel gerugte dat dit tyd is dat die feite van die flaters geskei word. Die naam oliekolonie is eerstens 'n verbrouing van die Franse naam: Eau de Cologne, dit wil sê "water van Keulen", of Keulse water - soos dit dikwels genoem word. Die Franse leer het Keulen in 1794 beset. Hulle was verstom dat daar so 'n duisternis klein straatjies was - die plek was 'n doolhof. Om...
Continue reading ...
 

Suid-Afrika se langste riviere

Posted by Paul Joubert on Monday, August 3, 2015, In : Ken jy jou land? 
1.    Oranje Rivier 2340 km
2.    Limpopo Rivier 1600 km
3.    Vaal Rivier 1160 km
4.    Olifants Rivier 760km (sytak van die Limpopo Rivier)
5.   Tugela Rivier 520 km
6.   Pongola Rivier 440 km
7.   Mzimkulu Rivier 380 km
8.   Mzimvubu Rivier 320 km
9.   Caledon Rivier 315 km
10. Breë Rivier 310 km

Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia
Dawid van Lill
Zebra Pers
ISBN 1-868872-927-3

Continue reading ...
 

Nasionale Embleme

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 30, 2015, In : Ken jy jou land? 
Nasionale Embleem
Naam                              
Wetenskaplike Naam


Nasionale Dier            
Springbok                        
Antidorcas marsupialis

Nasionale Voël                                          
Bloukraanvoël                  
Anthropoides paradisia

Nasionale Vis                                            
Galjoen                            
Coracinus capensis

Nasionale Blom                                          
Reuse- of koningsprotea  
Protea cynaroides

Nasionale Boom     ...

Continue reading ...
 

Daalder

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 23, 2015, In : Afrikaans: Taal 
(vroeëre Suid-Afrikaanse bedrag van 1 sjieling en 6 pennies, 15 sent; afkorting van riksdaalder). Genoem na die dorp Joachimsthal, 'n dorp in die Erzgebergte in Noordwes-Boheme. Dit is in 1519 geslaan van silwer uit 'n myn daar naby. Die Joachimsthaler het kortweg die thaler geword, toe in Nederlands die daalder en in die VSA die dollar. Dit was ook 'n geldeenheid in Denemarke en Swede.

Die Engelse koloniste in Amerika het die woord gebruik vir die Spaanse mat, die 8-reaalstuk (Engels "piece ...

Continue reading ...
 

Prokrustesbed

Posted by Paul Joubert on Tuesday, July 21, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Op 'n Prokrustesbed lê. In 'n pynlike posisie wees waarin jy met geweld geplaas is. (Lie on the bed of Procrustes). SWAARKRY.

In die Griekse mitologie was Prokrustes 'n rower wat eers as Damastes bekend was. Die naam Prokrustes het beteken "uitrekker", want hy het sy slagoffers gemartel deur hulle bene af te kap as hulle te lank vir sy bed was, of hulle liggame met 'n hamer geslaan en gerek as hulle te kort was. Toe hy deur die Grieke gevang is, het hulle dieselfde marteling op hom toegepas.

S...

Continue reading ...
 

Dingane 1837

Posted by Paul Joubert on Friday, July 10, 2015, In : Ons Geskiedenis 
Neem die hart en die lewer van die Boerekoning en begrawe dit op die pad van die Boere. (Dingane, Zoeloekoning, volgens William Wood, 'n ooggetuie van die moord op Piet Retief en sy Voortrekkers in 1837.)

Sêgoed met Slaankrag
George Claassen
ISBN978-0-624-06318-6



Continue reading ...
 

Jammerlappie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, July 8, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Hy is net 'n jammerlap. (Hy is nie skoon op sy persoon nie.) Vroeër is 'n jammerlappie om 'n baadjiemou of hoed gedra, as teken van rou. ('n Swart band van lanfer.) Sy hou die jammerlappie gereed om vuil handjies af te vee. (Dis 'n lappie wat oorspronklik gebruik is om kindertjies se trane af te vee. Later het dit uitgebrei tot 'n afveelappie wat half-klam op 'n bord op die etenstafel gehou word om handjies en mondjies af te vee. 

Wat praat jy!
Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings...

Continue reading ...
 

Witbroodjie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, July 1, 2015, In : Woord van die Week 
Witbroodjie - 'n Witbroodjie. Iemand, veral 'n kind, wat vertroetel en verwen word. (A blue-eyed boy.) A favrourite / pet. Liefling. Wit brood is 'n fyner gemaak as growwe of bruin brood, en het ook altyd duurder gekos. Om iemand dus 'n witbroodjie te noem, beteken dat hy hoër geag word as die ander mense om hom.

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86890-101-2


 

Continue reading ...
 

Jacob Zuma, Februarie 2011

Posted by Paul Joubert on Monday, June 29, 2015, In : Só onthou ek Suid-Afrika 
"Wanneer jy nie vir die ANC stem nie, moet jy weet jy kies daardie man wat 'n vurk dra...As jy 'n ANC-lidmaatskapkaart het, is jy geseënd...Wanneer (Jesus) ons kom haal, sal ons vind hulle dra (in die hiernamaals) swart, groen en goud; die heiliges behoort aan die ANC."

Sêgoed met slaankrag
George Claassen
ISBN978-0-624-06318-6

Continue reading ...
 

Bohaai Maak

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 25, 2015, In : Woord van die Week 
'n Bohaai maak / opskop. 'n Lawaai veroorsaak. (Make a fuss. Cause a storm in a teacup.) Lawaai. Vroeër is gemeen dat die woord in die Bataafse hawens deur die Nederlandse matrose by die Javane gehoor is. Dié het naamlik as hulle 'n krokodil sien almal gewaarsku deur die Maleise naam van die reptiel, bohéa of bohaya of boewaja luid uit te roep. Dit was 'n vergissing omdat die woord reeds in 1573 in Nederlands opgeteken is, dus voor die reise na die Ooste.

Uit ander dialekte en tale is dit ...

Continue reading ...
 

Korte mette maak van iets

Posted by Paul Joubert on Monday, June 22, 2015, In : Woord van die Week 
Iets gou afhandel. (Give someone / something short shrift). Die mette in die Katolieke Kerk was die eerste deel van die oggendgebed. Die woord kom van Latyn matutinae preces, "môregebede" Die monnike het die gebede voor ontbyt  bygewoon (soms om middernag), maar gewoonlik om drie-uur snags wanneer 'n klok in die klooster die inwoners wakker gemaak het), en volgens oorlewering het hulle dan gehoop dat die voorste bidder net so honger of vaak soos hulle sou wees en die mette kort sou hou. 

Spre...

Continue reading ...
 

Stapelgek

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 18, 2015, In : Woord van die Week 
Stapelgek wees. Kranksinnig wees. (Be insane). Vroeër eeue kon ons taalvoorouers wel sê dat iemand so gek soos 'n stapel is, wat vandag nie meer sin maak nie aangesien die betekenis van stapel vir ons verlore geraak het. Die Nederlandse krekel "kriek" het eeue gelede saam met die sprinkaan ook as 'n stapel bekend gestaan. Om stapelgek te wees, was dus om rond te spring soos 'n kriek of springhaan (soos die insek in Nederlands bekend was). 'n Soortgelyke intensief wat nooit in Afrikaans posg...
Continue reading ...
 

Jazz

Posted by Paul Joubert on Wednesday, June 17, 2015, In : Woord van die Week 
Hy het 'n halleluja-gesig, maar jazz-voete. Hy is nie so vroom soos wat hy voorgee nie. Kreools: jazz = maak die spoed vinniger. Jazz is 'n soort Amerikaanse dansmusiek, wat uit sinkopasie, eksentriese klanke en Negerwysies ontstaan het. 



Continue reading ...
 

Barbie

Posted by Paul Joubert on Friday, June 12, 2015, In : Afrikaans: Taal 
(aantreklike pop met volwasse lyf en vervangbare klere en toebehore) Genoem na Barbara Handler, die dogter van Ruth Handler wat die pop in 1959 geskep het Sy het die sowat 28cm lange speelding die volle naam van Barbara Millicent Roberts gegee. Haar model was 'n Duitse pop, Bild Lilli, wat gebaseer was op 'n strokiesprentkarakter in die (intertyd) Wes-Duitse koerant, Bild Zeitung. Nie alle volwassenes was tevrede met die lyfie van die pop nie: Amerikaanse moeders het in 1958 in 'n voorproduks...
Continue reading ...
 

Pajamas - Nagklere

Posted by Paul Joubert on Monday, June 8, 2015, In : Woord van die Week 
Hierdie kleredrag is deur die Moslems in Indië gedra, is pai jamahs genoem en is daar deur die Europeërs ontdek. Dit was 'n wye broek wat by die middellyf vasgebind is. Maar oorspronklik kom die woord waarskynlik uit Persies paejamah, letterlik 'beenklere'. 

'n Dief aan die Kers (Skelm woorde deur die eeue)
Anton F. Prinsloo
ISBN978-1-86890-176-0

Continue reading ...
 

Theophilus Ebenhaezer (Eben) Dönges

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 4, 2015, In : Só onthou ek Suid-Afrika 

Theophilus Ebenhaezer (Eben) Dönges (Klerksdorp, Transvaal, 8 Maart 1898 – Kaapstad 10 Januarie 1968 was ’n Suid-Afrikaanse politikus, koerantman, advokaat en kultuurleier. Dönges was die seun van eerw. Theophilus Christiaan Dönges en Cornelia Hendrika Appeldoorn Cruywagen. Hy het in Kroonstad en Boshof skoolgegaan en het in 1915 aan die Hoërskool Robertson gematrikuleer. Hy is vir harde werk beloon met die Thomas Louw beurs en is gevolglik na die Victoria-Kollege waar hy ’n aktiewe...


Continue reading ...
 

Nepotisme

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 4, 2015, In : Woord van die Week 
Nepotisme - die onregverdige begunstiging van familie of vriende. Oorspronklik was dit net 'n witbroodjie van die pous wat begunstig is. Om die waarheid te sê, die Latyn nepotem het "kleinseun, nefie" (in die sin van broers- of susterskind) beteken en die pous se "nefie" was nie noodwendig familie nie. Dit was soms 'n buite-egtelike kind wat voorregte ontvang het om die moeder te laat stilbly. 

Verwant hieraan is simonie: Die koop of verkoop van iets suiwer geesteliks vir geld. Die gebruik wa...

Continue reading ...
 

Parnassus

Posted by Paul Joubert on Wednesday, June 3, 2015, In : Woord van die Week 

Sy wil Parnassus bestyg. Sy wil 'n digter word. Volgens Griekse mitologie die berg wat aan die Muse gewy is: die godinne van sang en digkuns. Die plek waar inspirasie gevind kan word. 

Wat Praat jy!

Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Saamgestel deur Johanna de Wet

ISBN  978-1-86919-388-1


Continue reading ...
 

Juliaanse kalender

Posted by Paul Joubert on Monday, May 18, 2015, In : Afrikaans: Taal 
(vroeëre tydrekening wat op 1 Januarie 45 v.C. van krag geword het). Genoem na die Romeinse veldheer, staatsman en skrywer, (Gaius) Julius Ceaser (100-44 v.C.), wat die tydsrekening ingestel het. Op daardie stadium was die Romeinse kalender drie maande agter die werklikheid. 'n Jaar vroeër het Julius die Aleksandrynse sterrekundige, Sosigenes, gevra om 'n oplossing vir die probleem te vind. Hy het voorgestel dat by wet gereël moes word dat die jaar voortaan uit 365 dae en 6 uur sou bestaan...
Continue reading ...
 

Stradivarius (Voortreflike Viool)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, May 13, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Genoem na die Italiaanse strykinstrumentmaker, Antonio Stradivari (c.1644-1737) wat die kuns van die maak van veral die viool, vervolmaak het. Hy was nog student by Nicolo Amati (1596-1684), meester van die pragtige en klankryke viole, toe hy in 1666 sy eie etiket op die produkte begin plaas het. Die Italiaanse lug het beslis iets ingehou, want Amati  was ook die leermeester van Andrea Guarneri (c. 1616-1698), ook 'n geniale ambagsman.

Stradivari het ook tjello's en violas gemaak. Daar is lank...

Continue reading ...
 

Mesmerisme

Posted by Paul Joubert on Friday, May 8, 2015, In : Afrikaans: Taal 
(Voorloper van Hipnotisme). Genoem na die Oostenrykse geneesheer en astroloog, Friedrich (Franz) Anton Mesmer (1734-1815), wat dierlike magnetisme ontdek het. Dit sou saam met ander geestelike magte later as mesmerisme bekendstaan. Die ontwikkeling van sy idees het ook in 1842 gelei tot die ontwikkeling van HIPNOSE deur die Skotse Chirurg, James Braid (1795-1860).
Mesmer se proefskrif van 1766 het oor die invloed van die planete op die menslike liggaam gehandel, maar is later beskou as plagiaa...

Continue reading ...
 

Abrakadabra

Posted by Paul Joubert on Friday, April 17, 2015, In : Afrikaans: Taal 
Abrakadabra (towerfurmule in driehoekvorm oorspronklik op perkament geskryf en om die nek gedra as afweermiddel teen siektes). Die vroegste optekening van dié formule wat bewaar gebly het, is dié in Latyn deur Quiintus Severus Sammonicus (c. 200 n.C.). Aanvanklik is dit net beskou as 'n geheime magswoord van die gnostiese sekte van Basiliedes (c.125 n.C.). Later is dit toegeskryf aan Grieks Abraxas, die naam van die oppergod van die Basilidiane, en dit is dus as 'n uiters kragtige woord bes...
Continue reading ...
 

Slagtersnek

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 11, 2014, In : Afrikaans: Gedigte 

SLAGTERSNEK

 Long Hope, Distrik Somerset-Oos, 

 Oos-Kaap, 9.3.1816

 

O Slagtersnek, o Slagtersnek!

Hoekom moes ons soos diere vrek?

Vyf toue hang op ‘n Britse galg -

Die blote gedagte laat my walg.

Vir wie’s die galg nou opgerig?

Britse prooi stap staderig.

Wie moet deur hul trane kyk?

Hul dierbaars wag in die modder en slyk.

Wie staan daar rustig, kalm en edel?

Sal Englands offers ook nog bedel?

Die stroppe word om hul nekke gesit,

Die teken gegee, die dood ontbied!

‘n Ma het God om redding gesmeek:

Di...


Continue reading ...
 

Myne!!

Posted by Paul Joubert on Monday, November 25, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Love hy is mos blind

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 27, 2013, In : Afrikaans: Gedigte 

oraait young lovers, nevermind

Young lovers, nevermind

Love net young lovers

Moenie care nie,

Kos alles ko tog op 'n end

Life?

'Is 'n sinkplaat ma, 'it word yt gepluk

Easy.

Deurie bulldozers of assie wind ruk

So love young lovers 

Love ma net

Love ma net en moenie care nie

Love ma net en nevermind

Love hy is mos blind. 

Adam Small



Continue reading ...
 

Die Kinders soek boeke!

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 27, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Sabbatsjaar

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Woord van die Week 

Waar kom die woord Sabbatsjaar vandaan? Verlede jaar was vir hom 'n Sabbatsjaar (Sabatical). Dit was 'n rusjaar. In Ou-Israel was die sewende jaar 'n rusjaar.

Wat Praat jy!

Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Saamgestel deur Johanna de Wet

ISBN  978-1-86919-388-1


Continue reading ...
 

Ballade op die Dronkparty

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Jou oë sing 'n ou verhaal

Van goud wat teen die reënboog lê;

en sal jou lippe teen my lip

'n onvertelde teerheid sê?

Pols jou vingers aan my pols 

Die boodskap wat die bloed begryp?

Van wildebessies ryp.

Wie het die ronding van jou vlees

So soepel om die been gedraai?

En watter heuwels en vallei

Die wit mis van jou tabberd toegewaai?...

Een het my om haar lag verlei,

Een, om haar trots, versaak;

En ek, tussen verwyt en leed,

Al dronker aan die drink geraak...

Die liefde is die bitter glas,

die droë glas...


Continue reading ...
 

Comrade Vavi soek Naakte Waarheid

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Pleknaam Veranderinge sedert 1994

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Ons Geskiedenis 
Ek kyk elke aand die weer..dan sukkel ek my moer af om te onthou waar Emgwenya is. Of eMakhazeni. So, ek pos die ou en nuwe name vir julle wat soos ek, nog die ou name onthou. Of is dit net ek wat sukkel om die nuwe name te onthou? Miskien omdat mens dit so min gebruik of daar kom, dat dit nie insink nie.

http://www.myvolk.co.za/dorpsname-1980-vs-2010.php

Continue reading ...
 

Die Calvanistiese Afrikaner

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Ek wonder of jy Soms

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 24, 2013, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek wonder of jy soms, wanneer 

Die wolke soos galjoene seil

Dink aan die helder dae, toe ons

Kon loop deur songedrenkte lande?

Want niks was daar wat jou en my

In daardie dae meer kon verbly

As om te sien hoe, een vir een,

Hul dryf oor goudgevlekte lande,

Met skaduwees vir ankers

Wat tastent oor die bosse sleep

en nuwe bodems peil -

ek wonder, as die wolke seil,

so voortgedryf deur frisse winde,

Of jy nog aan dié dink, 

O welbeminde?

Izak David du Plessis



Continue reading ...
 

Belhar Belydenis

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 24, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Afrikaanse Erfenis en Kultuur

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 24, 2013, In : Redaksioneel 

Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek beskryf Erfenis as 'n nalatenskap. Wat is in ons murg en been wat ons van vorige geslagte geêrf het. Wat van ons Afrikaner ouers, groot ouers en groot groot ouers van geslag na geslag oorgedra is. Geleef is. Gepraat is. Gespeel is. Gehuil is? 

Maar 'n nalatenskap is nie net wat uit die verlede saam met ons lewe nie. Dit is ook wat ons saam met ons kinders se kinders, tot in die derde en vierde geslag (soos die Bybel sê) stuur sodat dit kan voortleef - "d...


Continue reading ...
 

Die Swakheid van die Vlees

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 24, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

In die oorlog was daar twee soorte verraaiers sê oom Basjan: die selfgemaaktes en die geskapenes. Oom Schalkie was so 'n skepsel. Hy het dit nie geweet toe die moeilikheid begin het nie, of anders sou hy seker maar 'n ander skeet uitgedink en by die huis gebly het, soos daar oorgenoeg dié-sulkes was. Ons Vrystaters had laas in '65 'n veldtog, teen die Basoeto's, en toe was dit nie vir oom Schalkie nodig om te gaan veg nie. En dit was al '99 toe die Ingelse gekom het. 

Toe die oproep uitgaan,...


Continue reading ...
 

Gesinsmotor vir Zuma

Posted by Paul Joubert on Friday, August 23, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Van die Seuns Offisier

Posted by Paul Joubert on Friday, August 23, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Hy stap stadig, nie moeg nie, na sy tent toe. Dit moes kort tevore gereën het, want die stoom slaan uit die wit sand op en hy loop dit en geniet. Die makalanipalm langs die tent se blare blink hoog op aan die stele, swaels duik uit die droë blare  teen die stam uit, swiep laag oor die grond en gaan sit teen die snaarstywe tenttoue om hul vere te kam. By die tent haak hy die flap los, vou dit om en staan terug.

DIe outomatiese geweer wat rustig oor sy linkerskouer gehang het, vat hy in albei ...


Continue reading ...
 

Wys my die Plek - C. Louis Leipoldt

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 22, 2013, In : Afrikaans: Gedigte 

Wys my die plek waar ons saam gestaan het, 

Eens, toe jy myne was -

Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die silwer see

Blink in die sonskyn, soos lang verlee

Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet

Vir ons liefde wat uithou as alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,

eens, toe jy myne was -

Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,

Lag soos voorheen op my en op jou;

Di...


Continue reading ...
 

Angie Motshekga

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 22, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Trots Afrikaans

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 22, 2013, In : Spotprente 


Continue reading ...
 

Waar kom die woord Rubicon vandaan?

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 22, 2013, In : Woord van die Week 
Hy het die Rubicon oorgesteek. Hy het 'n onherroeplike stap geneem. Die Rubicon is grensrivier tussen Italië en Gallië waaroor Julius Ceaser in 49 vC getrek het. 

Continue reading ...
 

As die Volk praat

Posted by Paul Joubert on Monday, August 19, 2013, In : Redaksioneel 

As die Volk praat

Raaiiit. 

Die Volk het gepraat. En my liewe swart broers - dankie dat jul, vir eens, nie net aanvaar wat in julle kele afgedwing word nie. Want Saterdag moes ons vir Nasionale Trots en Oom Madiba die ENB stadium in Soweto, met 'n kapasiteit van 94,736, volgepak het. Met gemak. Sonder sukkel. Maar dit was nie 'n 'freebie' nie. Jy moes betaal. 

Realiteit is - net meer as 40,000 het sokker gekyk - en net meer as 30,000 (32%) het rugby gekyk. Nou, ek is nie Siener van Rensburg nie,...


Continue reading ...
 

Die Grensoorlog 1966 - 1989

Posted by Paul Joubert on Friday, August 16, 2013, In : Grensoorlog 1966 - 1989 
"...For All Those Who Fell heeding the Call of Their Country...including those whose names are not on the Feedom Park Wall. So We May never forget the Dearly Fought Freedom of all Ideologies, Credos, and Cultures and their Respective contributions to our rich South African Heritage..."


"
Continue reading ...
 

Gustav Gaan Speel

Posted by Paul Joubert on Friday, August 16, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Die manier waarop ek hom ontmoet het, moes my gewaarsku het dat dit moontlik is. Maar dan ook slegs dat dit moontlik is. Die hoe ek Pieterse leer ken het: Hulle was besig om 'n sloot te grawe, reg voor my huis. Maar naweke werk die slootgrawers nie. Hulle het hulle uitgrawing net so gelaat, darem met tekens omhein om te waarsku dat die volgende vyftig tree net eenrigting verkeer kan dra.

Skielik gebeur dit toe die Saterdagmiddag. 'n Bus en 'n motor kom staan kop aan kop in die bottelnek en alt...


Continue reading ...
 

Voëls

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 14, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

..en waar daar eers vlees was, is nou net woord...

Daar was die huis van my ou vader aan die bo-ent van die dorp teen die eerste skotigheid, tussen rietbosse wat kletterend die voëls probeer afrskrik. En ander bome met donkergroen lower en net so groen die spatsels en gleuwe skaduwee. Teen die effe-geel mure van die regop huis, baie hoë stoep voor al met die huis se lengte, bank agter blikplante op die stoep, my ou vader kroes op die bank in die lawwe herfsson. Voëls oral, 'n swermerasie va...


Continue reading ...
 

'n Koeël vir 'n Klou

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 7, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Tussen Freek de Jager en sy uitsig oor die pan hang 'n spinnerak. Om sake te vererger, bly sit die groot, bruin spinnekop roerloos in die middel, soos 'n vleuelmoer wat daar vasgeroes is. Ook die wind wil nie volkome sy bondgenoot wees nie, waar wel uit die rigting wat sy teenwoordigheid in die boom nie verraai nie, maar roer die takke en trek aan die ankerdrade tot die spinnerak soos 'n oogpêrel sy korrel belemmer. Maar hy't gekom om wraak te neem vir die dood van sy seun en vertrou die win...


Continue reading ...
 

Die voorgeskiedenis van die mens in Afrika

Posted by Paul Joubert on Monday, July 29, 2013, In : Ons Geskiedenis 

Navorsers na die oorsprong van die mens is dit vandag feitlik eens dat die menseras in Afrika ontstaan het. Die versameling van die getuienis om dié opvatting  te staaf en die bekendmaking daarvan aan die wêreld het 'n enorme bydrae tot die 20ste eeuse wetenskap gelewer. Die ontdeking, in 1924 - van die eerste deurslaggewende fossielgetuienis - die Taung-skedel uit Suid-Afrika - is trouens sestig jaar later in 'n vooraanstaande Amerikaanse tydskrif beskryf as een van die twintig wetenskapli...


Continue reading ...
 

Pandora

Posted by Paul Joubert on Sunday, July 21, 2013, In : Woord van die Week 
Moenie Pandora se kissie oopmaak nie. Moenie iets begin wat 'n rampspoedige gevolg kan hê nie. Volgens mite was Pandora die eerste vrou wat deur Zeus na die aarde gestuur is, met 'n kissie vol kwale en gawes. 

Continue reading ...
 

Liefde is sterker as Plastiek

Posted by Paul Joubert on Sunday, July 21, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Hulle het almal in een huis gebly. Die meisies was jonk, in hul vroeë twintigerjare. Die winkelpop was 'n man, uit plastiek vervaardig en aanmekaargesmelt deur 'n masjien. Die Here het hom nie geskape nie.

Dis eintlik 'n snaakse verloop van omstandighede wat daartoe gelei het dat die meisies en die winkelpop saam in een huis woon. Maar die basiese gedagte, die eenparige besluit wat die twintig vriendinne geneem het voor hulle gesamentlike intrek was dit: die alledaagse lewe het vir die vrou a...


Continue reading ...
 

Die Jonkmanskas

Posted by Paul Joubert on Saturday, July 20, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Die Jonkmanskas

Die eerste keer dat hy dié woord gehoor het, was by sy vriendin, Iris. Dit was op 'n Sondagmiddag aan etenstafel nadat Stoffel, haar middeljarige broer, se gebooie die oggend in die kerk gelees is. Mamfi, hulle moeder, het aan die punt van die tafel die ietwat rumoerige geselskap vir 'n oomblik onderbreek en eers die seën gevra. Toe sy "Amen" sê, het Helena, Iris se hubare dogter wat langs die glimlaggende verloofdes gesit het, vir Koos gevra: "Mag ek vir jou inskep?" Hy het...


Continue reading ...
 

In Vino Veritas

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 18, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

In vino Veritas

Verlede nag het my gees weggeloop Boland toe. Miskien loop jy hom raak, iewers tussen Stellenbosch en die Paarl. In 'n wynwingerd, in die son. Want dis parstyd in die wynland. Nou dat die jaar ryp geword het. Die wind en goeie weer en son het die trosse tot bekwaamheid begenadig - to parsbaarheid gesuiker in die oop hart van die sanderige aarde. 

Nou kom die hande van mense  en die ratte van masjiene en stroop die wingerdstokke van hul vrug. Rooi Pinotage. Wit Steen. Hulle is di...


Continue reading ...
 

Padpredikant

Posted by Paul Joubert on Wednesday, July 17, 2013, In : Woord van die Week 
Hy volg die padpredikant se aanwysings. Hy volg die aanwysings op die borde langs die pad. Daar word skertsend na dié bordjies as prediante verwys, omdat hulle die weg aanwys, maar dit nie self gewandel word nie. 

Continue reading ...
 

Ontsnapping

Posted by Paul Joubert on Sunday, July 14, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Die hoof van die gevangenis sit by sy groot lessenaar. Agter hom hang die landsvlag. Oorkant hom sit die assistent-hoof en berekeninge doen. Dit is teltyd en die syfers klop nie. Elke dag, voor die dissipline-lede wat dagskof gewerk het, kan huis toe gaan, moet daar getel word om te sorg dat al die gevangenes in die selle is voordat daar met die meestersleutel gesluit kan word.

"Een kort," sê luitenant Vermooten die tweede maal. "Laat hulle weer tel." Majoor Korg is nie bekommerd nie. Dit geb...


Continue reading ...
 

'n Hart vir hierdie Land

Posted by Paul Joubert on Saturday, July 13, 2013, In : Redaksioneel 

"...Op U almag vas vertrouend, het ons vadere gebou: skenk ook ons die krag, o Here! Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly: Knegte van die Allerghoogste,teen die hele wêreld vry. Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie, sal dit wel wees, God regeer..."

Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. Is dit nog relevant en van toepassing in Suid-Afrika in Julie 2013? Het ons beweeg van waar 'n gro...


Continue reading ...
 

Koos Crous se hawerland

Posted by Paul Joubert on Thursday, July 11, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 
Dit was nog sommer vroeg die more toet ons op Morriesberg aankom. En is die dorpie dié more van de mense! "Dit moet Nagmaalnaweek wees, " sê Herklaas. "Kyk net de waens en de karre!"

"Vendusie", se ou Kemeel. "Morriesberg is mofskaapwêreld en so dié mense vendusie kin hou is nie maklik nie." Ewentewil, ons wag nog aan't ietspanne oener 'n soetdoring hier eenkant, waar die tennisbane en dinge vandag daar is, toe staan 'n paar jong kêrels nader. Nader gestaan, en ek siet hier iet die kant v...

Continue reading ...
 

Soontjie

Posted by Paul Joubert on Tuesday, July 9, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Soon Pieterse het ses gehad, en van hulle het vyf met oop bekke geloop. Die enigste een wat gebore in staat is en hou haar bekkie toe, was die tweede jongste mooietjie. Sy't ook later standerd ses gemaak.

Die ander vyf was so dom soos klippe en almal met dié oop bekke. Seker edenoids, sê Veldsman my, en die goed moet seker soos hamme aan die bloedjies se verhemelte sit. Maar gekyk het ek nooit, al het dit gelyk of hulle nie kon asem kry nie. Hulle was kort op mekaar, want Soon het nie gespee...


Continue reading ...
 

Kniehalter

Posted by Paul Joubert on Wednesday, April 24, 2013, In : Woord van die Week 
Sy swak gesondheid kniehalter hom. Dit verhoed dat hy sy werk kan doen. 'n Kniehalter is 'n halterriem waarmee die kop van die perd net bokant of onderkant  die knie van een van die voorpote met 'n bepaalde slag vasgemaak word, sodat daar 'n verbindingstuk tussen kop en knie is. Wanneer die been gestrek word, word die kop af getrek, en wanneer die kop opgelig word, word die been op getrek. Die dier kan dus wei, maar sy beweging word in so 'n mate beperk dat hy nie vryelik kan rondhardloop nie...
Continue reading ...
 

Vir God en Vaderland

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 4, 2013, In : Ons Geskiedenis 

In 1914 se tragiese botsing van broer teen broer sterf Jopie Fourie voor 'n vuurpeleton en word feitlik 'n legende onder sy mense.

Nie altyd 'n mense se lewe en werk nie, maar dikwels sy sterwe verseker sy onsterflikheid in die hart van 'n volk. So 'n man was Jopie Fourie. As daardie skote nooit op 20 Desember 1914 se Sondag môre in die Sentrale Gevangenis te Pretoria geklap het nie, sou hy waarskynlik soos vele ander maar net nog 'n treffende voorbeeld van 'n uiters pligsgetroue burger, toeg...


Continue reading ...
 

Arbeid die sleutel tot Afrikaner Vryheid

Posted by Paul Joubert on Friday, March 15, 2013, In : Redaksioneel 

Afrikaner, luister!

Een honderd jaar gelede het die Afrikaner volk hom presies bevind – soos nou! – in die buitebaan van die Suid-Afrikaanse ekonomie en politiek. Die “keiser” was toe Ingels en nie “Zoeloe” nie. Feit bly staan – ons was oorgelaat aan ons eie lot. Hoewel daar baie verskille is tussen toe en nou, is daar net soveel ooreenkomste wat getref kan word.

Die Afrikaner bevolking was hoofsaaklik “boere” – wat moes terugkeer ‘na afgebrande plase, sonder vee en ...


Continue reading ...
 

Die Wonderwerk van Bloedrivier

Posted by Paul Joubert on Wednesday, March 13, 2013, In : Ons Geskiedenis 

Andries Pretorius slaan die herhaalde aanvalle van 10,000 geoefende en dapper Zoeloekrygers af en laat een uit drie van hulle sneuwel. 

Andries Pretorius se roem as veldheer berus in die eerste plek op sy skitterende oorwinning by Bloedrivier. Die oorwinning wat hy hier behaal het, is sonder weerga in die militêre geskiedenis van Suid-Afrika. In geen ander veldtog het daar aan die een kant so veel en aan die ander so weinig gesneuwel nie - 3,000 Zoeloes teenoor nie 'n enkele Voortrekker nie. ...


Continue reading ...
 

Die Grensverhaal

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 5, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

"Grensverhaal"

 Ek was op die Grens (90 dae ononderbroke opleiding) toe sy tussen 18h00 en 19h00 die aand van 1 Augustus 1983 dood is. Sy was 24 jaar oud. Ek het dikwels aan mense gesê sy is "my beste vriendin."

Sy was die eerste vrou aan wie se borste ek gevat het. Ek was toe negentien. In die sowat agttien maande wat ons "uitgegaan" het, wou sy nie hê ek moes haar penetreer nie. Sy was 'n maagd toe ek in Augustus 1979 met haar "uitgemaak" het. Ek het die operasionele gebied in 1982 tydens '...


Continue reading ...
 

Swart-Ys

Posted by Paul Joubert on Thursday, February 28, 2013,

Ná twee maande van swerf in Europa het Jean-Jacques vermoed dat hy eensaam is, en sy spieël het dit bevestig, want verwaarlosing is 'n neerslag van eensaamheid. Sy oë het gedra na 'n rustelose nag, en daar was 'n geel puisie tussen sy baardstoppels. Jean-Jacques het hom teruggetrek, bang om deur sy eie beeld besoedel te word, maar gou teruggekeer, met die perversiteit van 'n misdadiger, en dié keer so naby aan die glas gekom dat daar 'n waas tussen hom en sy mooi asketiese gesig was. 

Jean...


Continue reading ...
 

Kappiekommando

Posted by Paul Joubert on Wednesday, February 27, 2013, In : Woord van die Week 
Was jy ook lid van die kappiekommando? Was jy ook een van die groep vroue wat met 'n bepaalde doel voor oë saam opgetree het? Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het 'n groepie vrouespioene die Geheime Diens van die Boere bygestaan. In haar boek verwys Johanna Brandt na hierdie vroue as die Kappiekommando.  
Continue reading ...
 

Kaparra

Posted by Paul Joubert on Saturday, February 16, 2013, In : Woord van die Week 
Moenie so agter my loop en kaparra nie. Gesê wanneer 'n kind agter jou aanloop en neul oor iets.  
Continue reading ...
 

Afrikaans o mooie taal!

Posted by Paul Joubert on Wednesday, February 13, 2013, In : Afrikaans: Taal 

'n Feit soos 'n Koei! (deur Leipold Scholtz) 26 Desember 2012

Wanneer daar oor die voortbestaan van Afrikaans gepraat word, is dit ook goed om na Internasionale voorbeelde te kyk. Leipold Scholtz het 'n konferensie oor minderhede in Den Haag bygewoon en doen verslag oor 'n paar opmerklike gevolgtrekkings. Suid-Afrikaners is, moontlike weens hul geografiese en geestelike afgesonderdheid, maklik geneig om hul eie probleme as uniek te sien. Wat dit nie is nie. Neem nou maar die posisie van Afrika...


Continue reading ...
 

Hare op sy Tande hê

Posted by Paul Joubert on Saturday, January 19, 2013, In : Woord van die Week 

HARE OP SY TANDE Hê

(Baie deursettingsvermoë en durf hê)... Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verter te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe grotendeels verberg het, sodat dit gelyk het asof daar hare op hulle tande is. Dit het die vyand...
Continue reading ...
 

Die Erfenis van Ons Vaders...

Posted by Paul Joubert on Saturday, September 1, 2012, In : Ons Geskiedenis 

Dinsdag, 30 Mei 1961 het Ds. P.J Jordaan van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Drie Riviere die feesprogram by Laerskool Drie Riviere (geleë te Limpopo straat) geopen. Die feesprogram was die inhuldiging van die gedenkteken wat opgerig is op die skool se terrein, ter viering van die Republiekwording van Suid-Afrika, wat die volgende dag sou plaasvind. 

Sy tema "Die Erfenis van ons vaders..." was heel gepas, en hy het uit die Bybel aangehaal uit 1 Konings 21 verse 2 - 4. 

"...Agab het met ...


Continue reading ...
 

Grasweduwee

Posted by Paul Joubert on Sunday, August 26, 2012, In : Woord van die Week 

...Grasweduwee.  Die uitdrukking het oorspronklik verwys na 'n ongetroude vrou wat meer as een man intiem onthaal het. Die vermoede is dat dit buite  in die gras was, eerder as in die wettige huweliksbed. Maar die eintlike bedoeling was dat sy 'n kinid  buite die huwelik gehad het. 

'n Ander bron verklaar met groot oortuiging dat die uitdrukking oorspronklik uit Brits-Indië gekom het waar die vrouens en kinders gedurende die versengede dae van die somer na die bergstreke toe gestuur is. Daar ...


Continue reading ...
 

Die Kruger Nasionale Park: Ons Trots

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 21, 2012,

Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, en 'n trekpleister vir internasionale en plaaslike toeriste. Die park strek ongeveer 350 kilometer van noord na suid en 60 kilometer van oos na wes. Die park grens in die ooste aan Mosambiek en in die noorde aan Zimbabwe. Die park strek oor twee Suid-Afrikaanse provinsies, Mphumalanga en Limpopo.

Die Krugerwildtuin maak nou deel uit van die Groter Limpopo Oorgrenspark, 'n vredespark wat die Krugerwildtuin kombineer met ...


Continue reading ...
 

Vryheidsdag: Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis

Posted by Paul Joubert on Friday, April 27, 2012, In : Ons Geskiedenis 

Tans woon daar nagenoeg 2,042,699 blankes in Suid-Afrika wat  na 1976 gebore is en wat gaan deelneem aan Vryheidsdag vieringe op 27 April 2012. Dit verteenwoordig 44,74% van alle blankes wat tans in Suid-Afrika woonagtig is. Vryheidsdag vier die eerste Nasionale verkiesing wat op hierdie dag in 1994 gehou is – waarby alle Suid-Afrikaners hul kon stem kon uitoefen.

Hierdie groep het ook vir die eerste keer hul demokratiese reg om te stem – geniet. Mens kan dus sê dat hierdie landsburgers...


Continue reading ...
 

Woord van die Week

Posted by Paul Joubert on Tuesday, April 10, 2012, In : Woord van die Week 

Janusgesig Oppas vir sy Janusgesig. (Wees versigtig; hy is vals. Janus was 'n ou Romeinse god wat met twee gesigte afgebeeld word. By alle godsdienstige geleenthede is hy altyd eerste aangeroep. Die eerste dag van elke maand, sowel as die eerste maand van die jaar, is aan hom geheilig.)


Continue reading ...
 

Witkop Blokhuis Besoek

Posted by Paul Joubert on Sunday, April 8, 2012, In : Ons Geskiedenis 

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 - 1902, het die Britse magte ongeveer 441 sement blokhuise gebou. Die Witkop Blokhuis is te vinde op die R59 tussen Vereeniging en Meyerton. Dit was gebou op 'n koppie - dieselfde koppie en omliggende dele wat dit moes beskerm.  Hierdie blokhuise het 'n kritiese rol gespeel om spoorlyne en brûe te beskerm sodat Britse goedere na en van die oorlogsveld vervoer kon word, in opdrag van die Britse Opperbevelhebber, Veldmaarskalk Lord Roberts in 1900.

Dit was ...


Continue reading ...
 

Witkop Blokhuis

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 5, 2012, In : Ons Geskiedenis 
More besoek ek die Witkop Blokhuis om 'n storie rondom dit te skryf. Ek sien nogal uit daarna, want ek woon al amper 12 jaar in Vereeniging, en het nog nooit die moeite gedoen om dit te besoek nie. Ek vertel more die volle verhaal....
Continue reading ...
 

Praalgraf Vereeniging

Posted by Paul Joubert on Monday, April 2, 2012, In : Ons Geskiedenis 
Wat 'n gesukkel. In die hele Vereeniging - waar die Vereeniging Praalgraf pronk - kry ek ENIGE inligting rondom die standbeeld nie. Deur die hele biblioteek. By die Toerisme kantoor. Niks. Niks. Niks. Môre ontmoet ek een van die toergidse in Vereeniging om te probeer kyk of ek nie daar kan reg kom nie. 
Continue reading ...
 

Praalgraf Vereeniging

Posted by Paul Joubert on Sunday, April 1, 2012, In : Ons Geskiedenis 
Môre besoek ek die praalgraf (cenotaph) in Vereeniging met die oog om 'n volledige berig daaroor te plaas in www.myvolk.co.za. 
Continue reading ...
 

Voortrekker Kamp De Bank 28 Februarie 2012

Posted by Paul Joubert on Saturday, March 10, 2012,
Enige kind se droom. 'n Naweek in die veld, sonder ma en pa....en ek word geleer van visvang, boot roei, goggas, kampvure, saamsing, saamspeel, tentslaap, boeretroos, my volkslied, my kultuur, 'n liefde vir Afrikaans....

Dit is presies wat die 36 Voortrekkers van Vyrheidsmonumentvoortrekkers (Vereeniging) die naweek kon deel en geniet. Kyk gerus foto's. 

Continue reading ...
 

Voortrekker Monument a Heritage Site

Posted by Paul Joubert on Thursday, February 23, 2012,

Comment on this story


iol news pic voortrekker monument

INDEPENDENT NEWSPAPERS

File picture: Voortrekker Monument

The Voortrekker Monument in Pretoria is to be declared a national heritage site, Home Affairs Minister Nkosazana Dlamini-Zuma said on Monday.

The move was intended to “further evoke a spirit of nation-building and reconciliation”, she said at a governance and administration cluster briefing in Cape Town.

The Freedom Front Plus' arts and culture spokesman Corné Mulder welcomed the...


Continue reading ...
 

Voortrekkers

Posted by Paul Joubert on Sunday, September 25, 2011,
Vryheidsmonument Voortrekkers het die naweek 'n "tentjie aand" aangebied vir al sy lede. En het die kinders dit nou geniet. Die kinders het in tente geslaap vrydagaand - 'n nagmars bygewoon, Narnia op die groot skerm gekyk en seker hier by 2 uur in die bed gekom!! Saterdag oggend vroeg opgestaan, ontbyt, toe 'n demonstrasie hoe om 'n skuiling te bou; springkasteel en "waterslide". Ouers is uitgenooi om potjiekos te kom hou, en teen twee uur het die die vreugdevure gebrand. Aandete uit die ong...
Continue reading ...
 

Die Vierdie Vers van Die Stem

Posted by Paul Joubert on Sunday, June 19, 2011, In : Afrikaans: Taal 
Op U almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vadere
Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerghoogste,
Teen die hele wêreld vry.
soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie, 
Sal dit wel wees, God regeer.

Continue reading ...
 

Go Stormers!

Posted by Paul Joubert on Saturday, May 28, 2011, In : Sport 
Die Stormers gaan kook vandag! ...en die Vrystaat gaan die BULLE trap! 
Continue reading ...
 

O Here, red my taal!

Posted by Paul Joubert on Friday, May 27, 2011, In : Afrikaanse Musiek 
Liedjie deur ...
Continue reading ...