(skroefsleutel met verstelbare kaak.)

Die bobbejaan- in gereedskap is in vertaling genoem na 'n mnr. Charles Moncke, 'n Britse smid, of Charles Moncky van die VSA, wie se vanne skynbaar met monkey verwar is. Volgens een oorlewering het die Amerikaner sy patent vroeg in die 20ste eeu vir $2,000 verkoop en daarmee 'n huis in Williamsburg in Yew York-staat gekoop. 

Die naam van 'n mnr. Monk van Springfield, Massachusetts, word ook genoem - maar geskiedskrywers betwyfel al dié moontlikhede omdat die sleutel reeds in ongeveer 1840 in gebruik was. 

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5