www.myvolk.co.za

6 plays

© Amanda Strydom

https://itunes.apple.com/za/album/ek-loop-die-pad/726617554?i=726618130

https://tunein.com/radio/Radio-Kuber-Kontrei-s263337/

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 30 April 1961

Adv. CR Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van SA

Die onafhanklikheidstrewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke art. 4 verander toe vir die eerste keer daarin bepaal is dat onafhanklikheid in ’n republikeinse staatsvorm verkry moet word.

Die hoof van so ’n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv. CR Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, ’n pos wat hy op hierdie datum neergelê het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.

Posted 3 weeks ago
<p>Spotprent vir die Dag: 25 jaar later…<br/></p>

Spotprent vir die Dag: 25 jaar later…

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 29 April 1875

Begin van die Dorslandtrek

Teen die tyd het ’n aantal Transvaalse Boere begin om Transvaal te verlaat op soek na ’n beter tuiste iewers in die onbekende binneland. Die eerste trekgroep het onder leiding van Gert Alberts gestaan en was deeglik georganiseer. Die elf families wat die voortou geneem het en wat later as ’n rampspoedige onderneming sou blyk, het daarin geslaag om met redelike sukses tot by die Ngamimeer te trek.

Dit was egter die groep wat hierna onder leiding van Jan Greyling en Louw du Plessis langs die Krokodilrivier versamel het, wat die grootste teëspoed sou ervaar. Na veel oponthoud het 480 blankes en ’n aantal bediendes met 128 waens en 1058 trekosse in April 1877 die Kalahari aangedurf. Van die begin was daar al onderlinge tweespalt. Boonop was die trek geheel en al te groot vir ’n roete waar water uiters skaars was.

Op plekke moes die water lepelsgewys uitgedeel word, of modder deur handdoeke en hemde gedruk word vir vogtigheid. Die meeste van die vee is in die proses verloor en 37 mense het die eerste twee maande hul lewens gelaat. Vele sou nog later sterf. ’n Derde, dog kleiner trek het kort hierna die Kalahari veilig deurgedring.

Maar die Trek as sodanig is eers grootliks beëindig toe grondgebied teen 1881 in Angola van die Portugese owerheid verkry is.

Posted 3 weeks ago
0 plays

© Coenie de Villiers

https://itunes.apple.com/za/album/daars-n-plek-feat-steve-hofmeyr/1417454043?i=1417454669

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 28 April 1945

Die CNO-Bewaarskool word in Pietermaritzburg geopen

Die beperking op moedertaalonderrig het groot ontevredenheid onder die Afrikaners van Natal ontketen. Uit protes teen hierdie beperking van Afrikaans as taalmedium vir onderrig, is daar op 7 Februarie 1944 in die stadsaal van Pietermaritzburg onder luide applous eenparig besluit om ’n eie CNO-Bewaarskool in die stad te stig.

Kragte is gekoördineer, en die Nasionale Instituut vir Onderwys en Opvoeding van die FAK het in samewerking met die Natalse Aksiekomitee besluit om oor te gaan tot die aankoop van ’n geskikte perseel in Pietermaritzburg waar die CNO-Bewaarskool opgerig sou word.

Daar is daadwerklik oorgegaan tot die insameling van geld, en die nodige bedrag is spoedig ingesamel. ’n Gebou is vir die bedrag van £5 500 aangekoop, en op 28 April 1945 is die CNO-Voortrekker-Bewaarskool amptelik deur prof. JC van Rooy en dr. E Greyling geopen.

Posted 3 weeks ago
0 plays

© Pieter Smith

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 27 April 1897

Chris Blignaut gebore

Met sy voordrag van ligte, humoristies Afrikaanse liedjies, wat hy self op die ukelele begelei het, het Chris August Blignaut groot populariteit geniet en die hele land in die twintiger-dertigerjare deurreis. Die plate wat hy gemaak het, het groot aftrek gekry en ’n groot rol gespeel om die Afrikaner se sanglus aan te wakker en hom aan te spoor om in sy eie taal te sing.

Hy is op 21 Julie 1974 oorlede. Die humoristiese en platvloerse het dikwels vir Afrikaans ’n deurbraak op nuwe terreine gemaak, omdat Nederlands aanvanklik gereserveer was vir die ernstiger, dieper dinge. In ’n tyd toe populêre sang gedreig het om heeltemal te verengels en die Afrikaner gekondisioneer is om sy eie taal te verag, het Chris Blignaut se vrolike en selfversekerde sang die volk aangegryp en die besef laat posvat dat dit lekker is om in Afrikaans te sing.

Posted 3 weeks ago
9 plays

© Tarryn Lamb

https://itunes.apple.com/za/album/vier-woorde/1419608465?i=1419608855

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 26 April 1900

Dr. WHJ Punt gebore

Willem Henry Jacobus Punt is in Pretoria gebore. As seun van Hollandse immigrante, studeer hy aanvanklik aan die staatsgimnasium in Amsterdam en later in Pretoria, waar hy in 1918 matrikuleer. In 1923 behaal hy die BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en twee onderwysdiplomas; in 1932 die MA-graad in Aardrykskunde en in 1953 die PhD-graad aan die Universiteit van Stellenbosch met sy baanbrekerswerk Louis Trichardt se laaste skof. Vanweë sy liefde vir die behoud van die historiese oudhede en erfenisse in Suid-Afrika word dr. Punt in 1959 beginner, stigter en direkteur van die Stigting Simon van der Stel, wat hom onder meer ten doel stel om belangrikste historiese geboue van sloping te red, te bewaar en te restoureer.

In 1974 tree hy uit as direkteur. Dr. Punt was stigter van die Louis Trichardttrek-Monumentfonds, wat hom en sy komitee in staat gestel het om die Trichardt-gedenktuin in die destydse Lourenço Marques aan te lê. In 1967 word hy deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met ’n erepenning vereer vir kultuurhistoriese prestasie, “vir volhardende navorsing, jarelange onvermoeide ywer, taai wilskrag en hooggestemde idealisme”. Dr. Willem Punt is ’n rustelose denker en ’n navorser by uitstek. Met meer as honderd wetenskaplike publikasies van kultuurhistoriese aard, word hy vandag geroem as een van die grootste kultuurhistorici wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Posted 3 weeks ago

As die Volk praat

Posted by Paul Joubert on Monday, August 19, 2013 Under: Redaksioneel

As die Volk praat

Raaiiit. 

Die Volk het gepraat. En my liewe swart broers - dankie dat jul, vir eens, nie net aanvaar wat in julle kele afgedwing word nie. Want Saterdag moes ons vir Nasionale Trots en Oom Madiba die ENB stadium in Soweto, met 'n kapasiteit van 94,736, volgepak het. Met gemak. Sonder sukkel. Maar dit was nie 'n 'freebie' nie. Jy moes betaal. 

Realiteit is - net meer as 40,000 het sokker gekyk - en net meer as 30,000 (32%) het rugby gekyk. Nou, ek is nie Siener van Rensburg nie, nie eens verlangs familie nie -  maar die volk het saterdag gepraat; en hulle sê: "F*K JOU!" SARU wil met hul nuwe kwotastelsel vir 2014 ten minste 7 spelers van kleur in die begin 22 hê. Dit verteenwoordig 32% van die span. Nou broers, as ons in die hartland van swart sport ondersteuners (saam met die Madiba mejik) net 32% van die stadium kan vol kry om rugby te kom kyk - is my vraag? Hoeveel toeskouers van kleur gaan in die ander stadiums in 2014 teenwoordig wees om die spelers van kleur te ondersteun?

Ek sluk swaar aan hierdie een. 

Hoekom de hel wil julle 18 jaar later - nog steeds rondonner in rugby. Ons is die enigste sport kode wat twee wêreld titels gewen het. Nou wil ons swart laaities wat vir 20 jaar in die lokasie sokker gespeel, eet, droom en uitgeleef het - oorreed om rugby te speel of te gaan kyk. Bah! Belaglik. So goed ek sê my seun moet rugby los en nou begin sokker speel. 

My ander bekommernis is meer ekonomies van aard. Ons fantastiese borge soek ROI - "return on investment". As die stadiums nie vol bly vir groot rugby nie - soos in die geval van Saterdag - en die Unie ly finansieël daaronder, wonder ek wat die 'slim manne' soos Mnre. Mbalula, Oosthuizen en Khan gaan doen. Die goedkoopste kaartjie Saterdag was R220 - nie sleg vir wat op die menu was nie. So ek dink nie 'die prys van die kaartjie' gaan as verskoning gebruik kan word nie. 

Die Minister van Sport - Mnr. Fikile Mbalula het 17 Augustus 2013 as 'n Sport-en Kultuur dag uitgeroep om oud President Nelson Mandela te eer, en as fondsinsameling vir die Nelson Mandela Kinderfonds. 'n Tjekkie van R220,000 is deur Mnr. Mbalula aan die Kinderfonds geskenk. Marsha Cox - wat driehonderd doele aangeteken het in hokkie - het 'n Fiat 500 ontvang, en Brian Habana - wat spog met 50 toetsdrieë, het 'n tjekkie van R50,000 ontvang. Dié het hy summier ook aan die Kinderfonds van Madiba geskenk. 

Nou, ek reken daar was omtrent 1,000 hooggeplaasdes wat ook uitgenooi is na die dag toe. Weetie wat dit gekos het om hulle daar te kry en te 'treat' nie. Moes 'n aardige bedraggie gewees het. 

Die aand is afgesluit met 'n Musiek Konsert wat kunstenaars insluit soos DJ Black Coffee, Zahara, toya Delazy, Mafikizolo, Kurt Darren, Yvonne Chaka Chaka en Elvis Blue.  

Paul Joubert

In : Redaksioneel 


Tags: as die volk praat  paul joubert  enb stadium soweto  saru 
www.myvolk.co.za Logo