Antjie Somers ('n denkbeeldige figuur met wie kinders bang gemaak word)

Volgens oorlewering genoem na 'n berugte Kaapse struikrower, Antjie Somers, wat dan tydens die bewind van lord Charles Somerset (1767 - 1831) aan die Kaap vroueklere sou aangetrek en slagoffers saans voorgelê het as hulle op pad huis toe was.

Die 18de en 19de eeu was 'n redelik onveilige tyd op die paaie en dié man het 'n historiese figuur geword. Die oorspronklike rower het algaande allerhande skrikaanjaende eienskappe verkry wat seker sou maak dat stout kinders nie laat buite speel nie en op tyd gaan slaap. Die nuwe persona het 'n vreesaanjaende gesig gehad.

Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse taal is die vroegste verwysing na so 'n rower op 10 Oktober 1866 in The Friend in Bloemfontein. Sover bekend is hy die eerste suksesvolle drag-kunstenaar in Suid-Afrika se geskiedenis.