www.myvolk.co.za

Vandag in die Geskiedenis: 25 April 1804

De Mist stig Uitenhage

Die nuwe landdrosdistrik, Uitenhage, is na die kommissaris JA van Uitenhage de Mist genoem. Na ’n lang reis deur die kolonie tussen Oktober 1803 en Maart 1804 het die kommissaris besluit om twee nuwe distrikte, te wete Tulbagh en Uitenhage, in die lewe te roep.

De Mist het belangrike administratiewe veranderings aangebring en belangrike hervormings op godsdienstige en opvoedkundige terrein aanbeveel. Ongelukkig het min van die mooi planne tereggekom, omdat die Kaap in 1806 weer deur die Engelse beset is.

Posted 7 weeks ago

Albatros

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015 Under: Woord van die Week
Die albatros vlieg ook al eeue lank met 'n slegte reputasie rond. Om 'n albatros om jou nek te hê, beteken om skuld te dra vir iets wat jy verkeerd gedoen het. Die albatros is 'n merkwaardige voël - sy vlerkspan is 3 tot 4 meter en hy kan maklik 'n halfuur lank in die lug sweef sonder om sy vlerke te klap. 

Daar word selfs gesê dat hulle in 80 dae om die wêreld kan vlieg. Die ou matrose het geglo dat hulle die siele van afgestorwe seevaarders in hulle gedra het, en daarom was dit ongelukkig om een dood te maak.

In die bekende Engelse gedig van Coleridge oor die ancient mariner word die albatros gehang om die nek van die matroos wat hom doodgemaak het, om hom met sy skuld te laat saamleef. 

Feite, Flaters, Fiksie
'n Opgaaf van die ware, die onware en die onwaarskynlike
Anton F. Prinsloo
ISBN0-7981-4214-6

In : Woord van die Week 


Tags: albatros  coleridge ancient mariner  feite flaters fiksie  anton f. prinsloo 
www.myvolk.co.za Logo