www.myvolk.co.za

Vandag in die Geskiedenis: 23 April 1914

Die erkenning van Afrikaans in die Kaaplandse Provinsiale Raad

CJ Langenhoven stel in die Kaaplandse Provinsiale Raad voor “dat deze Raad zijn goedkeuring Hecht aan die toenemende handhaving door het Onderwijs Departement van deze Provincie van het gesonde beginsel van onderwijs door medium van de moedertaal der leerlinge, zoals neergelegde in de Onderwijs Ordonnantie, en verder aanbeveelt dat dat beginsel verder uitgebreid worde door het gebruik van het Afrikaans-Hollands als medium op onze lagere scholen tot en met de Vierde Standaard waar het Hollands volgens wet die voertaal is: mits dat geen leesboeken in het Afrikaans geschreven, voorlopig worden toegelaten tenzij dezelve voorsien zijn van een getuigschrift van goedkeuring door een of meer personen van erkende bevoegdheid, daartoe benoemd door hetzij de Superintendent van Onderwijs, hetsij de Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst: en mits het gebruik van zodanige leesboeken niet toegelaten worde waar het betrokken schoolkomitee erbezwaar tegen heeft.”

Vir die eerste maal in die geskiedenis het Afrikaans amptelike erkenning verkry. Die versigtig bewoorde mosie (slegs boeke was onderhewig aan goedkeuring) is sonder teenstem aanvaar nadat Langenhoven die Koukus van Engelssprekendes toegespreek het. Hy het hulle oortuig dat Afrikaans geen “poverty-stricken patois” was nie en dat dit in belang van elkeen was om sy opvoeding ook in Afrikaans te geniet.

Daardeur sal elkeen voordeel trek in sy of haar beroep, persoonlike omgang, politieke bedrywigheid, besigheidsverhoudings, ens. Hy het hulle gewaarsku dat hulle nie ’n wig tussen Afrikaans en Hollands moes probeer indryf nie, omdat almal uit selfverdediging dan sou saamstaan. Voordat hy die mosie ingedien het, het Langenhoven ’n onderhoud gehad met die destydse minister van justisie, Nicolaas de Wet.

Dié het hom verseker dat daar ingevolge artikel 137 geen beswaar kon wees nie: toe die Akademie, as hoogste Taalliggaam, gelyke beregtiging aan Hooghollands en Afrikaans verleen het, het hulle die wet reg geïnterpreteer.

Posted 8 weeks ago

Albatros

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015 Under: Woord van die Week
Die albatros vlieg ook al eeue lank met 'n slegte reputasie rond. Om 'n albatros om jou nek te hê, beteken om skuld te dra vir iets wat jy verkeerd gedoen het. Die albatros is 'n merkwaardige voël - sy vlerkspan is 3 tot 4 meter en hy kan maklik 'n halfuur lank in die lug sweef sonder om sy vlerke te klap. 

Daar word selfs gesê dat hulle in 80 dae om die wêreld kan vlieg. Die ou matrose het geglo dat hulle die siele van afgestorwe seevaarders in hulle gedra het, en daarom was dit ongelukkig om een dood te maak.

In die bekende Engelse gedig van Coleridge oor die ancient mariner word die albatros gehang om die nek van die matroos wat hom doodgemaak het, om hom met sy skuld te laat saamleef. 

Feite, Flaters, Fiksie
'n Opgaaf van die ware, die onware en die onwaarskynlike
Anton F. Prinsloo
ISBN0-7981-4214-6

In : Woord van die Week 


Tags: albatros  coleridge ancient mariner  feite flaters fiksie  anton f. prinsloo 
www.myvolk.co.za Logo