www.myvolk.co.za

Vandag in die Geskiedenis: 21 April 1892

Ds. NJ van Warmelo oorlede

Dit is die sterfdag van Nicolaas Jacobus van Warmelo, wat in Gouda, Nederland, op 8 September 1835 gebore is. Hy was een van die baanbreker-predikante in Transvaal en ’n groot patriot. In 1864 word hy predikant van die Ned. Hervormde gemeente te Schoemansdal.

In daardie pioniers- en jagtersgemeenskap het hy en sy vrou ’n belangrike opvoedkundige en beskawingsrol gespeel. In 1868, na hy Schoemansdal in 1867 verlaat, vertrek hy na Heidelberg, waar hy tot aan sy dood werk. Op kerklike terrein het hy ’n belangrike en leidende rol in die Ned. Hervormde Kerk gespeel.

Met die kerkvereniging van 1885, gaan hy saam met die stigting van die nuwe, verenigde kerk en word die eerste skriba van die Sinode. Die mislukking van die kerkvereniging het sy laaste lewensjare versomber. Van Warmelo het hom volkome met die republikeinse Afrikaner en sy vryheidstrewe vereenselwig, veral in die jare 1877–1880. By die groot volksvergadering te Paardekraal 1880, waar besluit is om die Engelse juk af te gooi, het hy met sy prediking die groot bydrae gelewer om die burgers al hulle vertroue op God te laat stel.

Posted 8 weeks ago

Albatros

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015 Under: Woord van die Week
Die albatros vlieg ook al eeue lank met 'n slegte reputasie rond. Om 'n albatros om jou nek te hê, beteken om skuld te dra vir iets wat jy verkeerd gedoen het. Die albatros is 'n merkwaardige voël - sy vlerkspan is 3 tot 4 meter en hy kan maklik 'n halfuur lank in die lug sweef sonder om sy vlerke te klap. 

Daar word selfs gesê dat hulle in 80 dae om die wêreld kan vlieg. Die ou matrose het geglo dat hulle die siele van afgestorwe seevaarders in hulle gedra het, en daarom was dit ongelukkig om een dood te maak.

In die bekende Engelse gedig van Coleridge oor die ancient mariner word die albatros gehang om die nek van die matroos wat hom doodgemaak het, om hom met sy skuld te laat saamleef. 

Feite, Flaters, Fiksie
'n Opgaaf van die ware, die onware en die onwaarskynlike
Anton F. Prinsloo
ISBN0-7981-4214-6

In : Woord van die Week 


Tags: albatros  coleridge ancient mariner  feite flaters fiksie  anton f. prinsloo 
www.myvolk.co.za Logo