Afskeid

Posted by Paul Joubert on Saturday, May 14, 2016 Under: Afrikaans: Gedigte
Die uurglas het reeds leeg geloop.
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond -
soos vreemdes vir mekaar.

Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.

© Koos du Plessis

In : Afrikaans: Gedigte 


Tags: afrikaans  afrikaanse gedig  afrikaanse gedigte  afrikaanse gedig koos du plessis