As liefde eers in jou hart kom nes skrop en soos ‘n lente blomtuin bloei, bly beddings tog nooit vergete selfs al sou die winter ryp die son opsluit en jou siel se vreugde skroei.
Dan sit jy op die voorstoeptrap En wals met gister se skim Om deur koggels van vervloë vreug weer fleur in beddings bring.
As liefde dan eers in jou hart kom stil word en die droom in grys verwelk, sweef jou siel oor skemer misvlae as die Swerwer van die veld