Vul my aande
met jou asem
giet my dae 
met jou lag
les my dorre siel woestyne
en my poelverdroogte smag
sodat oase weer sy groen sal vind
my paradys nogeens sy fleur
tot ‘n kruie vir verlange,
teen die skeidingskloof se seer.

Vul my visie
met jou oë,
omspoel gedagtes 
met jou kus
dat my bedelaar en swerwer
in ons stillewaters rus.

Skyn jou glimlag
oor my môremis
laat jou vingers
soos mos oor my groei
dat ons boorde weer
in Sprokiesland
se “gelukkig saam” kan bloei.

© Boerius