'n Liefdesduet
(geskryf in twee stemme)

SY
jy is die kroon
van my skepping
as volkome vrou
want jy het méér
as net Atlantis en
Babilon in my oë
oopgesluit

HY
jy versinnebeeld
God se skeppings-
geskenk aan my
vir jou sal ek altyd
onbeskaamd, onbevange
liefhê, eer en altyd
op my hande dra

SY
ek's lief vir jou
sagste manier hoe
jy die vrou in my

ontwaak...
hoe jy dinge saam
met my doen in

oorgee-liefde

HY
jou respek en liefde
het vrou-wees in my
herdefinieër, heromskryf,
gefondament in geloof,
die ou-blaar onmiskenbaar
'n jongblaar gemaak

SY
vir jou sal ek berge
verskuif, Mount Everest
en Kilimanjaro - slawe

voor jou voete maak
vir jou sal ek elke
blomknop bloeisel

in my...voor jou voete
plaas, omdat jy in my
die wese van liefde
laat ontspruit

HY
ek sal jou altyd eer,
liefhê, ondersteun,
onderskraag, bemin,
blomtuine aan jou
bemaak, sterre in die
hemel pluk en in jou
oë raam...

jou voete in mirre salf
my liefde op die altaar

van jou lyf - elke dag
in gebed opdra

© ENRiCUS