# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Biltong Potjie (8 Porsies)

Die potjie neem maksimum twee uur om voor te berei. So, as jy langer wil kuier om die potjie, moet jy dit maar uitrek. 

6 Uie

1 Pak sampioene

'n half kilogram lekker biltong (nie te vetterig nie)

1 Pak, gedraai of skulp noedels

'n Halwe soetrissie

2 Houertjies vars room

'n Redelike stuk gerasperde kaas

Braai die uie en sampioene totdat dit gaar is in een pot. Voeg die biltong by. Plaas die noedels in 'n ander pot, gooi water en 'n bietjie olie in en gooi noedels daarin. Hou die gaar uie, sampioene en biltong eenkant en verwyder van die vuur as dit reg is. Wanneer die noedels reg is, voeg die uie, sampioene en biltong by die noedels pot. Roer in. Jou pot moet nou nie baie warm wees nie. Laat dit prut vir 15 minute. Voeg die 2 houers room in. Roer by die kante. Voeg die gerasperde kaas by. Laat prut totdat die kaas ingesmelt het. Roer een keer en bedien! 

DIE BOEREJONG

Brief aan die onderdrukker

Ek’s ‘n Boerejong, my hare is blond,

My oë is blou, ek’s sterk en gesond.

Ek dra mos kakie, jul noem my grof,

Maar my hart klop regs – ons volksgrondstof!

Los my vrou en los my kind!

Jul sal my woed nog ondervind!

Los my taal, my kerk, my reg!

Dáárvoor sal ek stry en veg!

Jul skroei my huis, verwoes my velde

En trek te velde teen al my helde.

My skole, strate, dorpe, land,

Áls van my nou is in jul hand!

Ek’s nie jul drosterhond of skurk,

Ek’s nie jul slaaf wat moet neerhurk.

Ek’s nie jul kneg of jul lakei,

Ek’t nie gevlug, ek’s nie voëlvry!

Ek’s ‘n Boerejong, my hare is blond,

My oë is blou, ek’s sterk en gesond.

Ek dra mos kakie, jul noem my grof,

Maar my hart klop regs – ons volksgrondstof!

Beaufort-Wes

„My skole, strate, dorpe, land.”

 © Pieter Cohen Hamburg