# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Bieliemielie Fees Reitz

Die vyf-en-dertigste Reitz Bieliemieliefees vind plaas tussen 11 Februarie - 14 Februarie 2016 te Reitz in die Vrystaat - 'n wonderlike plattelandse makietie wat vermaak bied vir oud en jonk. Hoogtepunte sluit in 'n mielistronkbraai kompetisie, 'n Damesoggend, bulletjerugby, 'n veeveiling en vermaak deur kunstenaars soos Spyker Brits, Henning Joubert, Lisa Bronner, Ricus Nel, Bok van Blerk, Andriette Norman, Dewald Wasserfall en Elvis Blue. 

Pienaar van Zyl, voorsitter van die komitee, sê mense kan hul vere maar regskud. Dit is 'n besonder vol program met baie aktiwiteite. Die fees se status en waarde word rondom R300 miljoen geskat en net die beste uistallers van voertuie en werktuie tot snuisterye van oor die land heen gaan weer hier kom uitstal. 

Die fietswedren wat jaarliks op die fees aangebied word, het baie gesog geword. Dit is die ideale oefenlopie vir wedrenne soos die Sanic, Joberg en Absa Cape Epic. Die Old Mutual Joberg2c-ren op die fees strek oor drie afstande - 45km, 75km en 120km. Wedrenne begin en eindig op die Reitz-skouterrein. Die organiseerder is die skoolkoshuis van die Hoërskool Reitz en die ren is ook ten bate van die spog blyplek.

Foto Kompetisie: Onder 12 jaar: My Fiets of My gunsteling lekker. 12-18 jaar: My beste skoene of "selfie". Algemene afdeling (volw) Brug ( enige brug), 'n digitale gemanupileerde foto ( net van mielies of 'n mielie) Blom of blomme. Druk foto in A5 grootte. Inskrywing vorms by Pienaar Van zyl beskikbaar. R35 per inskrywing. Foto's word elke jaar beoordeel deur Amanda Labuschagne, 'n fantastiese fotograaf van Reitz. Sluitings datum is 18 Feb om 15:00. Skakel gerus vir Chunky vir enige navrae 082 9066 931.

Ramveiling BKB Louwid. Skakel vir Danie Fourie by 082 451 7573.  
Bieliemielie Golf. Skakel vir Spud Wales by 082 333 0080.
Skopfietsies. Skakel vir Nadia van Tonder by 072 915 5862. 
Bergfietswedren. Skakel vir Larry Paul by 071 679 5141.  
Padfietswedren. Skakel vir Thinus Opperman 079 496 2836. 
Tweekamp (due-athlon) en Pretstap. Skakel vir Christine de Jager by 082 821 3526. 
Bulletjie Rugby en mini netbal. Skakel vir Rikus Terblanche by 082 487 4844.  
SA Topsites ::
Bieliemieliefees Program 2015.jpg Bieliemieliefees Program 2015.jpg
Size : 380.972 Kb
Type : jpg
vkb patente kompetisie.jpg vkb patente kompetisie.jpg
Size : 105.703 Kb
Type : jpg