# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Ashleigh Moolman Pasio

Ashleigh Moolman Pasio ontvang die "Most Influential Women in Business and Goverment Award" vir 2013 in Sport. Ashleigh is tans 14de op die Internasionale Fietsry Unie se ranglys - en het die afgelope vier jaar opgang gemaak in dié sport. Sy is die enigste vroulike Suid-Afrikaner (en ook Afrika) wat al ooit - in die geskiedenis van die IFU se bestaan - so hoog op die ranglys gevorder het. Sy verteenwoordig tans Lotto Belisol - haar span - op Internasionale vlak, terwyl sy plaaslik die Momentum Toyota span verteenwoordig. 

In die 2012 Somer Olimpiese Spele, het Pasio 16de geëindig in die Padwedloop, en 24ste in die 'time trial'.

Gebore 9 Desember 1985 in Pretoria, is Moolman 'n trotse Suid-Afrikaner. Haar ouers, Frances Greathead en Johan Moolman stuur haar na Eunice Girls School in Bloemfontein waar sy haar Hoërskool loopbaan susksesvol afhandel. Daarna voltooi sy haar graad as Chemiese Ingenieur aan die Universiteit van Stellenbosch. Dis ook hier waar sy haar man, Carl Pasio ontmoet. Op daardie stadium was Carl 'n atleet wat haar aan 'endurance' sport voorgestel het. En die res, soos hul sê, is geskiedenis. 

Sy volg haar 2de plek in die Cape Argus in 2011 op met 'n eerste plek in sowel die padwedloop en die 'time trial' by die African Continental Road Cycling Championships in Burkino Faso in 2012. Sy wen ook die Cape Argus 2012 in 'n tyd van 2:52:24. Sy skop 2013 briljant af deur die South African Time Trial Championships sowel as die South African Road Championships in te palm. Sy behaal ook 'n vyfde plek tydens die Flèche Wallonne Femmes byeenkoms in België - wat sy as die hoogtepunt van haar loopbaan sien.

Uit my reeks: My Volk - Suid-Afrikaners en Afrikaners wat presteer ondanks BEE, Kwotastelsels, swak Administrasie, onbeholpenheid, wanadministrasie en korrupsie - en uitstyg bokant die moeras van middelmatigheid en op die Internasionale verhoog presteer. Geskiedenis het hom al soveel keer herhaal. Staan sterk Afrikaner! Dra die vlag van ons eie, Suid-Afrika.