Anton Goosen
Liedjieboer vereer deur die FAK
Binnekort gaan daar 'n roos pryk in die liedjie-tuin van die FAK by die Voortrekker Monument in Pretoria. Miskien met 'n Rooi Rayban en pet op - as hul dit so kan kweek! Dit is natuurlik ter ere van ons liedjieboer, Anton Goosen, en sy ikoon-status as Afrikaanse sanger, liedjieskywer en vermaaklikheidsster.
Goosen is op 21 November 2016 vereer vir sy lewenslange bedrae tot die bevordering van Afrikaanse musiek. Nagenoeg 220 gaste het die spog-geleentheid bygewoon en is op die verhoog ondersteun deur die Afrikaanse Rock-musiekgroep, Beeskraal.
Vroegaand al, het Adam Tas, wat ook die funksie bygewoon het, 'n Whiskey-neat vir Goosen na die verhoog aangedra. Coenie De Villiers, gasspreker vir die aand het hom 'oud gebore en 70 jaar jonk' genoem.
Met sy skouerlengte grys hare wat onder die pet uitsteek, en 'n T-Hemp van Australië wat verwys na sy pas-voltooide toer in die land, gesels hy oor sy beginjare in die musiekbedryf. Van 'n Standerd nege onderwyser wat hom afgeraai het om dit sy loopbaan te maak. Tot sy groot deurbraak om die temalied te skryf vir die Fliek, Pretoria, O Pretoria in 1979.
Sy treffers sluit in Silver de Lange, Boy van die Suburbs, Byeboerwa en Simone om maar net 'n paar te noem. Die eerste weergawe van Kruidjie-roer-my-nie is vier dae na die vrystelling daarvan verban.
Volgens 'n berig geskryf op Tarentaal Teater se webblad, het hy na skool - met geen onmiddellike musikale loopbaan in die vooruitsig nie - homself as onderwyser bekwaam en ook dan onderwys by St. Stithians gegee terwyl hy saans in kroeë speel. Tydens sy termyn by St. Stithians skryf hy ‘n musiekblyspel Jantjie wat deur die leerlinge opgevoer word.

CD's Op Die Rak
- Anton Sing, 1972
- Boy van die Suburbs, 1979
- 2de Laan, 1980
- Liedjieboer, 1980
- Jors Troelie, 1981
- Lappiesland, 1985
- Liedjieboer in die stad/city 1986
- Winde van verandering, 1980
- Danzer, 1992
- Riviersonderend, 1994
- Bushrock (of a white kaffir in Africa), 1996
- Putonnerwater, 1999
- Vis innie bos, 2001
- Anton en Vrinne Live in die Staatsteater, 2003
- Die Groen Blomme-projek, 2005
- 33 A-sides (Grootste Treffers), 2008
- B-sides (Getye van verandering), 2009
- Sea-sides (om te rock 'n roll), 2009

Kruidjie-Roer-My-Nie - Anton Goosen.mp3