Al die veld is vrolik
Al die veld is vrolik, al die voëltjies sing
Al die kriekies kriek daarby
Elke sprinkaan spring
Al die koggelmandertjies kom om fees te vier
Hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier
En nou gaan kinders draai en vrolik wees
Kom sus gee handtjie
Almal moet draai
Boet gee ook handjie
Nou gaan ons swaai
Dis tog so prettig
Wie dans met my
Al in die rondte
Vrolik en bly
Kom sus gee handjie
Almal moet draai
Boet gee ook handjie
Nou gaan ons swaai
Dis tog so prettig
Wie dans met my
Al in die rondte
Vrolik en bly