Afval (4 Porsies)
1 pens
1 kop
4 pootjies
10ml sout (2 t)
2ml peper
6 naeltjies
500g skaapnek
4 medium uie, in skywe gesny
50ml asyn (4 e)
3ml gerasperde neutmuskaat
6 medium aartappels, geskil en in helftes gesny
1/2 pakkie dik groentesop
Hou die pens heel want dit brand makliker aan as dit opgesny is. sit dit saam met die kop en pootjies, sout, peper en naeltjies in 'n dikboomkastrol, bedek met water en kook 2 to 3 uur lank stadig. Met die stoompat baie vinniger (1 uur). Voeg die skaapnek by en kook verder sag. Roer af en toe sodat dit nie aanbrand nie. Haal die bene uit, sny die pens in stukkies, voeg die ui, groentesop, asyn en neut by, sit die aartappels bo-op die vleis en kook stadig totdat die aartappels sag is. Indien stoompot gebruik word kan pens vooraf opgesny word.
DIE REDDING
Ek wys nou na die goue kalf
Wat Israel se volk verlei het;
Ek praat nou van ‘n verrotte salf
Wat tans onder ons versprei het.
Waar is vandag die Voortrekkerhand
Wat altyd by ons gestaan het?
Waar bly die aangebore verstand
Wat steeds teen gevaar gemaan het?
Ek droom van ‘n Plan in die aansyn geroep
Wat twee volke se redding sal reël:
Ek droom van die teken van staalharde moed
Wat veë branders sal magtig verdeel!
Aparte Ontwikkeling – dit gee ons die kans
Om te sorg vir ons voortbestaan:
Help ons, O Here, te bewys, ons is mans
Genoeg om die slag te kan slaan!
,,Waar is vandag die Voortrekker hand?”
© Pieter Cohen Hamburg