# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is 'n vereniging wat daarna streef om die Afrikaanse Taal en kultuur te bevorder. Die ATKV is in 1930 in Kaapstad gestig. Die ATKV het ongeveer 70 000 hooflede en bedryf ongeveer 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.

Die ATKV publiseer die tydskrif Die Taalgenoot. Die tydskrif het in 1931 tot stand gekom en word kwartaalliks aan lede gestuur. Hulle publiseer ook maandeliks die tydskrif Hoezit! vir kinders tussen die ouderdomme van 8 en 14.

Die ATKV bedryf 'n aantal vakansieoorde. Onder andere: Hartenbos (naby Mosselbaai), Natalia (naby Amanzimtoti), Klein-Kariba (naby Warmbad), Buffelspoort (naby Rustenburg), Goudini (naby Worcester en Drakensville (naby Harrysmith. Akkommodasie by die oorde word teen afslagtariewe aan lede beskikbaar gestel. 

DIE REÜNIE

Vanaand gaan ons reünie vier -

Ons sien die ou gesigte weer!

Die mense staan om die klavier,

Die kamer pragtig renoveer.

Die huis is groot en vol met mense -

Vertel hul stories en grappe ook,

Hul staan so daar met groot dikpense -

Die hele huis deurtrek met rook.

Die kinders fatterig uitgedos

Jaag deur die huis en gaan te keer.

Die vrouens ruik na lavendelbos

Hul mans kyk rond en skelm begeer.

Ek drentel deur die donker gang:

Ek hoor van agter ‘n deur so dik

Hewige huil, die treurig gesang

Van sterwende kinders se laaste snik.

‘n Ander deur staan oop en wyd:

Vrouens kaalvoet, maer en vuil.

Uit donker tente dreun die geluid:

Ek hoor net weeklaag, skree en huil!

Ek skrik terug na die warm vertrek -

Nog staan die gaste daar en lag.

In ‘n hoekie sit ‘n man bedek

Hy’s oud en grys en staar en wag.

Ek sien sy sterk en edel gesig,

Sy gebiedende houding wat krag meedeel.

Ek sien sy oë so helder en lig:

Staalharde oë wat aai en streel.

My gesig word bleek. Ek kén dié man!

My oë bedou, benat my gesig.

„Oom Paul! Jy hier? Wat maak jy dan?”

„Boer!” hy grom, „gaan doen jou plig!”

By die gaste verby, ek stort uit die huis,

Ek hoor nog skaars die snater vannie aand:

„Die kêrel is so onbesuis?!”

„Veldkornet!…Ek’s hier!…My uzi draend!”

       © Pieter Cohen Hamburg