# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 

Persentasie


22.7%


16.0%


13.5%


9.6%


9.1%


8.0%


7.6%


4.5%


2.5%


2.4%


2.1%


1.6%


0.5%


100%





 



Zulu


Xhosa

 

Afrikaans


Engels


Sepedi


Setswana


Sesotho


Xitsonga


Siswati


Tsivenda


IsiNdebele


Ander


Handgebare


Totaal

 

2010


11,587,374


8,154,258


6,855,082


4,892,643


4,618,576


4,067,248


3,849,563


2,227,148


1,297,046


1,209,388


1,090,223


828,258


234,655


50,961,443

Afrikaans... O Soetste Taal

Afrikaans is 'n Nederfrankiese taal wat 'n lid is van die Germaanse taalgroep. Afrikaans is een van die jongste erkende tale. Dit is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal erken, en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroërs wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs (of Lëtzebuergesch) wat hierdie status in 1984 gekry het.

Afrikaans is tans een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook 'n belangrike taal van Namibië. Dit word deur ongeveer 6,59 miljoen mense in Suid-Afrika (of 13,5 persent van die totale bevolking) en in elf persent van alle Namibiese huishoudings as eerste taal gebruik. Afrikaans het uit 17de eeuse Nederlands ontwikkel en meer as 95 persent van sy woordeskat is van Nederlandse oorsprong. 'n Klein aantal woorde is ontleen uit tale soos Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en ander Afrikatale. Afrikaans het op sy beurt weer 'n groot invloed uitgeoefen op Suid-Afrikaanse Engels en plaaslike swart tale en 'n aantal Afrikaanse woorde is in baie ander tale opgeneem.

Sowat een miljoen van Suid-Afrika se 6,44 miljoen Afrikaanstaliges is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels. Daar is groot groepe Afrikaanstaliges in lande soos Namibiê (146 000), die Vereenigde Koningkryk (ongeveer 100 000) Nieu Zeeland (21 000 in 2006), Botseana (20 000), die Verenigde State (19 000), Australië (13 000), en Kanada(2 400 volgens die sensus van 1974; die aantal Suid-Afrikaanse immigrante beloop tans egter meer as 60 000). 

Afrikaans is 'n Indo-Europese Taal wat aan die Wes-Germaanse tak van die Germaanse Tale behoort. Afrikaans behoort saam met Nederlands aan die Nederfrankiese taalgroep wat van OudNederlands. Nederfrankiese verskeidenhede word in Europa in Nederland, die noorde van België, Frans-Vlaandere in Frankryk en die Duitse gebied langs die Ryn tussen Keulen en die grens tussen Duitsland en Nederland gepraat. Buite Europa word Nederfrankiese verskeidenhede in Suid-Afrika, Namibië, Suriname en die Nederlandse eilande in die Karibiese See gepraat. Die Nederfrankiese verskeidenhede word saam met Nedersaksies onder Nederduits gegroepeer. Daar het 'n skeiding gekom tussen Nederduits en Hoogduits vanweë die Hoogduitse klankverskuiwing. Teen die middel van die 17de eeu het Europeërs hulle gevestig aan die Kaap. Op taalgebied sou hier 'n proses afspeel wat in alle Nuwe Wêreldlande afgespeel het, waar mense van verskillende tale en kulture vermeng het. Nuwe omgangsvariëteite sou ontstaan. Aan die Kaap sou ook taalontwikkelinge wat latent in Nederlands aanwesig was tot ontplooiing kom), (soos die sinkopee van die intervokaliese -d- en -g- (byvoorbeeld: sadel > saal en regen > reën).

By die ontwikkeling van sommige Afrikaans-Hollandse omgangsvariëteite was die invloed van vreemde tale gering, maar ander variëteite het 'n kreoliseringsproses ondergaan, byvoorbeeld Hottentot-Hollands en Slawe-Hollands. Alle vreemdelinge aan die Kaap het Nederlands egter eie probeer maak. Veral ander Europeërs is binne 'n relatief kort tydperk geassimileer. Die nuwe omgangsvariëteite word wel gekenmerk deur 'n eenvoudiger taalkode. Hierdie proses was egter nie alleen tot die Kaap beperk nie. In Brasilië sou in dieselfde tyd 'n omgangsvariëteit ontstaan het wat grammatikaal eenvoudiger is as Europese Portugees. Ook in Quebec sou 'n omgangsvariëteit ontstaan wat grammatikaal eenvoudiger is as Europese Frans. 

As gevolg van die Europese volksverhuising,  verhuis Friese, Angele, Sakse en Jutte van die Europese vasteland na die Britse eilande waar hierdie Germaanse immigrante vermeng met die Britse Kette. Tussen 800 en 1100 sou ook Wikings of Vikinge hulle vestig op die Britse Eilande. Die nuwe Germaanse taal wat hier ontwikkel het en later as Engels (afkomstig van Angele) bekend sou staan, is ook grammatikaal eenvoudiger as die Germaanse tale van die Europese vasteland. As gevolg van die grootskaalse taal- en kultuurvermenging in Amerika, sou dáár ook nuwe omgangsvariëteite ontstaan het wat grammatikaal eenvoudiger is as Standaardengels. Die bekendste voorbeeld hiervan is Negerengels.

Die Nederlandse omgansvariëteite aan die Kaap tussen 1652 en omstreeks 1800 is selde op skrif gesit, wat beteken dat ons vandag nie presies weet hoe hierdie variëteite gelyk het nie. Teen omstreeks 1800 is die volgende omgangsvariëteite aan die Kaap gepraat, naamlik:

1) Suiwer Nederlands;
2) Burger Afrikaans of Kaaps-Hollands, soos gebruik deur die aristokrasie;
3) Boere-Afrikaans, veral op die platteland;
4) Hottentot-Hollands (of Hottentot-Afrikaans);
5) Slawe-Afrikaans;
6) Vreemdeling-Afrikaans

Die skrywer A.N.E Changuion vermeld dat in 1844 die volgende variëteite aan die Kaap gepraat was, naamlik:

1) Suiwer Nederlands;
2) Hoog-Hollands, soos gebruik in die gegoede burgerlike kringe aan die Kaap;
3) Plat-Kaaps van ander blankes en Engelse;
4) Plat-Kaaps van die Hottentotte en ander 'gepeupel'.
1) Heere-Afrikaans;
2) Boere-Afrikaans;
3) Hottentot-Afrikaans.

In 1875 was S.J. du Toit van mening dat daar drie soorte Afrikaans gepraat was aan die Kaap en dit was volgens hom: S.J. du Toit was van mening dat die 'regte' inwoners van Suid-Afrika, Boere-Afrikaners was en het hy Boere-Afrikaans beskou as die model waarop Standaard Afrikaans geskoei moes word. Aan die Kaap is verskillende Afrikaans-Hollandse omgangsvariëteite gepraat met Nederlands as oorkoepelende kultuurtaal. Nederlands was die algemeen aanvaarde kultuurtaal en het gedien as skryftaal, bestuurstaal, kerktaal en die taal van die onderwys. In 1806 het die Kaapkolonie vir die tweede keer in Britse hande geval waarna Engels aan 'n kragtige opmars begin het. Onder Engelse bestuur is die gebruik van Afrikaans-Nederlands ontmoedig. In 1854 het die Oranje Vrystaat Nederlands aanvaar as amptelike taal. In 1882 is Nederlands erken as amptelike taal in die Kaap naas Engels. In 1888 is Nederlands erken as amptelike taal in die Transvaalse Republiek (ZAR). Om die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapse parlement te herdenk, is te Burgersdorp die Eerste Taalmonument opgerig in 1893. Aan die einde van die 19de eeu was daar mense wat van mening was dat Afrikaans (veral Boere-Afrikaans) meer erkenning moes geniet en het hulle voorspraak begin maak vir 'n eie inheemse taal: Afrikaans. In die Nederlandstalige pers is toe soms briewe en artikels geplaas in Afrikaans.

Ook het die Kaapse Maleiers begin om Afrikaans-Nederlands naas Arabies te gebruik in hulle godsdiensgeoefening. Die Maleiers het onder andere Afrikaans-Nederlands geskryf maar in die Arabiese alfabet. Die eerste- en tweede Afrikaanse Taalbeweging het veral die Amerikaanse Taalbeweging en ook die Vlaamse Taalbeweging as voorbeelde beskou. In die VSA het Noah Webster gepleit vir 'n eie inheemse Amerikaanse taal in die plek Engels. Ook in Vlaandere, Brasilië, Noorweë en Quebec het stemme opgegaan vir 'n eie inheemse taal. Hierdie taalbewegings was deur nasionalisme aangevuur. Die Vlaamse Taalbeweging, die Brasiliaanse Taalbeweging, die Amerikaanse Taalbeweging en die Quebecse Taalbeweging het op 'n mislukking uitgeloop. Die Noorse Taalbeweging was wel aanvanklik 'n sukses, maar is tans besig om te misluk. Alleen die Afrikaanse Taalbeweging was volledig suksesvol in die vestiging van 'n nuwe kultuurtaal. Die motivering en doelstellings van al hierdie taalbewegings was dieselfde.

Die eerste Afrikaanse taalbeweging neem 'n aanvang in 1875 met die stigting van die GRA of die Genootskap van Regte Afrikaners in die Paarl. Die doelstellings van die GRA is egter deur die meeste Kapenaars verwerp. Nederlands was beskou as die algemene aanvaarde kultuurtaal. Dit was die formele skryftaal, kerktaal, bestuursaal, onderwystaal en die taal van die pers. Nederlands het hoë aansien geniet en is as 'n deftige statustaal beskou. Afrikaans was beskou as 'n taal wat die stempel van onkunde dra. Hoofregter J.H. de Villiers was in 1876 van mening dat 'n Afrikaanse Bybel, soos voorgestaan deur die Patriotmanne, onvanpas was, omdat die Afrikanerbevolking Nederlands in elk geval verstaan. Dieselfde regter was al op 13 Mei 1875 in Kaapstad van mening dat as dit die bedoeling is van die GRA en Patriotmanne om Nederlands te vervang met Afrikaans, dit later sal blyk 'n groot "misslag" te wees en die beweging uiteindelik 'n mislukking sal word omdat die bevolkingsgrootte van die Afrikaners te klein is.

Artikels in die Nederlandstalige pers het neerhalend na Afrikaans verwys. In De Zuid Afrikaan is na Afrikaans verwys as 'n "corruptie", "een mengelmoes van onzin en dwaasheid", wat niks anders sou wees as "een caricatuur van de gemeene wijze waarop die Mozambiekers op onze straten spreken en n.b. meestal geschreven wordt door uitlanders, die noch ons volk, noch ons land kennen". Di Afrikaanse Patriot, mondstuk van die GRA, is as 'n"vod", 'n "Prulblad", "'n Hottentot Courant" beskryf.

Die meeste Afrikaners in die tyd, het Afrikaans egter as 'n uiters inferieure taalvorm beskou. Vir hulle was dit 'n taal sonder grammatika; 'n Hottentotstaal; 'n wartaal; 'n mengelmoes vol onsin en dwaashede en 'n taal wat by skaapkrale en in die kombuis hoort. Die erkenning as amptelike taal, naas Engels, vind plaas in 1925. Volgens wet 9 van 1925 is Afrikaans toe aan Nederlands gelykgestel, maar in die praktyk het die ondersteuners van D.F. Malan Nederlands op 'n despotiese manier met Afrikaans vervang. Afrikaans het sinoniem geword met Nasionalisme. Afrikaans as kultuurtaal is beskou as die produk van nasionalisme; of as 'n uitingsvorm van nasionalisme. Die Afrikaners het immers oor 'n reeds gevestigde kultuurtaal beskik (Nederlands) wat doelbewus vervang moes word met 'n ander kultuurtaal (Afrikaans).

Die ondersteuners van D.F. Malan wou nie alleen 'n wig inslaan tussen Afrikaans en Nederlands nie, maar ook 'n wig tussen die Afrikaners en die Kleurlinge. J.B.M. Hertzog het juis gewaarsku dat Malan die verkeerde pad volg. Vir Hertzog was Nederlands die kultuurtaal van die Afrikaner en het Hertzog die Kleurlinggemeenskap ook beskou as deel van die Afrikaners. Malan het gewen. Hy het die kleurlinge tot nie-blankes laat verklaar en hulle uit 'blanke' dorpe en stede laat verwyder. Uiteindelik het juis hierdie rassisme die taal skade berokken. Afrikaans het 'apartheidstaal' geword, 'n simbool van die onderdrukking van die gekleurde helfte van sy eie sprekers. Met sy nuwe funksie as amptelike taal het die woordeskat van Afrikaans in die 20ste eeu grootskaals uitgebrei, en intussen het meer as 200 Afrikaanse vakwoordeboeke verskyn. Om die taal, wat oorspronklik 'n eenvoudige kommunikasiemiddel en omgangstaal was, te kon uitbou as 'n medium vir die onderwys, administrasie, literatuur, kunste en wetenskappe, is dikwels na Nederlandse terme teruggegryp om neologismes te vorm. Die verskillende Afrikaanse vaktale het intussen ook die internasionale woordeskat, wat op hulle gebiede gebruiklik is, oorgeneem.

Die grondwet van 1909 het bepaal dat Nederlands en Engels die amptelike tale van die land was. In 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel. Die grondwet van 1961 het Afrikaans en Engels as amptelike tale erken, maar bevestig dat Afrikaans en Nederlands sinonieme was. Volgens die grondwet van 1983 was slegs Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land. Die grondwet van 1996 het elf amptelike tale erken waarvan Afrikaans een is.

Die aftakeling van Afrikaans as 'n volwaardige ampstaal in Suid-Afrika het in die afgelope jare tot groot paniek gelei. Regeringsinstellings en privaat maatskappye gee om verskillende redes dikwels die voorkeur aan Engels. Die mening het begin posvat dat Engels, as wêreldtaal, 'n meer geskikte taal vir onderwys en internasionale kommunikasie is. Hierdie beskouing is in stryd met die teenswoordige ontwikkeling in baie lande, waar streektale - as 'n soort reaksie op die toenemende globaliseringstendense en die dreigende verlies van kulturele identiteit - begin herleef. Afrikaans toon in sy huidige situasie baie ooreenkomste met Europese streektale en beskik oor dieselfde potensiaal om in sy hoofsaaklike taalgebiede - die weste van Suid-Afrika en die suide van Namibië - 'n funksie as enigste amps- en wetenskapstaal te kan vervul. Daar is talle voorbeelde van ander lande, waar 'n konsekwente taalbeleid ten gunste van kleiner tale suksesvol ingestel is. Die Kanadese provinsie Quebec het 'n eentalige Franse gebied in Noord-Amerika geword, ondanks die ekonomiese druk wat vanuit die Engelse omgewing uitgaan. In Katalonië, die historiese nywerheidsentrum van Spanje, het die plaaslike Katalaans Spaans volledig verdring uit die openbare lewe, en selfs die tersiêre onderwys het Katalaans as enigste voertaal aanvaar. In Luixemburg word 't Luxemburgs (wat eintlik 'n vorm van Moeselfrankies is) as amptelike taal erken naas Frans en Duits.

In die geval van Afrikaans bly die letterkunde en die kultuurlewe 'n waarborg vir die voortbestaan van Afrikaans. Afrikaanse koerante en tydskrifte is net so suksesvol soos privaat televisiekanale, wat op die Afrikaanse mark gemik is. In die suidelike helfte van Namibië is Afrikaans die belangrikste huis- en omgangstaal, en ook die grootste koerant van die land, Die Republikein, verskyn in Afrikaans. Uit die skatting van 2007 blyk dat Engels (as onderrigtaal) nie 'n groot invloed uitoefen op Afrikaanssprekende kinders se huistaalgebruik nie. Dit blyk verder ook dat baie minder bruin Afrikaanssprekers na Engels oorskakel, as wat aanvanklik vermoed was. Dieselfde gebeur in Namibië. Alhoewel Engels sedert 1990 die amptelike taal in Namibië is en die onderwystaal slegs Engels is, groei die aantal Afrikaanssprekendes. 

Daar is onlangs nuwe skattings (gegrond op SA Satistics 2010 mid-year estimates) uitgereik wat toon dat Afrikaans as huistaal oor die afgelope drie jaar veranderinge ondergaan het. Die getal mense wat Afrikaans tuis gebruik, het van omtrent 6,44 miljoen in 2007 tot omtrent 6,49 miljoen in 2010 gestyg (Namibië inkluis).

Wat verrassend hierby mag wees is dat die syfer van swart Afrikaanssprekendes gestyg het van omtrent 0,24 miljoen in 2007 tot 0,29 miljoen in 2010. As redes daarvoor word onder meer die bevolkingsgroei in Namibië asook in die Vrystaat en die noordelike deel van Suid-Afrika vermoed waar Afrikaans die meesgebruikte taal onder werkers in die landbou is wat sodoende die taal ook by die huis gebruik.

Verder kan ook vasgestel word dat Afrikaanse huishoudings toenemend na "dubbelmedium" oorskakel wat beteken dat Engels benewens Afrikaans gebruik word. Die getal wit Afrikaanssprekendes het effens toegeneem, terwyl die persentasie bruin Afrikaanssprekendes stadig maar seker daal. Volgens 2007 se Community Survey word geskat dat omtrent 6,44 miljoen Suid-Afrikaners Afrikaans as huistaal gebruik het (Blankes: 2,76 miljoen - Namibië inkluis, Bruin: 3,44 miljoen - Namibië inkluis, Swart: 0,24 miljoen (Namibië uitgesluit), Indiërs: minder as 10 000). Benewens blanke en bruin Afrikaanssprekendes word Afrikaans deur die meeste etniese groepe in Suid-Afrika as 'n tweede (of selfs derde) taal gepraat. Westelike Suid-Afrika (d.w.s. die provinsies Noord- en Wes-Kaap en die westelike streke van die Vrystaat) is tans 'n oorwegend Afrikaanstalige gebied; 'n groot segment van Afrikaanses in die gebied is Kleurlinge. In die oostelike Suid-Afrika is daar stedelike konsentrasies van veral blanke Afrikaanssprekendes in Pretoria, Bloemfontein, Vereeniging, Welkom, Potchefstroom, Klerksdorp, Kempton Park, Pietersburg, Nelspruit, Witbank en Krugersdorp. In Namibië is daar sowat 146 000 sprekers. Afrikaans word daar erken as nasionale taal, maar die enigste amptelike taal sedert onafhanklikheid in 1989 is Engels. Volgens skattings is daar tot twintig miljoen mense wêreldwyd wat Afrikaans as moeder-, tweede of derde taal kan praat.

ETNIESE GROEPAFRIKAANSSPREKENDES IN 2011
Bruin Suid-Afrikaners3 442 164
Wit Suid-Afrikaners2 710 461
Swart Suid-Afrikaners602 166
Asiatiese en Indiese Suid-Afrikaners58 700
Ander41 591
TOTAAL6 855 082








 

01 Sewe Oseane.mp3