# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

...Die adamsappel (komhalertjie) is die vooruitstekende keelknobbel, veral by mans. Volgens die mite het 'n stuk van die verbode appel in Adam se keel bly vassit en dit laat opswel. Vir die ganse Adamsgeslag is dit 'n nalatenskap wat aan die skande herinner. Die Adamsappel is 'n soort lemoenboom wat aan die kus van die Middellandse See voorkom. Die vrug word gekenmerk deur hollighede in die skil, wat aan tandmerke herinner. Vir 'n ander mite is dit die vrug waarmee Adam verlei is. Die bytmerke herinner dan konsuis aan Adam se bytmerke.