# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
 

  • 'n Bietjie melkpoeier maak die aartappels mooi donsig.
  •  'n Gerasperde ui gee 'n besonderse smaak aan kapokaartappels.
  •  Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word.
  •  Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.
  •  Gooi 5ml melk in 'n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.
  •  Kapokaartappels is lig en sag as 'n knippie bakpoeier bygevoeg word.
  •  Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.
  •  Laat aartappels vir 30 minute in melk lê om mooi bruin te bak.
  •  Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy 'n vars groen appel by dit.
  •  Voeg 'n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir 'n pikante smaak.
  •  Voeg eetlepel asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie.
  •  Voeg 'n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir 'n heerlike geur.
  •  Voeg suurlemoensap by die water as jy 'n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.