# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 Die Afrikaners

'n Snaakse spul. Hardegat. "stubborn", soos die Ingelse sal sê. Maar ook trots, hardwerkend en met 'n visie. Tussen 1960 en 1980 was ons die mees benydenswaardige land in Afrika. Ons was nommer een op soveel terreine. Die Lig in die magiese, donker tonnel van Afrika. 

Ek het hierdie reeks geskep, nie om te 'kompeteer' met wat die huidige situasie in Suid-Afrika is nie. Nagenoeg 2,042,699 (44.74%) van blankes tans in Suid-Afrika is na 1976 gebore en is nie verantwoordelik vir Apartheid nie. Met hierdie statistieke wil ek die Afrikaner herinner (voor 1976) en uitwys (na 1976) dat hierdie land wel soos 'n Eerste Wêreldse Ekonomie gefunksioneer het. Dat ons nooit ons standaarde moet laat val nie. Moet nooit ophou hoop nie. Die 'human spirit' kan nie geblus word nie. Dit is die sterkste emosie wat daar is. Dit sal die ANC nog leer. Hul geheue is kort. Dit is dieselfde emosie wat hulle gebruik het om Apartheid tot 'n val te bring. En moet asseblief nie daardie bog glo dat die Afrikaner nie kan 'saamstaan' nie. Ons taal blom. Ons musiek blom. Ons kultuur blom. Hierdie reeks sal ook bewys dat baie Afrikaners - ondanks BEE, Kwotastelsels, swak Administrastie, onbeholpenheid, wanadministrasie en korrupsie - uitstyg bokant die moeras van middelmatigheid en op die Internasionale verhoog presteer. Geskiedenis het hom al soveel keer herhaal. Staan sterk Afrikaner! Dra die vlag van ons eie, Suid-Afrika. 

 

Matriek Uitslae 

Presidensiële Wonings 

Laat Ons Weer Onthou.mp3